Affies op Nuweland

Oct 24 • General News, School • 6300 Views • Comments Off on Affies op Nuweland

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Foto: Werner Nysschen Photography

Nie minder nie as elf oud-Affies is Saterdag in aksie op Nuweland in die onderskeie eindstryde van die ABSA provinsiale reekse.

In die onder 19-eindstryd sal Jurie Linde, Ivan van Zyl, Francois Steyn, RG Snyman en Calvon Allison vir die Bulle in aksie wees teen die WP.

Carlo Engelbrecht, Jannes Kirsten, Pierre Schoeman en Nicolaas Janse van Rensburg draf vir die Bulle se 0/21’s uit teen hul eweknie van die WP.

Eital Bredenkamp sal alles in sy vermoë doen om sy ou skoolmaats die smaak van oorwinning te ontsê. Hy voer WP se onder 21-span aan in die eindstryd.

Gerbrandt Grobler is op die reserwebank vir die WP in die Curriebeker-eindstryd teen die Leeus.

Related Posts

« »