7 Redes hoekom dinge by die Lions WERK!

Jul 29 • Analysis, General News, Pale Toe • 2902 Views • Comments Off on 7 Redes hoekom dinge by die Lions WERK!

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #Pale toe skryf:

Saterdag is semifinaal-dag vir Superrugby in sy huidige formaat. Of dit ʼn suksesvolle toernooi was of nie, is nou nie belangrik nie. Wat saak maak is dat die land se rugby-hoop op die Rooi en Wit van die Lions gevestig is en met reg so, want die kafdraf van die sewemalige kampioene, die Crusaders, verlede naweek, het weereens bevestig dat die Lions die in-vorm Suid Afrikaanse span is.

Maar wat maak dat die span so effektief op –en van die veld af is?

Hier is sewe redes waarom ons so dink:

  • Hulle bestuurstelsel is eenvoudig en dit werk: die hoofafrigter is Johan Ackermann, Swys de Bruin rig die agterspelers af en JP Ferreira doen die prestasie analise en verdediging en hou ʼn oog oor die skopwerk. Ackermann het baie geleer by John Mitchell en dit wat gewerk het, die Lions se eie gemaak. Swys de Bruin het hierby ingekoop en sedert sy beginjare by die Sharks en daarna die Griekwas, het hy en Ackers geen omdraai gesien na 2012 met die jong Leeus van Johannesburg nie. JP Ferreira het in 2007 by die Goue Leeus begin. Hy het 5 hoofafrigters sien kom en gaan; Eugene Eloff, Hans Coetzee, Jake White, Dick Muir en John Mitchell. “Ek het baie by hulle geleer, en ek moet nog baie leer”, is sy beskeie reaksie hierop.
  • Hul spelskeppers werk: Elton Jantjies dikteer die spel soos wat Naas Botha daarvan hou; “ Jantjies staan gewoonlik diep, maar hy is ʼn jong man wat ʼn oog het om die spel te analiseer en te dikteer, hy het nog tyd nodig om daarin te groei, maar sy selfvertroue neem by die dag toe en dis wat jy van ʼn losskakel verwag.” Die senterpaar is spelskeppers en kan die bal in kontak behoorlik beheer.
  • Hul skrums werk: Malcolm Marx en Armand van der Merwe is hakers wat binne en buite die skrums, hul stemme dik maak. Die Lions se pak skrum effektief, mors nie onnodig energie nie en sorg dat die geïnkarneerde Dawie de Villiers, Faf de Klerk sy ding doen, sy stempel afdruk op die opposisie en vinnige balbesit vir die agterlyn verseker.
  • Ackers se rotasieplanne werk: die voorry is effektief vanaf die eerste tot die laaste skrum en dit gebeur slegs omdat hulle gereeld geroteer word en mekaar se tegnieke soos die palm van hul hande ken.
  • Hulle speelstyl werk: elke rugbyliefhebber weet dat daar die laaste paar jaar ernstige vrae gevra word oor die Suid Afrikaanse speelstyl en dat dit die nagmerrie van die Springbokafrigter word. Ackermann en sy afrigters bly by wat vir hulle werk en daardie sekerheid word oorgedra na die spelers, wat dit weer makliker maak in speeltoestande om besluite te neem. En wat hiermee saamgaan is dat daar leiers in die span is wat nie bang is om leiding te neem en te ontvang nie. Daar is nie plek vir ego’s nie, net goeie broederskap en rugby.
  • Die Lions bestuurstelsel werk: Ackermann neem die besluite en staan pa vir als wat gebeur, sonder ʼn direksie wat in sy nek afblaas. “Daar is ouens in die squad wat vir my soos ʼn klomp honger honde sit en kyk en vra wanneer kry ek speelkans, maar ek sê vir hulle, al vat dit die hele toernooi voordat jy jou kans kry, jou kans sal jy kry”, is Ackermann se Superrugby-filosofie.
  • Die span se kameraderie werk: “ons is soos ʼn groep broers, wit en swart, ons is vriende, maats en dit maak saak op-en van die veld af want jy weet daar is ʼn broer wat jou back cover”, sê kaptein Warren Whitely.

Saterdag hert hierdie span wat as die Phoenix van Suid Afrikaanse rugby bekend kan staan sy tweede laaste stappie na glorie.

Net ʼn wen teen die verdedigende kampioene op hul tuisveld is goed genoeg vir almal.

Related Posts

« »