DRIEDUBBELE SLAG VIR DIE BULLS

May 15 • General News, National, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby News • 2606 Views • Comments Off on DRIEDUBBELE SLAG VIR DIE BULLS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Kaptein van die Bulls, Burger Odendaal breek weg met die bal ©Ronel Cronje

Kaptein van die Bulls, Burger Odendaal breek weg met die bal ©Ronel Cronje

Drie van Bulls se staatmakers, Lood de Jager(slot), Lizo Gqoboka(loskopstut) en kaptein Burger Odendaal(senter en kaptein) sal nie saam toer na Buenos Aires nie.

Die Bulls speel Saterdag teen die Jaguares en daar is reeds gister bekendgemaak dat de Jager en Gqoboka vir ten minste ses maande buite aksie gaan wees.

Die slegte nuus het egter nie opgehou nie, toe die breier van die span, John Mitchell Dinsdag middag bekendgemaak het dat die kaptein, Burger Odendaal nie saamgaan nie.
“Hy het sy ribbes in die Sharks wedstryd beseer en vanmiddag se oefening was nie goed vir die besering nie, dit het vererger. Ons het as voorsorgmaatreël besluit dat hy eerder agterbly en herstel.
Hy word vervang deur JT Jackson en Handré Pollard neem die kapteinskap oor.
Die groep bevat twee spelers wie nog nie vanjaar Superrugby gespeel het nie, Edgar Marutlulle (31 vorige Super wedstryde) en Matthys Basson, die groentjie.
Mitchell het ʼn ekstra stut, haker en skrumskakel ingesluit in die groep.
“Ons is bewus van die erns van hierdie wedstryd. Ons durf ʼn span aan wat met groot selfvertroue speel en dit gaan ʼn reuse taak wees om hulle tuis te wen. Nieteenstaande, ons het doelwitte gestel en ʼn wen in Buenos Aires, sal ons een tree nader bring aan die doelwit. Ons weet wat word van ons verwag,” het Mitchell Dinsdag middag gesê.

Die toerspan van 26 is soos volg:
Agterspelers: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Johnny Kotze, Divan Rossouw, Jesse Kriel, JT Jackson, Handre Pollard (kaptein), Manie Libbok, Embrose Papier, Ivan van Zyl, André Warner.
Voorspelers: Themelani Bholi, Nick De Jager, Roelof Smit, Marco van Staden, Jason Jenkins, RG Snyman, Handre Stassen, Trevor Nyakane, Conraad van Vuuren, Matthys Basson, Mox Mxoli, Frans van Wyk, Jaco Visagie, Edgar Marutlulle, Adriaan Strauss.

Related Posts

« »