BOLAND RUGBY SE JUNIORS SKITTER | SENIORS VAL VAS | KAVALIERS-SPAN AANGEWYS

Sep 2 • Currie Cup F.Div, General News • 3766 Views • Comments Off on BOLAND RUGBY SE JUNIORS SKITTER | SENIORS VAL VAS | KAVALIERS-SPAN AANGEWYS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

DIE Boland Kavaliers sal eerskomende Saterdag op die veld gelei word deur die voormalige Luiperds-speler, Victor Kruger, wanneer hulle die Absa Curriebeker Eersteliga-voorlopers, die einste Luiperds, te Potchefstroom pak.

Kruger, ‘n vaardige slot wat 1,99 meter in sy rugbysokkies staan, neem tydelik die kapteinskap by Franzel September oor, wie die naweek uitsit met ‘n oogbesering.

Die Boland o.19- en o.21-spanne durf onderskeidelik die Griffons se o.19- en o.21-spanne aan, te Welkom.

Intussen het Boland se kookwater o.21-vleuel, Valentino Wellman (foto aangeheg), die pas-afgelope Saterdag 4 drieë gedruk in sy span se skittersegesege oor die Pumas o.21-span in ‘n Absa Curriebeker-wedstryd. Dié Boland-span het altesaam sewe drieë ingeryg om met 45-31 te seëvier.

Die Boland o.19-span het op sy beurt nét so puik vertoon om die Pumas o.19-span met 50-15 te verslaan. In dié wedstryd was Mishaun Arendse een van sy span se groot helde met sy driekuns aan drieë.

Ongelukkig kon die Boland Kavaliers nie ‘n oorwinnig oor die Griffons behaal nie, alhoewel beide spanne 3 drieë aangeteken het. Die Kavaliers het uiteindelik met 19-27 vasgeval.

Puntemakers vir die Bolandspanne:

Boland Kavaliers:
Driee: Clemen Lewis, Richard Lawson, Zandre Jordaan
Doelskoppe: Eric Zana, Morne Hugo

Boland o.21:
Drieë: Valentino Wellman (4), Harlon Klaasen, Jos Malherbe, Willbur Boonzaaier
Doelskoppe: Ryno Conradie (4), Willbur Boonzaaier

Boland o.19:
Drieë: Mishaun Arendse (3), Warren Williams (2), Killian von Mollendorf, JC Genade, Esteban van der Merwe
Doelskoppe: Lohan Lubbe (5)

BOLAND-KAVALIERS-SPAN TEEN LUIPERDS
15. Eric Zana
14. Danwel Demas
13. Richard Lawson
12. Edwin Sass
11. Earl Lewis
10. Morne Hugo
9. Jovelian de Koker
8. Zandre Jordaan
7. Jason Fraser
6. Dumisane Meslane
5. Victor Kruger (k)
4. Hanno Kitshoff
3. Francois Hanekom
2. Ulrich Hanekom
1. Khwezi Mkhafu

16. Clemen Lewis
17. Martin Dreyer
18. Gavin Annandale
19. Ryno Coetze
20. Marnus Hugo
21. Cheswin Williams
22. Christopher Bosch

Related Posts

« »