BITTERSOET BULLS

Jun 24 • General News • 1481 Views • Comments Off on BITTERSOET BULLS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert- Loftus Versveld

Dit was ʼn moeë Pote Human wat Saterdag met my gepraat het uit Nieu Seeland; daar was verligting in sy stem dat die SuperRugby-seisoen van 2019 verby is, maar agter daardie moeë stem was daar ʼn tikkie weemoed wat agter sy woorde weggekruip het.

Pote, die “jentelman” van rugbyafrigters, soos ons hom in media kringe gedoop het.

Hy is die soort man wat altyd tyd gehad het om jou te kom groet het terwyl jy vir ʼn onderhoud wag, die man wat altyd beleefde opmerkings oor spelers, beamptes en skeidsregters gemaak het en met ʼn skalkse glimlaggie en skrefies oë ʼn toffie-vraag weggepraat het.

“Ek voel tevrede oor wat ons bereik het, maar daar was altyd die hoop dat ons volgende naweek in Christchurch sou wees, ek glo tog hierdie was ʼn baie spesiale span wat ek bymekaar gehad het.”
“Vir my persoonlik is dit ʼn groot terugslag want dis my eerste jaar as hoofafrigter van die Bulls en ek het regtig geglo ek kan hierdie span bymekaar hou vir nog twee jaar, wat fantasties sou wees , maar ongelukkig is dit nie die geval nie,” het Pote uit Nieu Seeland gesê.

“Om eerlik te wees, om uit te val in die kwarteindronde is ‘’n bietjie teleurstellend.”
“Ons sal daarna moet kyk om manne bymekaar te hou, maar dis baie moeilik, die Bok kontrakte is gestop, so dis net die franchises wat moet sorg dat die spelers hier bly, die geld is net die groot in Europa en Japan.”

Pote verloor tien spelers, waar onder Duane Vermeulen, RG Snyman, Jason Jenkins en Jesse Kriel wie Japan toe gaan.
Lood de Jager, Handre Pollard, Eli Snyman, Hanro Liebenberg en Hendré Stassen gaan almal langtermyn rugby in Europa speel.

Twitter was vol lof vir die Bulls se dapper poging teen die Hurricanes en Afrikaans kommentator op Supersport, Toks van der Linde het herhaaldelik verwys na die herlewing van die Bulls-kultuur onder leiding van Willem Strauss, president van die BBRU.
“Mense verstaan nie hoe groot die omdraai was van die skip wat Willem-hulle gedoen het by die Bulls nie, Alfonso Meyer en Alan Zondagh het gehelp om agter die skerms die Bulls-kultuur weer te vestig en om spelers en ondersteuners weer trots BlouBul te maak.”

Spelers soos Hanro Liebenberg en Cornal Hendricks het veral die oog die laaste paar wedstryde gevang, met Hendricks wat die Hurricanes en die telbord besig gehou het Saterdag.

“Hy (Cornal) is besig om mooi vorm te kry, ek voorspel ‘’n goeie Curriebekerseisoen vir hom. Miskien kan Rassie (Erasmus, Bokafrigter) hom gebruik, hy kan op internasionale vlak weer ‘’n bydrae lewer.”

Oor Hanro Liebenberg se vertrek na Leicester Tigers is Pote filosofies: “ Hanro is een van daardie stil spelers met sterk leierseienskappe wat ongelooflik ontwikkel het die afgelope jaar hier by die Bulls, hy sal ʼn groot aanwins vir die Engelse klub wees, maar ons sal hom verseker mis, hy is ʼn groot verlies vir ons leierskap en voorspelerskorps.”

Miskien is die perspektief oor die unie se 2019- SuperRugby-seisoen geleë in die WhatsApp boodskap van Willem Strauss, BBRU-president kort na die Bulls se laaste vertoning in vanjaar se toernooi: “Ons kan super trots wees op ons Vodacom Bulls! Grootse poging, dit sou altyd moeilik gewees het om tweekeer Nieu Seeland toe te vlieg in twee weke. Welgedaan Pote en die span. Nou vir die Curriebeker!”

Pote Human, Bulls hoofafrigter. 
Foto : Johan Meintjes/Pale Toe 

Related Posts

« »