BOLAND RUGBY UNIE (BRU) PERSVERKLARING

Apr 2 • General News, Vodacom Cup • 6651 Views • Comments Off on BOLAND RUGBY UNIE (BRU) PERSVERKLARING

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Boland Rugby Unie se President, Mnr Francois Davids, is tydens die onlangse (28/03/2014) Algemene Jaarvergadering van SARU tot Uitvoerende Bestuurslid vir n tydperk van 4 jaar verkies.

As gevolg van sy verkiesing tot SARU se Uitvoerende Bestuur, moes hy ook met onmiddellike effek as Boland Rugby Unie se President bedank. Mnr Davids is ‘n baie gewilde persoon in die geledere van Suid-Afrikaanse Rugby.
Hy is ook in 2010 tot dieselfde posisie verkies, maar het uit die posisie bedank om die Boland Rugby Unie te dien.

Mnr Davids het reeds die Boland Rugby Unie op alle vlakke met groot sukses gedien. Hy was ‘n Boland Rugby speler en kaptein vanaf 1986-1991. Hy was op administratiewe vlak die Voorsitter van Roslins RVK, Direkteur van Afrigting by Roses RVK en Boland Sentraal Streek Voorsitter (1992-1996). Hy was ook vanaf 1996-2002 ‘n keurder van SA Rugby.

Hy is in 2009 tot die President van Boland Rugby Unie verkies en het in Februarie 2014 sy 5 jaar termyn met groot sukses voltooi.
Tydens Mnr F. Davids se Presidentskap van die Boland Rugby Unie het hy die Unie na vele hoogtes gelei, onder andere:

• Drastiese afname van klubrugby geweld.

• Finansiële stabiliteit van die Unie.

• Verkryging van ‘n titelborg, naamlik Regent Insurance.

• Verkryging van vele ander borgskappe, naamlik:
Club Mykonos, Pro Tours asook SuperSport.

• Erkenning & beskerming van skeidsregters.

• Goeie prestasie van die Kavaliers, Currie Beker 1ste Liga Kampioene in 2011.

• Desentralisering en verbetering van rugby ontwikkeling na alle 8 geografiese streke van die Boland Rugby Unie.

• Beter interaksie en verhoudings met SARU en plaaslike owerhede (Munisipaliteite).

Die Boland Rugby Unie erken dat Mnr Davids ‘n groot rol gespeel het in die opbou van die Unie. Gevolglik laat sy bedanking as President ‘n groot leierskap leemte wat nie maklik gevul sal kan word nie.

Boland Rugby Unie wens hom alle voorspoed en sukses toe met die nuwe uitdaging om rugby op ‘n hoër vlak te dien, en ons glo dat hy ‘n waardevolle bydrae sal lewer om SA Rugby na die volgende vlak te neem.

As gevolg van die bedanking van Mnr Davids, sal Mnr Nigel Samuels (Vise-President) as President waarneem, totdat die vakature by ‘n Spesiale Algemene Vergadering vir ‘n interim tydperk gevul sal word.

Volgens die Boland Rugby Unie se grondwet word die President, Vise-President en ander Uitvoerende Bestuurslede op die Boland se volgende Algemene Jaarvergadering in Februarie 2015 vir ‘n periode van 4 jaar verkies.

Related Posts

« »