CURRIEBEKER IS AMPER SOOS KRISMIS

Dec 11 • General News • 1281 Views • Comments Off on CURRIEBEKER IS AMPER SOOS KRISMIS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

Terwyl die Covid-histerie weer om ons begin opvlam, is dit tyd om te fokus op dit wat lekker en goed vir die gemoed is, opbouend in liggaam en gees is en verryk: rugby, natuurlik!

En die naderende Krismistyd.

Wie sou ooit dink ons sou Curriebeker speel in Krismistyd?

En liewe broers en susters van die lewe se gemeente hier ondermaans, is ons nie besig om ‘n spannende deel van die Curriebeker toernooi binne te gaan nie?
Wie sou ooit kon droom dat ‘n vrotsige kiem ons tot soveel lekkerte kan dryf, wie sou kon glo dat terwyl daar gesê word “kan nie”, spelers en administrateurs wys, ons kan!

Dit bring my by die naweek se wedstryde.

Daar is net nog vier rondomtalie rondes oor na dese en enigeen van ses spanne kan dit maak na die top vier posisies op die punteleer.

Dit laat my dink aan my skooldae, hoe ek as ek dalk ‘n bietjie harder gewerk het, nie nodig gehad het om dinge oor te doen nie, veral die Wiskunde-ding by meneer Kriek.

Maar ek dwaal af, dis die sukkelende WP teen die moedige Pumas, die katgeveg in Bloem en die Haaitenk wat die afgelope vyf jaar droogloop vir die Bulle wat wag.

Vrydagaand is dit die WP se kans om te bewys dat hulle laaste paar weke se vertonings nie ‘n weerspieëling is van die dreigende tragedie wat in die Kaap wil-wil afspeel nie.
WP het slegs twee maal teen die Pumas in die Curriebekerkompetisie verloor, eenkeer in 1997 en toe in 1999.
Toegegee, die Laevelders het ook nou nie juis geskitter in vooruitgang sedertdien nie, maar hulle wie in die skadu van die Krugerwildtuin leef weet dat ‘n gekweste bok wat lê, gou aandete vir die katfamilie woird.
Seabelo Senatla, Ruhan Nel en Juarno Augustus het seer en is uit wat meebring dat Tristan Leyds, Michal Haznar en Jaco Coetzee vir die eerste keer die seisoen hul verskyning maak in die blou en wit hoepeltrui.

Tian Botes maak sy debuut vir die Pumas en Japie Kleinhans maak dalk ook sy toetrede, as hy kans kry van die bank af.
Botes en Chriswill September vorm die skakelpaar terwyl Darrien Landsberg van slot na flank skuif om plek te maak vir kaptein Pieter Jansen van Vuren.
Morgan Naude (stut) neem oor by Dewald Maritz en die ervare Ruwellyn Isbell vervang vir Etienne Taljaard op linkervleuel.

Spanne:
DHL Westelike Provinsie – 15 Damian Willemse, 14 Angelo Davids, 13 Michal Haznar, 12 Rikus Pretorius, 11 Tristan Leyds, 10 Tim Swiel, 9 Paul de Wet, 8 Jaco Coetzee, 7 Ernst van Rhyn, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 David Meihuizen, 4 Salmaan Moerat, 3 Frans Malherbe, 2 Scarra Ntubeni, 1 Steven Kitshoff.

Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Ali Vermaak, 18 Lee-Marvin Mazibuko, 19 Chris van Zyl, 20 Johan du Toit, 21 Herschel Jantjies, 22 Kade Wolhuter, 23 Dan du Plessis, 24 Kwenzo Blose, 25 Marcel Theunissen, 26 Sihle Njezula.

Phakisa Pumas – 15 Tapiwa Mafura, 14 Luther Obi, 13 Erich Cronje, 12 Ali Mgijima, 11 Ruwellyn Isbell, 10 Tiaan Botes, 9 Chriswill September, 8 Willie Engelbrecht, 7 Darrien Landsberg, 6 Daniel Maartens, 5 Pieter Jansen van Vuren (kaptein), 4 Le Roux Roets, 3 Ignatius Prinsloo, 2 Simon Westraadt, 1 Morgan Naude.

Plaasvervangers: 16 Marko Janse van Rensburg, 17 Wikus Groenewald, 18 Brandon Valentyn, 19 Ewart Potgieter, 20 Ginter Smuts, 21 Devon Williams, 22 Japie Kleinhans, 23 Liam Hendricks.

