CURRIEBEKER KASKENADES

Jan 6 • General News • 968 Views • Comments Off on CURRIEBEKER KASKENADES

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert- Pretoria

Wat ookal Woensdag of Sondag met die Vodacom Bulls gebeur in hul opmars na die Curriebeker 2021-titel, gaan weinig, indien enigiets laat verander oor hul tuis halfeindstryd en ‘n moontlike eindwedstryd.

Verloor hulle byvoorbeeld Woensdag teen die Xerox Lions en wen teen die Phakisa Pumas, bly die uiteinde dieselfde.

Andersom, as hulle die Lions troef en verloor teen die Pumas, ditto die halfeindstryd is op Loftus.

Vroeër vandeesweek het ‘n nuut begeesterde hoofafrigter van die Bulle, Jake White onder andere die sluier gelig oor sy persoonlike pad met Covid-19.
“Ek het in die bed gelê, siek en gewonder oor my doelwitte, of ek nog moet aangaan. Toe ek dink aan twee van my vriende wie ek aan die dood weens Covid moes afstaan, hoof van die Hoërskool Drostdy (Arthur Underhay) en Arthob Pietersen (oud-spanbestuurder van die Springbokke).”

Maar ‘n hernieude begeesterdheid het die 57-jarige afrigter beetgepak, “as ons speel soos wat ons kan, sal ons die volgende paar weke drie keer op Loftus kan speel (halfeind- en eindstryd).”

Daar is ‘n ander halfeindstryd wat ook gespeel moet word en nuus wat ons pas bereik het, bevestig dat die wedstryd tussen die DHL WP en die Cell C Sharks weens Covid-protokol, gekanselleer is. Die virus het ook by die Sharks sy tol geeis.

Die wedstryd sal nie her-skeduleer word nie en beide spanne neem twee ligapunte.
Dit beteken dat die WP, tans in die tweede plek met 35 punte op die punteleer, die rondomtalie wedstryde met 37 punte sal afsluit.

Die Cell C Sharks skuif nou na die derde plek op die leer, ook met 35 punte (die Bulle het ‘n beter punteverskil, daarom bly hulle in die tweede plek).
Die twee kusspanne sal dus vanmiddag se Jukskei-derby met valkoë dophou, so ook die naweek se opkomende wedstryde (Die Tafel Lager Griekwas teen die Toyota Cheetahs in Kimberley, Saterdag om 16h30 en die Phakisa Pumas teen die Vodacom Bulls in Nelspruit , Sondag om 16h00), om te bepaal teen wie hulle speel in die halfeindstryde en waar.

SPANNE:

Vodacom Bulls – 15 David Kriel, 14 Jade Stighling, 13 Marnus Potgieter, 12 Jay-Cee Nel, 11 Stravino Jacobs, 10 Chris Smith, 9 Embrose Papier, 8 Duane Vermeulen (K), 7 Elrigh Louw, 6 Marco van Staden, 5 Ruan Nortje, 4 Jan Uys, 3 Trevor Nyakane, 2 Schalk Erasmus, 1 Lizo Gqoboka. Plaasvervangers: 16 Johan Grobbelaar, 17 Jacques van Rooyen, 18 Marcel van der Merwe, 19 Janko Swanepoel, 20 Arno Botha, 21 Ivan van Zyl, 22 Morné Steyn, 23 Tim Agaba.
Xerox Lions – 15 Tiaan Swanepoel, 14 Stean Pienaar, 13 Burger Odendaal, 12 Dan Kriel, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies (K), 9 André Warner, 8 Len Massyn, 7 Vincent Tshituka, 6 Marnus Schoeman, 5 Marvin Orie, 4 Willem Alberts, 3 Jannie du Plessis, 2 Jaco Visagie, 1 Dylan Smith. Plaasvervangers: 16 Jan-Henning Campher, 17 Ruan Dreyer, 18 Carlü Sadie, 19 Reinhard Nothnagel, 20 Wilhelm van der Sluys, 21 Ross Cronje, 22 Wandisile Simelane, 23 Franckie Horn.

Vodacom Bulls v Xerox Lions
Datum: 6 Januarie 2021
Tyd: 16h00
Stadion: Loftus Versfeld, Pretoria
Skeidsregter: Cwengile Jadezweni
Assistente: AJ Jacobs en Paul Mente
TMO: Marius van der Westhuizen
TV: SuperSport Rugby

BLOU TOEBROODJIE: Elton Jantjies word vasgevat deur twee van sy Vodacom Bulls opponente,, een daarvan Ivan van Zyl. (© Sydney Sehibedi/Gallo Images)

Related Posts

« »