Boland looking sharp in defeating Pukke 27-8 in Wellington

Jan 28 • National, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 2660 Views • Comments Off on Boland looking sharp in defeating Pukke 27-8 in Wellington

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Pukke - Johan Laker (skrumskakel) (2)

Pukke scrumhalf Johan Laker

Boland looked a well drilled side as they defeated Pukke with relative ease and a scoreline of 27-8. The match took place in a very hot Wellington.

Herewith the match summary received in Afrikaans from Wellington:

“Die Boland Kavaliers kan tevrede voel met hul vertoning teen die Pukke, ná hulle die universiteitspan relatief maklik met 27-8 ore aangesit het.

Nie eers die vuurwarm Wellingtonse son kon die Kavaliers onderkry nie, hoewel Pukke alle krediet verdien vir die feit dat hulle tot die laaste minuut geveg het.

Ná ‘n strawwe voorseisoense oefenprogram lyk die Kavaliers slaggereed vir die nuwe seisoen, maar waaroor Boland se afrigtingspan die trotste kan voel, is die wyse waarop die nuwe spelers, vanuit Boland se klubsisteem, die mas opgekom het. Dit wilvvoorkom of Boland se ondersteuners sal kan rustig slaap oor hul span se reserwe-krag.

Pukke het eerste punte aangeteken toe Johan Laker (skrumskakel) in die tiende minuut ‘n strafskop oorgeklits het.

Vyf minute later het Cornal Hendricks (regtervleuel) vir Boland gaan druk ná ‘n uitstekende lopie deur Zandré Jordaan (agtsteman).

Tien minute later het Hendricks wéér agter die doellyn gaan kuier, ná hy sy eie steekskoppie opgevolg het.

So goed soos Hendricks op die aanval was, so goed moes hy egter ook sy keer ken teen die Pukke se ratse linkervleuel, Joe Serane. Serane was deur die loop van die wedstryd baie gevaarlik met die bal in die hand.

Maar die eerste helfte het aan Boland behoort met Brendan April (linkervleuel) wat vir oulaas in dié helfte gaan druk het, ná hy ‘n steekskoppie van Willie le Roux (losskakel) suksesvol opgevolg het. Jacquin Jansen (heelagter) het dié drie verdoel.

Beide spanne het die veld in die tweede helfte met ‘n aantal nuwe gesigte betree en vanselfsprekend was die ritme effens versteur.

Boland se reserwe-flank Thor Halvorsen het die eerste drie in dié helfte gaan druk, met Boland se reserwe heelagter Manie Adams wat in die 65ste minuut ‘n vyfpunter behaal het.

Pukke het in die tweede helfte wel twee keer oor die doellyn gekom, maar eers het ‘n vorentoe-aangee, en toe ‘n aanslaan, die besoekers van punte weerhou.

In die laaste beweging van die wedstryd het die Pukke egter raak getref, toe hul heelagter, Malan van der Merwe, sy span se eerste drie van die dag gaan druk het.”

Boland 8th man Zandre Jordaan

Boland 8th man Zandre Jordaan

Related Posts

« »