DHL Westelike Provinsie v Phakisa Pumas
Datum: Vrydag, 11 Desember 2020
Tyd: 19h00
Stadion: DHL Newlands, Kaapstad
Skeidsregter: Paul Mente
Assistente: Aimee Barrett-Theron en Egon Seconds
TMO: Joey Klaaste-Salmans
TV: SuperSport Grandstand and Rugby

GROOT KATGEVEG WAG IN BLOEMFONTEIN

Daar sal geen verlore liefde tussen die spanne van die Toyota Cheetahs en die Xerox Lions in Bloemfontein wees nie as hulle in ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd om die Curriebeker ontmoet.

Hierdie is die eerste wedstryd wat gespeel word tussen die twee spanne sedert hul Superrugby-Unlocked wedstryd weens Covid gekanselleer moes word.

Die Johannesburgers loop met drie punte voor op die punteleer teenoor die vyfde geplaasde Vrystaters.

’n Resep vir ’n behoorlike katgeveg.

Wen die Lions, sal hulle opskiet na die tweede of derde plek op die punteleer en ’n verloor kan die Cheetahs uit die top-vier posisies op die punteleer laat.

Die Toyota Cheetahs was die afgelope vyf wedstryde, vir vierkeer aan die wenkant in Bloemfontein, maar met drie punte op die spel, gaan dit ’n stryd wees waarin iemand die kat in die duiwehok gooi.

Die Vrystaters bring vir William Small-Smith en Malcolm Jaer terug as die vleuels en Tian Schoeman neem oor by Reinhardt Fortuin op losskakel.
Voorlangs op haker kom Jacques du Toit in vir Reinach Venter en op flank neem Aidon Davis oor by Victor Sekekete.

Die Xerox Lions bring vir Dan Kriel in om Burger Odendaal met ’n seer kuit te vervang, natuurlik op senter.
Twee ander rotasies vind plaas by André Warner wie vir Ross Cronje op skrumskakel vervang terwyl die Springbok Jannie du Plessis terug is op vaskop in die plek van Ruan Dreyer.

Spanne:
Toyota Cheetahs – 15 Clayton Blommetjies, 14 William Small-Smith, 13 Howard Mnisi, 12 Frans Steyn, 11 Malcolm Jaer, 10 Tian Schoeman, 9 Tian Meyer, 8 Jeandré Rudolph, 7 Aidon Davis, 6 Andisa Ntsila, 5 Carl Wegner (kaptein), 4 Ian Groenewald, 3 Khutha Mchunu, 2 Jacques du Toit, 1 Boan Venter.

Plaasvervangers: 16 Marnus van der Merwe, 17 Cameron Dawson, 18 Erich de Jager, 19 Reniel Hugo, 20 Victor Sekekete, 21 Ruben de Haas, 22 Reinhardt Fortuin, 23 Dries Swanepoel.

Xerox Lions – 15 Tiaan Swanepoel, 14 Stean Pienaar, 13 Wandisile Simelane, 12 Dan Kriel, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies (kaptein), 9 André Warner, 8 Len Massyn, 7 Vincent Tshituka, 6 Jaco Kriel, 5 Willem Alberts, 4 Marvin Orie, 3 Jannie du Plessis, 2 Jaco Visagie, 1 Sti Sithole.

Plaasvervangers: 16 Jan-Henning Campher, 17 Dylan Smith, 18 Ruan Dreyer, 19 Reinhard Nothnagel, 20 Wilhelm van der Sluys, 21 Morne van den Berg, 22 Manuel Rass, 23 Roelof Smit.

Toyota Cheetahs v Xerox Lions

Datum: Saterdag, 12 Desember 2020
Tyd: 16h30
Stadion: Toyota Stadium, Bloemfontein
Skeidsregter: Rasta Rasivhenge
Assistente: AJ Jacobs and Griffin Colby
TMO: Jaco Peyper
TV: SuperSport Rugby and Grandstand

BULLE WIL WEN IN DIE HAAITENK.

Die Vodacom Bulls sal enduit gaan om hul indrukwekkende vorm te bewys en te behou met sewe oorwinnings in agt wedstryde hierdie seisoen, terwyl hulle ’n vyf jaar se Curriebeker-wendroogte wil breek in Durban.

