CURRIEBEKER: DIS KNARSTYD VIR DIE SPANNE

Jul 26 • General News • 1458 Views • Comments Off on CURRIEBEKER: DIS KNARSTYD VIR DIE SPANNE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

JOHANNESBURG-Simon Riekert

 

Week drie van die Curriebeker-kompetisie het aangebreek en daar is ‘n paar spanne wat stewig staan in die kompetisie tot dusver.
Daar is egter ‘n paar ander wat ook stewig staan- met die rug teen die muur as ‘n mens na die punteleer kyk.

Met net ses rondes in die liga fase van die kompetisie en met die vooruitsig van ‘n tuis-halfeindstryd, is dit vir die sewe kompeterende spanne ‘n mikpunt om onder die vier topspanne te wees wat na die uitkloprondes toe gaan.

As daar dus van druk gepraat word, is dit net billik om die druk te identifiseer., want wie loop waar deur?
Die Cheetahs en die Griekwas het vriend en vyand verras met hul kookwaterspel die afgelope twee naweke, en hierdie naweek sal die hoofafrigter van die Cheetahs, Franco Smith se woorde getoets word: “die sentrale spanne in die land is baie onderskat, daar is soveel spelers van ander groter unies wat hierheen gekom het en nou die oog hier plaaslik en internasionaal (Guinness Pro 14-reeks) vang.”

Bloemfontein kan die slagveld word vir die eerste span wie hul wenrekord moes prysgee en in die resies vir die top posisie, gaan dit nie maklik wees nie.

WP, op papier altans, lyk na die span wat die kompetisie lag-lag sal oorheers, maar verlede naweek het die huidige kampioen, die Sharks, dit anders bewys. Nou is dit ‘n geveg vir oorlewing vir die Streeptruie teen die Lions, wie Kaaptoe moes reis vir hierdie wedstryd. Die Lions kan ook nie houtgerus wees met hul net-netse oorwinning oor die Pumas in Johannesburg nie en lyk in Curriebeker gedaante na ‘n stoffie van die span wat kompeterend in die SuperRugby-toernooi van vanjaar was.

WP weet dat die beste rede waarom hulle die Blou Bulle in die openingsronde gewen het, sentreer het om hul sterk skrum. Bygesê, die Bulle se verdediging was super-swak en WP het verspot maklik die voordeellyn keer op keer oorgesteek. Tog maak die formaat van vanjaar se kompetisie dat die druk vierkantig op alle spanne se ingesteldheid en vertoning is.

Die spanne wie die meeste druk sal moet verwerk voor die wedstryd en op die veld Vrydagaand, moet die besoekende BlouBulle teen die Pumas wees.

Pote Human was verlede week ‘n bekommerde man na die loesing deur die Vrystaat op Loftus Versveld: “ons weet ons kan beter speel, maar daar is ‘n probleem met die span se ingesteldheid wat ons baie vinnig moes regstel voor Vrydag-aand se wedstryd. Ek ken vir Jimmy (Stonehouse, Pumas-hoofafrigter), hy is ‘n man wat sy span kan motiveer en die Pumas het niks meer nodig as dit op hul tuisveld nie.”

Die Pumas was ongelukkig dat hulle tweekeer weg van hul tuisveld moes speel in die eerste twee rondes en soos die noodlot dit wou hê, het hulle altwee keer verloor, eers teen die Lions en toe teen die Griekwas. Ons weet dat dié span ‘n kat van ‘n ander soort is as hulle tuis speel, maar ‘n desperate Bulls-span wie al vroeg Donderdag Nelspruit toe is, kan dit moeilik maak as die tuisspan nie voorlangs oorheers en nie akkuraat is by die afbreekpunte nie.

Dus, bopunt van die leer of onderpunt van die trap; knerstyd vir die plaaslike spanne lê en wag.
Maak seker jou vuurtjie is Vrydagaand reeds vroeg aangesteek.

