DIE SPRINGBOKKE KOOP BIER VIR DIE KOPLOSE KIWI #PaleToe

Oct 23 • General News, International, Rugby World Cup, RWC 2015, World Rugby • 2617 Views • Comments Off on DIE SPRINGBOKKE KOOP BIER VIR DIE KOPLOSE KIWI #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #Pale Toe! skryf oor die vooruitsig dat Saterdag se semifinaal tussen die Springbokke en die All Blacks, een van die rugby hoogtepunte van 2015 kan word.

Kyk eers na hierdie syfers:

90: dit is hoeveel keer die twee spanne teen mekaar gespeel het.

3 punte: dit is die gemiddelde verskil in tellings tussen die twee spanne, wen of verloor

2: die aantal kere wat die twee spanne mekaar op neutrale grond die stryd aangesê het

1-elk: die aantal kere wat die spanne op neutrale grond teen mekaar gewen het.

Meer gelykop op papier kan jy nie kry nie, al spekuleer jy hoe en al reën dit soos daar voorspel word, bly dit een van die grootste hoogtepunte in ʼn Wêreldbeker-toernooi: die Springbokke teen die All Blacks.

Die tafel is gedek.

“Die All Blacks bring die heel beste in die Bokke uit, ek weet ek was daar wanneer die chips down is,” sê Bakkies Botha Donderdag-oggend.

“Dit gaan help dat die Bokke ʼn Franse skeidsregter het, hulle laat die skrum meer stoei en as die Bokke vroeg ʼn oorhand kry, kan dit beteken dat hy reeds stilweg besluit het dat hulle die dominante span is in die vaste fasette.

“Die All Blacks het ʼn reuse berg om te klim, want hul weet die Springbokke is besig om ʼn golf te ry wat hulle gevaarlik maak, “ sê Sean Fitzpatrick, voormalige haker en kaptein van die All Blacks.

“Dis goed dat die Springbokke nie die gunstelinge is nie, dit bring ʼn balans tussen opgewondenheid, motivering en uitvoering van ons planne,” sê Heyneke Meyer Donderdag-aand.

“Ek wil nie hê hulle moet dink dat hul hoogtepunt is om Saterdag teen die All Blacks te speel nie. Dit moet my spelers se hoogtepunt wees om die Wêreldbeker te wen.

“Ons ken mekaar se sterk-en swakpunte, ons weet hoe hulle gaan speel en hulle ken ons spelpatroon.”

Die Springbokke weet dat die All Blacks ten minste drie of vier drieë per wedstryd kan druk, maar so weet die All Blacks dat die Bokke se vaste fasette al hoe beter geword het namate die toernooi aangaan.

Ek wou ʼn ruk terug van Tony Johnson, All Black kenner en TV-kommentator weet hoe spesiaal ʼn wedstryd tussen die twee reuse van wêreldrugby werklik is.

“Daar is geen wedstryd wat ʼn groter uitdaging vir ʼn All Black is as een teen die Springbokke nie. Om teen die Britse en Ierse Leeus te speel is ʼn groot voorreg, maar glo my, ʼn Springbok-All Black wedstryd is elke Nieu Seelandse seun se droom.”

Steve Hansen en Heyneke Meyer is respekvolle, goeie vriende. Hulle praat gereeld met mekaar en hul gesinne het al ontmoet. Meyer het die sielkundige oorlog vroeg vandeesweek begin: “hulle is beslis die beste All Black span ooit.”

Volgens ʼn tradisie sedert 2012 koop die verloorder van die twee spanne vir die wenner ʼn bier.

“Ek sal vir hom ʼn kas bier reël as ek weet ons gaan wen”, het Meyer gesê.

“Ons het nog nie ons beste rugby gespeel nie, ons weet ons moet beter wees as die wedstryd teen die Franse om die Bokke te klop, dit is waarna ons mik, sê Hansen.

“Ons wil nie nà Saterdag huistoe gaan nie. En ek is seker die Springbokke voel dieselfde en al het hulle mooi dinge vir ons te sê gehad, weet ek ons speel teen ʼn span wat ons koppe wil afruk.”

In 1995 was die Springbokke in dieselfde bootjie; beslis nie die gunstelinge om die magtige All Blacks in die eindwedstryd te klop nie. Maar die Springbokke het wêreldkampioene geword.

In 2007 het ons die All Blacks gesystap, danksy die Franse se 20-18 skok-oorwinning in die kwart eindstryd.

Soos Bakkies gesê het: “domineer die eerste 10-15 minute en wees akkuraat met die skrums, skop strategies reg, speel in die All Blacks se gesigte, tackle hard en akkuraat en weet dit gaan ʼn helse harde game wees.

“Ons kán hulle wen”.

Wie koop die eerste bier vir ʼn koplose Kiwi?

Foto: Anton Geyser

Related Posts

« »