DIE BULLS, SHARKS EN LIONS SPEEL VIR DIE REG OM TE SPOG

Mar 8 • General News • 1061 Views • Comments Off on DIE BULLS, SHARKS EN LIONS SPEEL VIR DIE REG OM TE SPOG

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Terwyl die Aussies, Kiwi’s en Japanners hulle onderskeie sake in ronde vier van vanjaar se SupeRugby-toernooi uitspook, kan ons seker maar met veiligheid ʼn mening waag oor die plaaslike spanne.
Die Stormers rus vandeesweek, iets wat hul goed te pas sal kom na verlede naweek se verrassende oorwinning teen die Sharks in Durban (16-11).
Woelinge in-en om die span mag dalk in ʼn week se rus, sorg dat die Streeptruie terugkeer met ʼn nuwe fokus.

Saterdagmiddag om 15:05 skuif die fokus van die rugbynasie na Johannesburg, waar die Lions (verloor teen die Bulls verlede naweek 12-30, tuis), hul wonde gelek het en grootskaalse veranderings aan hul span aangebring het. Hulle speel weer teen die Jaguares in vanjaar se toernooi.
Swys de Bruin, soos enige afrigter van ʼn suksesvolle span, het al toegegee dat met die vertrek van baie van die Lions se groot kanonne, dit ʼn geduldige proses vir hulle gaan wees. Iets soortgelyks aan wat die noordelike buurman, die Bulls die laaste paar jaar-pynlik- moes deurgaan.

Swys het na die Bulls nederlaag, die snoeiskêr ingelê en ʼn groot gros nuwe talent ingespan vir die Jaguares, “dis nie ʼn klomp juniors nie, dis jong manne wat senior rugby gaan speel en ek glo as jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.”
Hy en sy afrigtingspan het hard aan hierdie jong groep gewerk die afgelope drie jaar en hy meen dis nou tyd vir hulle om die groot werk te gaan doen.

Wandesile Simelane en Franco Naude (geleen van die Bulls) is in die middelveld met Sylvian Mahuza op vleuel vir Aphiwe Dyantyi. Ross Cronjé is terug op skrumskakel en Kwagga Smith sak op agtsteman om plek te maak vir Vincent Tshituka op flank. Ruan Vermaak en Rhyno Herbst is die slotpaar.
Nathan McBeth, James Venter en Tyrone Green is almal nuwe gesigte.

“Dis tyd vir seisoene, dis tyd vir nuwe bloed, ek praat nie van ‘bou’ nie, dis ʼn woord wat baie mense haat, ek is opgewonde oor hierdie nuwe manne.”

Die Jaguares kan egter die Lions seermaak in die lynstane en met skoppe uit die hand na vaste besit, is dit een van hul gevaarlikste wapens. Dit tesame met ʼn giftige agterlyn.

Vinnige feite: die Lions het nog nooit teen die Jaguares op Ellispark (Emirates Airline Park vir SuperRugby) verloor nie. Hulle was suksesvol in nat omstandighede vroeër vanjaar in Buenos Aires. Hulle sal keer om nie twee keer namekaar in die Superrugby-kompetsie te verloor nie. Die Jaguares het hul laaste drie weg-wedstryde verloor.

Spanne:
Emirates Lions: Andries Coetzee; Sylvian Mahuza, Wandisile Simelane, Franco Naude, Courtnall Skosan; Elton Jantjies, Ross Cronje; Kwagga Smith, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Carlu Sadie, Malcom Marx, Dylan Smith.
Reserwes: Pieter Jansen, Nathan McBeth, Frans van Wyk, Stephan Lewies, James Venter, Dillon Smit, Harold Vorster, Gianni Lombard/Tyrone Green

Jaguares: Joaquin Tuculet (kaptein), Sebastian Cancelliere, Matias Moroni, Bautista Ezcurra, Emiliano Boffelli, Joaquin Diaz, Bonilla Martin, Landajo Rodrigo, Bruni Marcos Kremer, Juan Manuel Leguizamon, Matias Alemanno, Guido Petti, Enrique Pieretto, Julian Montoya, Juan Pablo Zeiss
Reserwes: Gaspar Baldunciel, Santiago Garcia Botta, Santiago Medrano,Tomas Lavanini, Tomas Lezana, Tomas Cubelli, Juan Cruz Mallia, Matias Orlando

