Boland Rugby Unie kies Uitvoerende Bestuur

Mar 1 • National, South Africa • 5565 Views • Comments Off on Boland Rugby Unie kies Uitvoerende Bestuur

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Boland Rugby Unie het op Donderdag 28 Februarie 2013 sy Uitvoernede Bestuur verkies, tydens die Algemene Jaarvergadering wat plaasgevind het te Wellington.

Altesaam ses (6) nuwe bestuurslede sluit hulle aan by die President, Vise-President en Hoof Uitvoerende beampte van die Boland Rugby Unie, mnre. Francois Davids, Nigel Samuels en Willie Small. Die nuwe bestuurslede is: Denver Pienaar, A.K. Warnick, Bertrum Vraagom, Hennie Lategan, Stephen Jones en Maurice Markus.

Dié lede sal vir ‘n termyn van 2 jaar dien op die bestuur van die Boland Rugby Unie.

Oor die nuwe verkose lede, sê mnr Davids dat hy baie positief is oor die vooruitsig van die Boland Rugby Unie.

“Die nuwe lede is sterk individue en bring elkeen ‘n bepaalde kundigheid na die tafel. Ons is opgewonde oor die pad vorentoe en saam kan elke bestuurslid ‘n bydrae tot die Boland Rugby Unie lewer.”

Die Boland Rugby Unie se Hoof Uitvoerende Beampte, mnr Willie Small, dra by tot die president se mening:

“Die nuwe bestuur het ná-afloop van die verkiesing vergader en ons is positief oor die strategiese rigting waarin die Boland Rugby Unie nou kan beweeg. Met kundige bestuur en die feit dat elkeen ‘n leierskaps-posisie by sy klub beklee, is ons oortuig daarvan dat die unie in baie goeie hande is. Die feit dat Boland Rugby nou die alleen-eienaar is van die besigheidsbeen (Boland Rugby Pty Ltd), kan die nuwe lede, wat amper almal beskik oor besigheids-ondervinding, ‘n bydrae lewer om Boland Rugby tot ‘n volgende vlak te neem.”

Ná afloop van die verkiesing het mnr Davids aangedui dat hy ‘n koöptering van kundige persone gaan aanstel om sowel transformasie, asook ondervinding met betrekking tot spesifieke vaardighede, na die Uitvoerende Bestuur te bring. Die betrokke aangeleentheid sal in oorleg met die res van die bestuur by die eerste bestuursvergadering gefinaliseer word.

Die kwessie rondom ‘n skynbare mosie van wantroue deur Rangers Rugbyklub, teen die presidensie en die vorige Uitvoerende Bestuur van Boland Rugby wat in 2012 in die media verskyn het, is tydens die Algemene Jaarvergdaering, met geen teenvoorstel, verwerp.

“As mens kyk na waar die unie in 2009 was, teenoor waar die unie vandag is, is daar ‘n aansienlike verbetering,” sê mnr Davids. “Die unie beweeg op die regte pad en ons is opgewonde oor die toekoms van Boland Rugby.”

Related Posts

« »