Die hele ding gaan basies oor eenheid in die unie – Pumas

Jan 19 • General News, South Africa • 4114 Views • Comments Off on Die hele ding gaan basies oor eenheid in die unie – Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Dié span het knaend hoër standaarde vir hulself gestel as wat hul teenstanders kon. Die jaar is skaars ’n maand oud en die Mpumalanga Rugby Unie het reeds die jaar met groot fanfare afgeskop.
’n Pienkgolf het die afrigters van Mpumalanga getref. Die Pumas Rugby Unie het hul eerste Mpumalanga Indaba Afrigterskliniek vandag by Laerskool Nelspruit aangebied. Dit was die eerste van sy soort wat in die Laeveld aangebied is, en sal nie die laaste wees nie. ’n Totaal van 80 afrigters van Ermelo, Sekunda, Volkrust, Witbank, Lydenburg, Malelane en Nelspruit het bevestig dat hul die kliniek gaan bywoon, maar meer as 120 afrigters het die oggend opgedaag.
Die hele idee van dié besprekingsplatform, was om ’n eenheid onder die unie te vorm. “Die Laeveld- en Hoëveld se afrigters het elk hul eie ding in die verlede gedoen. Dié dag was om afrigters te nader om dieselfde tegniek te volg. Ons wil ’n styl kweek wat vir almal werk om van vroeg af dieselfde dinge te leer,” sê die hoof van bemarking, kommunikasie en PR van die Mpumalanga Pumas Rugby Unie, Jay Jay Botes.
Vir die unie was dié die mees praktieste manier om ’n intense program aan te bied om inligting uit te ruil om dié unie na die volgende vlak te neem. “Daar is soveel nuwe rugbytendense en ons wou dit graag met die afrigters van Mpumalanga gedeel het,” vertel Botes verder. Elke afrigter het ’n sertifikaat ontvang en sal ook met verloop van tyd ’n identifiseringskaart ontvang om die unie meer blootstelling te gee.
Die breier van die Pumas, Jimmy Stonehouse, voormalige Blitsbok MJ Mentz en die kaptein, Corné Steenkamp het op die volgende aspekte gefokus:
• vaardighede
• losmaal-bewegings
• algemene spel
• nuutste rugby tendense
• “split” – agterlyn
• lynstane
Stonehouse is benoem vir Absa se Afrigter van die Jaar saam met die Springbokke se Heyneke Meyer die afrigter van die Curriebeker Premierliga-kampioene, die Sharks se Brendan Venter. Stonehouse was ook aan die stuur van sake by die SA President 15-tal wat die IRB se Tblisisbeker gewen het. Hulle is óók saam bogenoemde spanne as die Absa Span van die Jaar genomineer. Die bobaasspeler, Rosco Speckman is vir twee kategorieë naamlik die Vodacombeker en Absa Curriebeker Eerste Divisie Speler van die Jaar, benoem.
’n Span van 40 het vandag se sessie bygewoon insluitend die oud-Arend- en Olifantspeler, Justin van Staden en Marcello Sampson van die EP Kings.

Carli Koch
Rugby 15

Related Posts

« »