Noord van die Jukskei-rivier, om 17:05 wag die Vodacom Bulls op die Cell C-Sharks.
Die wenner van hierdie wedstryd kan met reg die oog op die Suid-Afrikaanse konferensititel hou. Hierdie wedstryd sal die twee spanne se sterk-en swakpunte duidelik ontbloot met die Bulls wie se wiele, al vier, afgekom het twee weke gelede teen die Jaguares in Buenos Aires.

Die Sharks het geskok met hul aan-die-slaap vertoning teen die Stormers, verlede naweek maar hulle het bonuspunte ingeoes teen die Sunwolves en Blues. Om op Loftus te kom wen, gaan iets spesiaals vra.

Pote Human se span loop mank aan slotte en dit het hom gedwing om Hanro Liebenberg in die tweede ry te kies. Liebenberg het vir ʼn kort rukkie verlede jaar vir stade Franciase op slot gesak.
Verwag, soos altyd, ʼn groot aanslag voorlangs, veral by die skrums.
“Ons sal ʼn man soos Trevor Nyakane moet oppas en reg bestuur vir beserings, “ het Human vroeër vandeesweek aan die pers gesê. Dyan van der Westhuizen, wie op die bank is vir Nyakane, kom eenvoudig net nie die mas op in die skrums nie, en sou Nyakane die veld moet verlaat, sal Beast Mtawarira sy lippe aflek.

Die Sharks moes ook noodgedwonge veranderings aanbring met Jeremy Ward wie vir Andre Esterhuizen moes vervang. Tensy Robert du Preez iets anders in die mou voer, was die keuse van Rhyno Smith op heelagter ten koste van Curwin Bosch, ʼn flater.

Die Bulls het gewys dat hul snellers en agterste driehoek drieë kan druk en dit sal ook so wees Saterdag; verwag ʼn kanonvoet Handre Pollard en met dodelike opvolgwerk van Pollard en Warrick Gelant.

Vinnige feite:
Die Bulls is onoorwonne in hul laaste sewe SuperRugby-wedstryde teen die Sharks, insluitend die laaste drie. Die tuisspan het ook vyf van hul laaste derbies gewen, insluitend die laaste rug-aan-rug twee. Die Sharks het die Sunwolves weg gewen (45-10) en sal wil kapitaliseer op die weg-sukses. Handre Pollard is aangewys in Lood de Jager se plek as kaptein vir die res van die seisoen.

Spanne:
Bulls: 15 Warrick Gelant, 14 Cornal Hendricks, 13 Jesse Kriel, 12 Dylan Sage, 11 Rosko Specman, 10 Handré Pollard (kaptein), 9 Ivan van Zyl 8 Duane Vermeulen, 7 Tim Agaba, 6 Jannes Kirsten, 5 Jason Jenkins, 4 Hanro Liebenberg, 3 Trevor Nyakane, 2 Schalk Brits, 1 Lizo Gqoboka
Reserwes: 16 Corniel Els, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Dayan van der Westhuizen, 19 Thembelani Bholi, 20 Paul Schoeman, 21 Embrose Papier, 22 Manie Libbok, 23 Divan Rossouw

Sharks: 15 Rhyno Smith, 14 Sbu Nkosi, 13. Lukhanyo Am, 12 Jeremy Ward, 11 Makazole Mapimpi, 10.Robert du Preez, 9 Louis Schreuder (kaptein), 8 Daniel du Preez, 7 Jacques Vermeulen, 6 Wian Vosloo, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Coenie Oosthuizen, 2 Akker van der Merwe, 1 Tendai Mtawarira
Reserwes: 16 Fezokhule ‘Fez’ Mbatha, 17 Juan Schoeman, 18 Thomas du Toit, 19 Ruben van Heerden, 20 Phepsi Buthelezi, 21 Grant Williams, 22 Andre Esterhuizen, 23 Curwin Bosch

 

-Simon Riekert

@Nader_pale_toe

Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA/15.co.za

Related Posts

« »