ADRIAAN STRAUSS: 148-NIE UIT NIE

Mar 22 • General News, National, New Zealand, Pale Toe, South Africa, South Africa, Springboks, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby News • 1756 Views • Comments Off on ADRIAAN STRAUSS: 148-NIE UIT NIE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
DSC_5368-ADRIAAN STRAUSS

ADRIAAN STRAUSS, HAKER VAN DIE BULLS SPEEL VRYDAG IN SY 148ste SUPERRUGBY WEDSTRYD. FOTO: JOHANN MEINTJES

-Hamilton Nieu Seeland

Hy ewenaar Vrydag teen die Crusaders in Hamilton die rekord van Victor Matfield vir die meeste Vodacom Super Rugby wedstryde, 148, en hy meen dat sy lus vir rugby speel nog ver van oor af is.
Hy is beskeie oor die eer en wil nie eintlik oor rekords praat nie; hy praat eerder oor hoe lekker dit nog vir hom is om nog rugby te speel.
Adriaan Strauss; gebore Vrystater, gebore haker, gebore leier.

Strauss het vroeër vandeesweek met ons gepraat vanuit Hamilton, Nieu Seeland, waar die Bulls gereed maak vir die laaste wedstryd op hul Australasië toer in vanjaar se Super Rugby reeks.
“Onder coach Mitch leer ek nog steeds, want elke jaar ontwikkel die spel met net soveel meer aspekte en dis tye waarin ons as spelers weer opgewonde kan raak oor die goeie gehalte rugby wat ons kan oplewer.”
Strauss meen dit is vir hom, na meer as 13 jaar se eersterangse rugby, lekker om deel te wees van ‘n span wat besig is om te ontwikkel.
“Daar is goeie leierskap in die span en ek kan nog ‘n bydrae maak om vir Burger Odendaal dinge makliker te maak op en van die veld af.”
Hy meen dat die span baie goed vorder om die totale, rugbyspelende span te word wat Mitchell graag sal wil sien; “ons is in staat om groot druk uit te oefen op spanne, kyk maar wat het gebeur in die eerste helfte van die wedstryd teen die Chiefs, daar was een of twee insidente wat hulle na rustyd in die spel gehou het en dat ons hulle toegelaat het om terug te kruip in die wedstryd, as ons daardie insidente kan beperk, kan ons suksesvol wees om spanne op die agtervoet te hou en wedstryde te wen.”

Strauss gee toe dat dissipline ‘n groot faktor was in die Chiefs wedstryd en as dit uitgeskakel kan word, kan die Bulls hul tempo volhou en die wedstryd beklink.
Vir Strauss is daar baie hoogtepunte saamgevat in ‘n uitgestrekte loopbaan as professionele rugbyspeler;” dit was ‘n groot eer om saam met ‘n groep uitgelese spelers en beamptes, ingesluit van die beste afrigters in rugby te werk. Super Rugby is ‘n massiewe kompetisie, miskien die beste van alle kompetisies in die wêreld en ek het teen ongelooflike talentvolle spelers gespeel.”
Vir hom en die span gaan dit oor die proses waarmee John Mitchell die span dryf en Adriaan som dit so op: “ons doen baie huiswerk oor die wedstryde, die afgelope en die komende wedstryde en Mitch laat ons die wedstryde in diepte ontleed. Hierdie wedstryd teen die Crusaders is ons laaste op die toer en ons het baie om na uit te sien omdat ons as span baie groei. Ons word gemotiveer om gefokus te wees en om die regte dinge op die regte manier te doen en dit maak rugby by die Bulls lekker.”

***Strauss word die eerste Suid Afrikaanse speler om Victor Matfield se Super Rugby wedstryde te ewenaar (148). Hy het in 2003 as jong speler sy debuut gemaak vir die SA Skolespan.
Daarna het hy vir die SA O-19 en O-21 spanne gespeel.
Hy het ook in 66 Toetse gespeel, 30 punte aangeteken (6 drieë) en was die 57ste Springbok kaptein toe hy in 2016 aangewys is.
Strauss het in 2005-2006 vir die Blou Bulle en Bulls gespeel, daarna is hy Vrystaat toe waar hy vir die Cheetahs uitgedraf het in 56 wedstryde en toe sy terugkeer gemaak in 2015 by die Bulle.
Strauss is die neef van Andries en Richardt Strauss, beide eersterangse rugbyspelers.

-Simon Riekert #paletoe @Nader_pale_toe op Twitter

 

Related Posts

« »