BULLS SE “MISKIEN”- SEISOEN

Jun 10 • General News • 1191 Views • Comments Off on BULLS SE “MISKIEN”- SEISOEN

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

Maar die bestuur van die Bulls bly optimisties: “ ons noodlot bly in ons eie hande,” sê die president van die unie, Willem Strauss oor die naweek.

Die Vodacom Bulls is oraloor beskou as die seisoen se “miskien-span”. Dit was nadat die BlouBulle Rugbyunie (BBRU) en die BlouBulle Maatskappy (BBM) huis skoon gemaak het laat verlede jaar.

Dit was ook toe John Mitchell, gebore Kiwi en toe nuut aangestelde afrigter van die Bulls bykans R7-miljoen gevra het om die span se SuperRugby-aanslag die volgende jaar of wat te dryf.

Die huis skoonmaak het plaasgevind, bande is weer herbind en sekere bande is gesny, nuwe bande is gevorm en nou na bykans vier maande se SuperRugby, is die Bulls se enigste kans om die verrassingselement van vanjaar se toernooi te wees in hul eie hande.

Hulle speel Saterdag tuis teen die Emirates Lions in die laaste wedstryd van die rondomtalie-rondes en die BBRU het ‘n stewige program vir Saterdag uitgewerk, kompleet met afslag kaartjies.

Barend van Graan is vervang as HUB van die BBM deur Alfonso Meyer, Xander Janse van Rensburg, hoëprestasie bestuurder is onder ʼn wolk van verdenking weg terwyl die suksesvolle afrigter van onder andere Sarecens, die Westelike Provinsie en Oostelike Provinsie, Alan Zondag as direkteur van rugby aangestel is.

Pote Human is op die allerlaaste nippertjie aangestel as hoofafrigter van die Bulls nadat die oud-speler en slot Victor Matfield uit die afrigters wedloop onttrek het.
Pote was hulpafrigter vir Heyneke Meyer in die Bulle se gloriedae en hy het ook diens gedoen onder die enigmatiese Mitchell, maar Mitchell het nie lank gehou nie. Pine Pienaar is as hulpafrigter terug gelok nadat hy en Nollis Marais by die Bulls weg is.
ʼn Verandering in die bestuursraad van die unie het ook meegebring dat Willem Strauss onlangs as president van die unie verkies is.
Dit was dus, vir alle praktiese doeleindes, ʼn deeglike skommeling van die kaarte in Kirknesstraat.

Met die aanvang van die seisoen het beide Alfonso Meyer en Alan Zondagh die kaarte goed teen die bors gehou toe daar onderhandel was om Schalk Brits en Duane Vermeulen se handtekeninge op ʼn Bulls-kontrak te kry.
Hierdie twee het die broodnodige ervaring saam gebring en junior spelers het gereeld melding gemaak van die twee se leierskap in die span.

Ten spyte van die kosmetiese veranderings wat diep sou sny in die Bulls se trotse geskiedenis, was hierdie seisoen tot dusver een van gemengde sukses: 7 keer aan die wenkant uit 15 keer se opdraf.

Maar die bestuur van die Bulls bly optimisties: “ ons noodlot bly in ons eie hande,” sê die president van die unie, Willem Strauss oor die naweek.
“Dit was ons beste oorsese toer in ʼn dekade en ʼn oorwinning tuis teen die Lions Saterdag, sal ons in die uitspeelrondes hê, dit sal een van ons seisoen se mikpunte wees.”

Hierdie is die Bulls se onlangse geskiedenis in die SuperRugby-kompetisie:

2012: 5e (kwalifiseer vir uitspeelrondes)
2013: 2e (semi-finaliste)
2014: 9e
2015: 9e
2016: 9e
2017: 15e
2018: 12e

VIR WIE GAAN DIE BAL EERSKOMENDE SATERDAG REG SPRING OM DIE 2019-UITSPEELRONDES TE HAAL? 

FOTO: JOHANN MEINTJES

Related Posts

« »