WEDSTRYDE EN TYE

Vrydag, 26 Julie

Phakisa Pumas v Vodacom Blue Bulls
Afskoptyd: 19h15
Stadion: Mbombela Stadium, Nelspruit
Skeidsregter: Egon Seconds
Assistent skeidsregters: Eduan Nel en Johra Botha
TMO: Johan Greeff
TV: SS1

Phakisa Pumas – Devon Williams, Morne Joubert, Ryan Nell (kaptein), Henko Marais, Etienne Taljaard, Chris Smith, Ashlon Davids, Jeandre Rudolph, Willie Engelbrecht, Francois Kleinhans, Stefan Willemse, Le Roux Roets, Marne Coetzee, Marko Janse van Rensburg, Andrew Beerwinkel. Plaasvervangers: Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Hilton Lobberts, Phumzile Maqondwana, Reynier van Rooyen, Kobus Marais, Alwayno Visagie, Morgan Naude.
Vodacom Blou Bulle – Divan Rossouw, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Dylan Sage, Rosko Specman, Marnitz Boshoff, Embrose Papier, Tim Agaba, Marco van Staden, Ruan Steenkamp (kaptein), Ruan Nortje, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Dayan van der Westhuizen, Conraad van Vuuren, Adri Smit, Wihan Vosloo, Andre Warner, Manie Libbok, Jade Stighling.

Saterdag, 27 Julie

Toyota Vrystaat Cheetahs v Tafel Lager Griekwas
Afskoptyd: 15h00
Stadion: Toyota Stadion, Bloemfontein
Skeidsregter: Jaco Peyper
Assistent skeidsregters: Stephan Geldenhuys en Eon van Zyl
TMO: JJ Wagner
TV: SS1

Toyota Vrystaat Cheetahs – Darron Adonis, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Dries Swanepoel, Rabz Maxwane, Tian Schoeman, Tian Meyer (kaptein), Henco Venter, Abongile Nonkontwana, Junior Pokomela, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Ox Nche. Plaasvervangers: Jacques du Toit, Charles Marais, Reinach Venter, JP du Preez, Marnus van der Merwe, Gerhard Olivier, Dian Badenhorst, Louis Fouche.
Tafel Lager Griekwas – George Whitehead (kaptein), Ederies Arendse, Eduan Keyter, Andre Swarts, Bjorn Basson, Tinus de Beer, Zak Burger, Neill Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Johan Momsen, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ Le Roux, Khwezi Mona. Plaasvervangers: Wilmar Arnoldi, Mox Moxili, Victor Sekekete, Zandre Jordaan, Chriswill September, Michal Haznar, Grant Hermanus, Ruan Kramer.

DHL Westelike Provinsie v Xerox Golden Lions
Afskoptyd: 17h15
Stadion: DHL Newlands, Kaapstad
Skeidsregter: Stuart Berry
Assistent skeidsregters: Marius van der Westhuizen en Cwengile Jadezweni
TMO: Shaun Veldsman
TV: SS1

DHL Westelike Provinsie – Dillyn Leyds, Seabelo Senatla, Ruhan Nel, Dan Kriel, SP Marais, Josh Stander, Paul de Wet, Sikhumbuzo Notshe, JD Schickerling, Ernst van Rhyn, Chris van Zyl (kaptein), Salmaan Moerat, Carlu Sadie, Scarra Ntubeni, Corne Fourie. Plaasvervangers: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Wilco Louw, David Meihuizen, Jaco Coetzee, Godlen Masimla, Edwill van der Merwe, Sergeal Petersen.
Xerox Golden Lions – Tyrone Green, Madosh Tambwe, Wandisile Simelane, Jan-Louis la Grange, Stean Pienaar; Shaun Reynolds, Ross Cronje (capt), Hacjivah Dayimani, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Johannes Jonker, Pieter Jansen, Sti Sithole. Plaasvervangers: PJ Botha, Leo Kruger, Jacobie Adriaanse, Wilhelm van der Sluys, James Venter, Len Massyn, Dillon Smit, Manuel Rass.

 

Ronde Drie: hierdie naweek is maak of breek vir al sewe die Curriebekerspanne

Related Posts

« »