NET NOG TAGTIG MINUTE, ASSEBLIEF LIONS!

Aug 3 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby News • 1021 Views • No Comments on NET NOG TAGTIG MINUTE, ASSEBLIEF LIONS!

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Johan Ackermann, hoofafrigter van die Lions Foto: #paletoe

Johan Ackermann, hoofafrigter van die Lions
Foto: #paletoe

 

Johannesburg-Simon Riekert

So Joel Stransky was verkeerd, die Lions hét wat dit verg om Nieu Seeland se bestes te klop.
En dit het hulle gedoen verlede naweek deur die verdedigende kampioene, die Hurricanes met 44-29 in Johannesburg, oortuigend te klop.
Ironies, met die telling op 22-3, wat ʼn draaipunt Saterdag in die halfeindronde was, was dit byna dieselfde telling waarmee die Hurricanes die Lions verlede jaar in die finaal geklop het; 20-3, maar vir die Lions was die werk ver van klaar af.
Die tuisskare het dit laat weet en reeds teen Woensdag was daar aanduidings dat die kaartjies uitverkoop sou wees vir hierdie groot geleentheid om maar slegs die tweed Suid Afrikaanse franchise te word wat as superrugby kampioene gekroon word.
By vandag se perskonferensie was Johan Ackermann byna emosioneel, verlig.
Hy en sy span het ʼn spesiale tyd met mekaar deurgebring vanoggend om mekaar te groet en sterkte toe te wens.
Ackermann verlaat die Lions aan die einde van die SuperRugby-toernooi om ʼn nuwe uitdaging in Gloucester aan te pak in die Engelse Premierliga.
Ackermann is by die Lions sedert 2013, “ek weet tyd loop uit, maar elke keer as ek hierdie spelers sterkte toewens voordat hulle gaan speel, is dit spesiaal vir my.

Ek dink terug aan 2013, 2014 en 2015 en waar ons nou is en daar is soveel mense wat ek graag sou wou bedank. My hele bestuurspan, die mense agter die skerms, die mense wat die gras sny, die administrateurs, ons het met ʼn klein groep mense ʼn groot mylpaal behaal en dit is aan hierdie mense wat ek dink as ek soggens vanaf Pretoria ry en hier by die stadion inry.”
“Vir my gaan dit die hoogtepunt wees om 60 000 mense hier te sien. Ek sou nie vir meer kon vra nie.”
Ackermann is nie onder illusie oor die emosie belaaide atmosfeer wat daar wag op die spelers, Saterdag nie.
“Almal gaan bly wees as ons wen maar mense gaan teleurgesteld wees as ons verloor en ons gaan net fokus op wat ons wil behaal.”
Swys de Bruin, sy hulpafrigter en die nuut aangewese afrigter van die Lions, meen dat die Crusaders se konserwatiewe manier van speel, nie onderskat moet word nie.
“Hulle is nie verniet sewemalige wenners nie en het ook vierkeer die tweede plek beklee in SuperRugby se geskiedenis.
“As jy die Crusaders analiseer kom jy vinnig agter dat hul dominansie en kliniese spel die rede is vir hul sukses.
“Hulle is in staat om die bal langer in spel te hou en skep speelruimte uit niks,” het de Bruin onlangs op superrugby.co.nz gesê.
“Daar gaan nie baie geleenthede wees nie en ons sal baie hard moet werk vir ons kanse.”
80 minute plus nog ‘n bietjie is al wat tussen hierdie bobaas groep jong manne, hul afrigters en rugby geskiedenis staan.
Stransky en ander sogenaamde ‘kenners’ is tot dusver nog stil oor die Lions en die Crusaders se kanse.
Ons hoop dit bly so.
Afskoptyd is 16:00 op Emirates Airline Park in Johannesburg.
Spanne:
Lions
15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Ruan Ackermann, 7 Kwagga Smith, 6 Jaco Kriel (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen
Plaasvervangers: 16 Akker van der Merwe, 17 Corne Fourie, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Cyle Brink, 21 Faf de Klerk, 22 Rohan Janse van Rensburg, 23 Sylvian Mahuza
Crusaders
15 David Havili, 14 Israel Dagg, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 Seta Tamanivalu, 10 Richie Mo’unga, 9 Bryn Hall, 8 Kieran Read, 7 Matt Todd, 6 Jordan Taufua, 5 Sam Whitelock (kaptein), 4 Scott Barrett, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Joe Moody
Plaasvervangers: 16 Ben Funnell, 17 Wyatt Crockett, 18 Mike Alaalatoa, 19 Luke Romano, 20 Pete Samu, 21 Mitchell Drummond, 22 Mitchell Hunt, 23 George Bridge

Related Posts