DIS TOETIE MET DIE REGTE SPRINGBOK MOETIE! #PaleToe

Apr 15 • General News, International, Springbok News, Springboks • 1746 Views • Comments Off on DIS TOETIE MET DIE REGTE SPRINGBOK MOETIE! #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

“Hy is ‘n goeie afrigter…hy verdien om daar te wees. Ek het baie van die vorige ou (Meyer) gehou, maar dis ‘n baie taai omgewing waarin jy jou werk moet doen.”- Steve Hansen, All Black afrigter.

Simon Riekert #Pale toe

Vandeesweek het SARU uiteindelik daarin geslaag om die mees swak bewaarde geheim in Suid Afrikaanse sport te onthul met die bekendmaking van die naam van die Springbok afrigter.

Skaars ‘n paar uur na die aankondiging, wemel Twitter en die internet van beskuldigings oor rassisme en politieke stereotipies.

Allister Coetzee stap in die spore van Heyneke Meyer, Peter de Villiers en Jake White en alhoewel ons hom van harte sterkte en geluk toewens, het sy aanstelling meer onbeantwoorde vrae gelaat.

Hy is Springbok afrigter nommer 13.

Dit was veral die geval tydens die vrae-en antwoord sessie by Supersport se ateljees in Randburg, waar Coetzee aan die media voorgestel is.

Oregan Hoskins, SARU se President en die Hoof Uitvoerende Beampte, Jurie Roux het bloed gesweet om die ongemak van transformasie aan te spreek.

Toetie, daarenteen het heel gemaklik en selfversekerd gelyk en geklink: “ transformasie is ‘n geleentheid en om Toetse te wen is ‘n prioriteit met ‘n inklusiewe span.”

Hy het verwys na sy persoonlike sukses met die Stormers en gesê hy sal daardie bloudruk weer gebruik.

Hoskins en Roux het daarna verwys dat die kriteria vir transformasie nie net op SupeRugby vlak lê nie, maar van voetsoolvlak af bestuur word.

Volgens Roux is daar statistiek wat weekliks deur beamptes gekontroleer word om te sien waarheen unies op pad is met transformasie.

Hoskins het die Cheetahs, Sharks, Bulls en Lions uitgesonder as unies wat nog nie genoeg getransformeer het nie.

Dat Coetzee in ‘n leeukuil instap is ‘n vulletjie-stelling.

Aan die een kant is hy as swart afrigter, ongetwyfeld die beste gekwalifiseer om die Bokke af te rig. Aan die ander kant moet hy sy werkgewer, SARU- wat tradisioneel sukkel om uit die blokke te kom as dit by kreatiewe bestuur kom, gelukkig hou.

Met ‘n Minister van Sport, Fikile Mbalula wat seker die grootste politieke naris is wat in jou nek blaas, lê ons simpatie opreg by Toetie. Hy moet letterlik hemel en aarde beweeg om by ‘n gelykbreekpunt uit te kom.

Asof die mengsel nog nie genoeg brand nie, is daar die unies en ondersteuners wat met groot verwagting uitgesien het dat Johann Ackermann en Swys Joubert van die Lions se breinkrag ingespan word vir die Groen-en-Goud.

Helaas, dit het nog nie gebeur nie en al is daar spekulasie dat die deur nog oop is vir briljante rugby breine soos Nick Mallet en Ackermann, bly dit net bespiegelings.

Intussen het Mbalula en die politieke Peter Pan, Julius Malema die Twittersfeer betree en helse gal gebraak oor ‘n Zapiro spotprent wat Donderdag verskyn het.

Die spotprent wys Coetzee wat na twee rugbyballe gryp, die een genaamd “transformasie” en die ander “wen” en Zapiro word deur die twee politici as rassisties uitgekryt. (http://ewn.co.za/Media/2016/04/15/Zapiro-tackles-criticism-of-Allister-Coetzee-cartoon)

Die realiteit wat ons soms aspris miskyk, is dat lande soos Nieu Seeland weet wat hier aangaan.

Steve Hansen, hoofafrigter van die All Blacks het gister aan die Nieu Seelandse Radio Sport gesê dat Coetzee sal sukkel om af te rig onder ‘n kwota stelsel.

Hansen is positief oor Coetzee: “hy is ‘n goeie afrigter…hy verdien om daar te wees. Ek het baie van die vorige ou (Meyer) gehou, maar dis ‘n baie taai omgewing waarin jy jou werk moet doen.

“Dis soms moeilik vir hulle want hulle het ‘n kwota stelsel en soms dink ek hulle kies nie die beste spelers nie,” het Hansen gesê.

Lees meer hier: http://www.rugbyweek.com/hansen-coetzee-will-struggle-bok-coach-quotas/#ixzz45uMPqHCH

Hoe dit ook al sy, Coetzee het ervaring as afrigter by die Springbokke en soos Hoskins dit probeer benadruk het, dit help baie.

Ons wens hom alles van die beste toe.

Miskien is afrigter nommer 13, die gelukkige een.

 

Foto: Anton Geyser

Related Posts

« »