BULPLANNE VIR JONGES

Apr 12 • General News • 1324 Views • Comments Off on BULPLANNE VIR JONGES

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Loftus Versveld

Een ding is seker van die Blou Bulle, hulle planne raak nie op nie.

Of dit nou goed of minder goed met die senior span gaan, jy kan weet dat daar êrens ʼn plan sal uitklim wat nie net die seniors sal raak nie, maar veral op junior vlak ʼn verskil maak.

Nou en in die toekoms van die trotse unie.

Die Volcano O/20 Superliga is vroeër aangekondig en beloof om ʼn groot sukses te wees.
Die toernooi bestaan uit 19 klubs van die Blou Bulle, Valke en Luiperds wie 70 spanne sal inskryf in die Volcano Super Club (Super League A), Volcano Trophy (Super League B) en Volcano Young Guns (Super League O/20).

Verlede Donderdag is die Toekomstige Blou Bul Toernooi geloods wat sal plaasvind vanaf 19 tot 22 Junie 2019 in Warmbad (Bela-Bela).
Die doel van die toernooi is om ʼn addisionele pyplyn te skep vir spelers en afrigters na die provinsiale en professionele bene van die Blou Bul Rugbyunie.

“Deelnemende spelers sal blootstelling ontvang aan die Blou Bul-klubrugby handelsmerk en ʼn verdere geleentheid bied aan jong spelers wie nie Cravenweek-rugby gespeel het nie om raakgesien te word.
“Vodacom Bulls sterre soos Lood de Jager, Marco van Staden en Lizo Gqoboka het nie verteenwoordigende rugby op skool gespeel nie, inteendeel Lizo het slegs op 19 begin rugby speel,” het Willem Strauss, President van die BBRU gesê.

Vir Strauss en die bestuur van die unie is die twee toernooie belangrike gereedskap om die magsbasis van junior rugby in die Blou Bul-streek op te bou. Met al hoe minder jong spelers wie gekontrakteer sal word, hoop die BBRU om ʼn alternatiewe platvorm te skep vir talentvolle jong spelers.

“Dis veral voordelig vir ons as unie en laat ontwikkelaars met talent kry nou die geleentheid om hul vermoëns uit te stal,” het Strauss gesê.

Die unie het reeds 52 junior gekontrakteerde spelers aan klubs gekontrakteer wie aan die Volcano O/20 Superliga deelneem. Hoëprofiel afrigters van die Blou Bulle sal afrigtingsklinieke aanbied en ook hul soektog na jong talent voortsit.

Wedstryde sal vanaf 19- 22 Junie gespeel word.

“Inisiatiewe soos hierdie sal grootliks meemaak dat die spel rugby op grondvlak en klubvlak groei en voortbestaan,” het Dr. Eugene Hare, HUB van die BBRU gesê.

 

-Simon Riekert

@Nader_pale_toe

Willem Strauss, President van die BBRU. ©Willem Strauss

Related Posts

« »