DERBY TYD: STORMERS WAG VIR DIE LIONS

May 26 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 1910 Views • Comments Off on DERBY TYD: STORMERS WAG VIR DIE LIONS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
STORMERS V LIONS: WIE GAAN VANDAG DIE PYP ROOK? Foto: Gordon Arons

STORMERS V LIONS: WIE GAAN VANDAG DIE PYP ROOK?
Foto: Gordon Arons

Simon Riekert-Nuweland

Tradisioneel, is rugbywedstryde tussen die spanne van die noorde en die suide in Suid-Afrika, een van die grootste trekpleisters.

Vanmiddag is dit geen verskil nie, die Emirates Lions het sewe veranderings aangebring aan hul span wat die DHL Stormers op hul tuisveld die stryd aansê.
Jacques van Rooyen is terug en Kwagga Smith dra nie meer die nommer ses op sy rug nie, maar sak laaste in die skrum.
In die agterlyn is Aphiwe Dyantyi na die vleuelposisie geskuif met Harold Verster en Rohan Janse van Rensburg as senterpaar.
Die res van die veranderings is op die bank, met Ryno Herbst die mees belangrikste insluiting.

Die span is:
Jacques van Rooyen, Robbie Coetzee, Ruan Dreyer, Lourens Erasmus, Marvin Orie, Marnus Schoeman, Franco Mostert ©, Kwagga Smith, NIc Groom, Elton Jantjies, Aphiwe Dyantyi, Harold Vorster, Rohan Janse van Rensburg, Ruan Combrinck, Andries Coetzee
Bank:
Corné Fourie, Dylan Smith, Jacobie Adriaanse, Rhyno Herbst, Hacjivah Dayimani, Ross Cronje, Madosh Tambwe, Sylvian Mahuza

Die DHL Stormers sal hul tuisskare wil beloon met ʼn goeie oorwinning oor die besoekers. Losvoorspeler Sikhumbuzo Notshe sal in sy 50ste Vodacom Super Rugby wedstryd speel, nadat hy sy debuut teen die Reds in 2014 gemaak het.
Notshe se insluiting op die nommer 8 posisie is deel van die nuwe losvoorspeler kombinasie waarmee Robbie Fleck eksperimenteer. Kaptein Siya Kolisi is terug in die beginspan en Kobus van Dyk skuif na die blindekant op flank.
Cobus Wiese en Nizaam Carr is op die bank.
Die enigste ander vervanging, is in die tweede ry waar Jan de Klerk instaan vir Pieter-Steph du Toit wat olik is.
Haker Bongi Mbonambi en loskopstut Steven Kitshoff is beide terug van beserings en sal van die bank af diens doen.
In die agterlyn skuif Raymond Rhule na die linkervleuel in plek van Seabelo Senatla, wie terugkeer na die Blitsbokke.

EW Viljoen sit ook op die bank.

DHL Stormers se hoofafrigter, Robbie Fleck sê sy span sal ʼn volledige vertoning op die veld lewer.
” Dit is goed om terug te wees op DHL Newlands hierdie naweek, en ons sien uit na die derby. Ons fokus is om so akkuraat as moontlik te wees en om ons planne so uit te voer dat ons onsself laat geld.”

DHL Stormers:

15 SP Marais, 14 Dillyn Leyds, 13 JJ Engelbrecht, 12 Damian de Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Kobus van Dyk, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Chris van Zyl, 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Ramone Samuels, 1 JC Janse van Rensburg.
Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Frans Malherbe, 19 Cobus Wiese, 20 Nizaam Carr, 21 Paul de Wet, 22 EW Viljoen, 23 Craig Barry.
Afskoptyd is 17:15

Related Posts

« »