Hulle sal egter baie versigtig wees om nie die in-vorm Sharks te onderskat nie. Die Natallers beklee die tweede posisie op die punteleer. Die span was die laaste ruk vyf keer aan die wenkant in sewe wedstryde. Hulle sal deeglik bewus daarvan wees dat ’n nederlaag sal beteken dat hulle die gunstige posisie op die punteleer kwyt is en dan onder groot druk sal wees in die laaste paar rondes van die rondomtalie wedstryde.

Dis dan geen wonder dat hulle hul twee Wêreldbeker sterre in die beginspan ingesluit het nie; Lukhanyo Am en Sbu Nkosi is in die agterlyn. Am ontvang die No 13-trui en ook die kapteinskap van Jeremy Ward.
Nkosi begin op regtervleuel en Yaw Penxe skuif na die linkerkant van die agterlyn, voorlangs begin Daniel Jooste in plaas van Kerron van Vuuren (rotasieskuif) op haker in en die ervaring van Henco Venter en Sikhumbuzo Notshe word ingespan in die lostrio.

Die Sharks weet dat hulle die spelpeil sal moet lig, “hulle is wedstrydwenners” sê die Sharks se kaptein Am.

By die Bulls , klop die voormalige Junior Springbok en sneltrein, Marnus Potgieter aan die deur om die No 14-trui oor sy skouers te trek.
David Kriel en Kurt-Lee Arendse skuif terug na heelagter en linkervleuel onderskeidelik terwyl Ivan van Zyl diens sal doen agter die skrum.
In die oond sal Ruan Nortje op slot sak en Jacques van Rooyen sal sy rooikaart van ’n week gelede wil wreek op stut. Staatmaker Trevor Nyakane sak aan die ander kant van die voorry.
“Die Sharks is die in vorm-span die afgelope ruk en hulle sal on een oor wil wees op hul tuisveld, “ sê Jake White, hoofafrigter by die Bulls.
“Durban is nooit ’n maklike wenplek nie en die humiditeit hierdie tyd van die jaar maak ons werk soveel meer uitdagend. Ons is egter reg vir die stryd en gereed om ons spel in die wedstryd af te dwing, ons weet presies wat om te doen Saterdag.”

Spanne:
Cell C Sharks – 15 Manie Libbok, 14 Sbu Nkosi, 13 Lukhanyo Am (kaptein), 12 Marius Louw, 11 Yaw Penxe, 10 Curwin Bosch, 9 Sanele Nohamba, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Henco Venter, 6 Dylan Richardson, 5 Hyron Andrews, 4 Ruben van Heerden, 3 Thomas du Toit, 2 Daniel Jooste, 1 Ox Nche.

Plaasvervangers: 16 Kerron van Vuuren, 17 Mzamo Majola, 18 Michael Kumbirai, 19 JJ van der Mescht, 20 Thembelani Bholi, 21 Phepsi Buthelezi, 22 Jaden Hendrikse, 23 Jeremy Ward.

Vodacom Bulls – 15 David Kriel, 14 Marnus Potgieter, 13 Stedman Gans, 12 Cornal Hendricks, 11 Kurt-Lee Arendse, 10 Morné Steyn, 9 Ivan van Zyl, 8 Duane Vermeulen (kaptein), 7 Arno Botha, 6 Marco van Staden, 5 Ruan Nortje, 4 Walt Steenkamp, 3 Trevor Nyakane, 2 Johan Grobbelaar, 1 Jacques van Rooyen.

Plaasvervangers: 16 Schalk Erasmus, 17 Gerhard Steenekamp, 18 Mornay Smith, 19 Sintu Manjezi, 20 Nizaam Carr, 21 Embrose Papier, 22 Chris Smith, 23 Marco Jansen van Vuren.

Cell C Sharks v Vodacom Bulls
Datum: Saterdag, 12 Desember 2020
Tyd: 19h00
Stadion: Jonsson Kings Park, Durban
Skeidsregter: Marius van der Westhuizen
Assistente: Stuart Berry and Aimee Barrett-Theron
TMO: Marius Jonker
TV: SuperSport Rugby and Grandstand

Jake White, die nuwe Direkteur van Rugby by die Bulls, weet dat sy span sal moet uithaal om bo-aan die Curriebeker se punteleer te bly.
Foto: herald.ie

Related Posts

« »