DIE SUPERRUGBY-ONVOORSPELBAARHEID DUUR VOORT

May 2 • General News • 1151 Views • Comments Off on DIE SUPERRUGBY-ONVOORSPELBAARHEID DUUR VOORT

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Crusaders v Cell C Sharks (Christchurch Vrydag 09:35)

Die onvoorspelbaarheid van die huidige SuperRugby-seisoen duur voort: hierdie naweek sal die plaaslike spanne, die Sharks, Bulls en Stormers almal oorsese spanne aandurf, kan ‘n mens met omsigtigheid ‘n voorspelling of twee waag, en of ‘n held op Superbru wees, of die mampara van die week.
Die Sharks toer goed en verlede naweek se oorwinning oor die Waratahs (23-15 in Sydney) is net wat nodig was om hul selfvertroue te gee vir die naweek se grote: die Crusaders. Die vraag bly egter staan, kan hulle die Crusaders in hul eie agterplaas klop, soos dit in 2014 gedoen was?
Die Crusaders, alhoewel hulle sonder die dienste van Richie Mo’unga, Ryan Crotty, Sam Whitelock en David Havili weens die All Black rus-protokol is, bly onvoorspelbaar en is die gunstelinge om met ‘n span vol All Blacks, te wen. Die ou cliché dat alles voorlangs begin, geld nog steeds en sal deurslaggewend wees. Die Sharks sal sonder die dienste van Beast Mtwarira wees, maar Ruan Botha se geleentheid om in die beginspan te wees en Jean-Luc du Preez vir die tweede keer in die nommer-7 trui, sal die besoekers hoop gee teen ‘n Crusaders span met ‘n nuwe, ongetoetste middel struktuur in die agterlyn.
Na hierdie naweek se wedstryd, reis die Nieu Seelanders hiernatoe om die Bulls en die Stormers in onderskeidelik die volgende twee weke die stryd te kom aansê. Gedagtig daaraan dat hulle by verre die beste SupeRugby-span van 2019 is, sal ‘n oorwinning teen ‘n Sharks span wat 100%-plus gaan gee, soveel meer beteken en die dominansie van Nieu Seelandse rugby onderstreep.
Voorspelling op Superbru: Crusaders wen met 10 punte.

Vodacom Bulls v Waratahs (Pretoria Saterdag 15:05)
Asof die skorsing van Schalk Brits en ‘n lang lys van beseerdes nie al genoeg lyding is nie, moet die Bulls vandeesweek teen die Waratahs (en die res van die SuperRugby-toernooi) sonder Jesse Kriel klaarkom weens ‘n enkel besering.
‘n Mens simpatiseer met Pote Human wie graag vir Lood de Jager langs RG Snyman sou wou inspan en Jason Jenkins as impakspeler sou wou gebruik, maar Human sal met tweede beste moet tevrede wees vir die res van die seisoen. By die span aankondiging vandeesweek was dit baie duidelik dat Human van sy spelers verwag om teen die Australiërs hul fisiese spel ‘n aks of twee te lig. Hy weet egter dat hulle nie kan bekostig om nog sleutelspelers of twee te verloor weens beserings nie, aangesien ‘n vol sterkte Crusaders span op pad is Pretoria-toe aanstaande naweek.

Voorspelling op Superbru: Bulls wen met 12 punte.

Jaguares v DHL Stormers (Buenos Aires, Saterdag 21:40)

Die Jaguares word ‘n al hoe gevaarliker kalant in die Suid-Afrikaanse konferensie en met oorwinnings teen die Sharks in Durban en die Bulls in Pretoria, weet die Stormers dat hulle alles behalwe ‘n oorwinning beloof word teen Saterdag. Tuis is die Jaguares ‘n persent of tien beter as die internasionale groep spelers wie hulle is en hul harte uitspeel.

Siya Kolisi (rus protokol) en Pieter-Steph du Toit (skouer besering) is nie beskikbaar vir die spankeuse van Robbie Fleck nie. Hy sal dus op die knoppies van Jaco Coetzee en Cobus Wiese moet druk om die flank posisies te vul.
Verwag ‘n hewige aanslag van die tuisspan wie in Maart ‘n hewige loesing op Nuweland gekry het (35-8), maar as die Stormers slim speel, kan hulle hierdie een deurhaak en ‘n weg-oorwinning behaal.

Voorspelling op Superbru: Jaguares wen met 3 punte

 

-Simon Riekert

@Nader_pale_toe

Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA/15.co.za

Related Posts

« »