DIE LIONS WIL GESKIEDENIS MAAK

Jul 31 • General News, Super Rugby • 1485 Views • Comments Off on DIE LIONS WIL GESKIEDENIS MAAK

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Johannesburg-Simon Riekert #paletoe

Môre middag kry die Lions ʼn tweede kans op Superrugby glorie in net soveel jare.
En voordat die Wellington Hurricanes ʼn doring in hul vlees word, moet hulle die Nieu Seelandse stormpie tem.
Doodbyt.
Die statistieke lyk nie goed vir die Lions teen die Hurricanes nie; hulle het die laaste agt wedstryde tuis of weg teen die Wellingtonners verloor.
Dit sluit natuurlik die gewraakte 20-3 verloor in, in laasjaar se eindwedstryd op die Hurricanes se tuisveld.
Dan is daar die 50-17 drag slae wat hulle in Johannesburg gehad het, ook verlede jaar in April.
Vanjaar het hulle teen geen Nieu Seelandse spanne gespeel nie, en ja, dis jammer, maar dis hoe die kompetisie vanjaar gewerk het.
“Ongelukkig so” sê een klomp kenners, maar die hoofafrigter, Johan Ackermann verskil.
“Ons is nie die gunstelinge nie en ook nie onder druk nie,” het hy vroeër aan joernaliste gesê.
Die oud-Bokskrumskakel, Werner Swanepoel meen dat die span reeds genoeg ondervinding het om die Kiwi’s te stuit.
“Die span kom reeds drie jaar saam en hulle weet hoe om druk te verwerk, kyk maar wat het Ruan Combrinck laas Saterdag gedoen, toe die druk op sy ergste was het hy gevra vir die bal om pale toe te mik.
“Dit getuig van ʼn speler met selfvertroue en ʼn kaptein met insig wat dit toegelaat het.”
Hy meen dat daar twee faktore in die Lions se guns tel, eerstens dat die Sharks verlede naweek tipies soos ʼn Nieu Seelandse span gespeel het; in hulle opponente se gesigte en verder dat die tempo van die wedstryd gelig is.
“Ons weet die Kiwi’s speel teen twee-drie ratte hoër, maar as die Lions balbesit hou en hul skoppe op ʼn tiekie sit, sal hulle die wedstryd kan beheer,” meen Werner.
“Dit gaan ʼn taai wedstryd wees wat voorlangs begin en beëindig sal moet word, en ek kan nie die noodsaaklikheid van sekure spel by die afbreekpunte meer beklemtoon nie.
“Moet ook nie vergeet hoe die Lions na die drag slae teen die Hurricanes verlede jaar teruggekom het en die Blues, Crusaders en Highlanders oortuigend gewen het nie.
“Dis ʼn span wat weet hoe om saam te speel en hoe om te wen en dit gaan die verskil maak in ʼn baie nabye uitslag.
“Nie maklik nie, maar moontlik.”
Die Lions sal reeds teen opdraftyd weet teen wie hulle moontlik speel aanstaande Saterdag, mits hulle natuurlik die Hurricanes tem.
Die Chiefs en die Crusaders pak mekaar om 09:35 (SA-tyd) terwyl die Lions die Hurricanes om 14:30 ontmoet.

Related Posts

« »