BULLS V STORMERS: TREVOR NYAKANE WIL WEER DANS

May 2 • General News, National, Pale Toe, South Africa, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 2461 Views • Comments Off on BULLS V STORMERS: TREVOR NYAKANE WIL WEER DANS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Trevor Nyakane, veelsydige stut van die Vodacom Bulls ©Ronel Cronjé

Trevor Nyakane, veelsydige stut van die Vodacom Bulls ©Ronel Cronjé

Simon Riekert-Kaapstad

Trevor Nyakane wil weer sy danspassies uitvoer en as dit van hom afhang, doen hy Saterdag weer ʼn paar daarvan in die kleedkamer op Nuweland.

Groot, breë glimlag en al.

Die Bulls se vaskopstut wat vanjaar van krag tot krag gaan in die kompetisie is egter, nes sy spanmaats, nie gelukkig oor verlede Saterdag se een punt verloor teen die Highlanders op Loftus nie.
“Die span het harde lesse om te leer en ons het toegelaat dat hierdie een uit ons vingers glip.”
Nyakane reken dat John Mitchell se manier van afrig hulle help om te leer uit foute gemaak in die verlede, “ hy leer jou om in bekende situasies jou foute te herken en nie weer in dieselfde slaggat te trap nie, hy loop die paadjie saam met die spelers.”
Mitchell leer hulle om net te doen wat hulle geleer is om te doen, “dan sal die uitkoms vir homself sorg,” sê die Bulls se fris voorryman.

Die Bulls se vaste vyf is besig om op gereelde tye ʼn stewige platform te lê vir die res van die spel wat rondom ingeoefende patrone ontwikkel.
Daardie patroon is besig om homself te vestig soos wat die seisoen verloop en sal weer Saterdag aangewend word teen die Stormers.
“Dit is ʼn spanpoging, ons moet skrum en goeie balbesit aan die agterspelers kan gee en as ons dit in kombinasie reg kan doen, druk ons drieë.
Hy verwag, soos op Loftus dat daar weer voorlangs hard gekompeteer sal word, “dis altyd ʼn groot stryd voorlangs en hulle het ook ʼn goeie pak voorspelers wat altyd ʼn aanduiding is van hoe op standaard jou skrumwerk teen hulle is.”
Hy reken dat die Bulls se skrum weer ontwikkel in een van die bestes in die kompetisie, “en as jy manne soos RG, Jason en Lood en die losvoorspelers het wat uitsien na elke skrum, dan weet jy die span is op ʼn goeie plek.”

Nyakane is filosofies as dit kom by die gehalte van sy vaskop stutwerk, “dis ʼn proses en ek werk baie hard daaraan om suksesvol te wees en ek het baie te danke aan my slotmaats wat dit vir my moontlik maak om beter te skrum.”
Hy is een van daardie veelsydige stutte wat op beide posisies sy kant bring, die bal kan dra en ‘n bedrieglike aftrappie het. Volgens John Mitchell sal hy vir Nyakane op beide posisies kan gebruik as dit nodig is.
“Alhoewel hy ʼn baie goeie loskop is, is hy steeds besig om te leer hoe om effektief in die nommer 3-trui te wees,” het Mitchell vroeër vanjaar aan ons gesê.

Dis ook ʼn groot geleentheid vir Nyakane om teen die Springbok loskopstut, Steven Kitshoff te speel, “hy is een van die bestes in wêreldrugby en ek meet graag my vermoëns teen so ʼn speler. Dit gaan ʼn bepalende faktor wees hoe ons die skrums benader, want hulle het ook ʼn punt om te bewys.”

Nyakane het ook hulde gebring aan Adriaan Strauss, “wat weer sy terugkeer maak en net weereens bewys dat jy nie iemand in rugby sommerso moet afskryf nie. Adriaan is een van die hakers wat instinktief met die regte skouer kan inslaan en ek steun graag op sy ondervinding.”

Vir Nyakane, wat Saterdag in sy 89ste SuperRugby wedstryd speel, is dit ʼn groot geleentheid.
“Dis ʼn noord-suid derby en ons weet wat dit verg, niemand gaan genade gee of vra op die veld nie, en ons wil as ʼn span saam goed doen.”

Vir John Mitchell gaan dit meer as die ligapunte, “ ons wil altyd beter wees as die vorige keer toe ons op die veld was en ons wil as ʼn span saam ontwikkel, dit sal ook ʼn goeie toets vir ons dissipline en wedstryd bestuur wees. Dis op die ou einde net ʼn stuk gras waarop ons speel en ons sal ons stempel vroeg wil afdruk.”
Burger Odendaal, wat die span vir die agtste keer vanjaar aanvoer meen dat die span uitsien die die wedstryd,” om teen die Stormers te speel is altyd ʼn uitdaging en op Nuweland is dit nog meer spesiaal. Hulle is ons kompetisie en ons hou daarvan om teen hulle kragte te meet. Ek is seker ons sal ons ondersteuners iets gee om oor te glimlag.”

Bulls span:

Warrick Gelant, Johnny Kotze, Jesse Kriel , Burger Odendaal (kaptein), Divan Rossouw, Handre Pollard, Andre Warner, Thembelani Bholi, Jason Jenkins, Marco van Staden, Lood de Jager, RG Snyman, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss, Lizo Gqoboka.
Plaasvervangersbank: Jaco Visagie, Frans van Wyk, Conrad van Vuuren, Nic de Jager, Roelof Smit, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Travis Ismaiel.

Stormers span: Nog nie beskikbaar nie

Glenn Jackson, dieselfde kontroversiële Nieu Seelandse skeidsregter wat die wedstryd tussen die Bulls en die Highlanders verlede naweek hanteer het, is weer die man in die middel. Hy sal bygestaan word deur Egon Seconds en Rasta Rasivhenge met Willie Vos as die TV-skeidsregter.

Wedstryd:

Saterdag 5 Mei 2018

Afskoptyd 15:05

Nuweland Kaapstad

Regstreeks in Afrikaans op Supersport 101 en ook op Twitter @RugbyFifteen

Related Posts

« »