CURRIEBEKER 2019: WIE GAAN DIE UITKLOPHOUE PLANT?

Aug 5 • General News • 1289 Views • Comments Off on CURRIEBEKER 2019: WIE GAAN DIE UITKLOPHOUE PLANT?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert: Nelspruit

Die Vodacom Blou Bulle is teen die planke, terwyl die sogenaamde kleiner unies amok maak in die 2019-Curriebekerreeks.
Verlede Saterdag se 15-37 loesing teen die Tafel Lager Griekwas, was net een te veel vir die Blou Span se afrigter, Pote Human: “die verloor was is ‘n reuse teleurstelling, inteendeel dis ‘n skande,” het hy na die wedstryd gesê.

Human, wie as hoofafrigter in 2013 by die Griekwas weg is, juis op pad Blou Bulland-toe, is nie ‘n man wat emosioneel raak en woorde rondgooi nie.
Wat Human dwars in die krop steek, is die feit dat daar 21 van die 23-man groep is wat SuperRugby gespeel het, “ daar is geen verskonings nie.”
“Ek sal na my spankeuse moet kyk en dan van daar af besluite maak.
“Ons is laaste op die log en dit gaan moeilik wees om nie daar te bly nie, ons het die onoorwonne Lions en die moeilike Sharks om nog teen te speel.
“Ek dink dis neusie verby vir die semi finaal, ons speel nou net vir trots.”

Holderstebolder Curriebeker

Gepraat van die Goue Leeus, die span se terugkeer-uit-die-dood poging op die Cheetahs se tuisveld verelde Vrydagaand, om die tuisspan met twee punte, 24-22 te klop, is prysenswaardig en een van die redes waarom die spanne op pad na die uistpeelrondes, die koring van die kaf gaan skei.

Pasop vir die Pumas! Hulle het die Sharks geskok met ‘n 27-20 oorwinning vroeër verlede naweek, die eerste keer sedert 2015. In ‘n besielende tweede helfte het die Laevelders gesorg vir een van die grootste opskuddings tot dusver in vanjaar se reeks nadat hulle met 17-9 agter was teen rustyd.

Die WP en die Pumas pak mekaar eerskomende Vrydagaand en daar is net een resep vir beide spanne: wen, want beide kan nie ‘n verloor bekostig nie.
Die Pumas het drie van hulle vorige wedstryde verloor en die Sharks twee. WP ook.
Die punteleer laat jou egter besef dat daar min te kies is tussen die spanne in die vierde, vyfde en sesde posisie, onderskeidelik die WP, die Pumas en die Sharks, verlede jaar se kampioenspan.

Na die naweek se wedstryd, speel die WP teen die Griekwas en die Vrystaatse Cheetahs in twee wegwedstryde, en ons weet hoe hierdie sentrale spanne amok maak in vanjaar se kompetisie. Dit is dus nie maklike wedstryde nie en die Jimmy Stonehouse-brigade sal beslis moet opdaag teen die WP.

Vir die Kapenaars sal dit soos ‘n droom wat waar word wees as hulle verlede jaar se standaard kan nadoen, maar die veelsydigheid ontbreek tot dusver.
As hulle Vrydagaand hakke kan inskop en die Pumas klop, kan dit die begin van die nodige selfvertroue wees om die Griekwas en die Cheetahs daarna te klop.

Die bepalings van eerskomende naweek lyk so:

Vrydag 9 Augustus

DHL Westelike Provinsie v Phakisa Pumas DHL Nuweland Kaapstad (15:00)

Saterdag 10 Augustus

Cell C Sharks v Toyota Vrystaat Cheetahs  Johnssons Kings Park (15:00)

Xerox Goue Leeus v Vodacom Blou Bulle  Emirates Airline Park (17:15)

GEEN DEURKOMKANS NIE!
DIE TAFEL LAGER GRIEKWAS HET DIE VODACOM BLOU BULLE VERLEDE SATERDAG MET 37-15 OP LOFTUS VERSVELD VERSLAAN.
FOTO: RONEL CRONJE

Related Posts

« »