Eddie Fredericks in Vodacom Cup teen SWD Arende

Mar 7 • National, South Africa, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 5508 Views • Comments Off on Eddie Fredericks in Vodacom Cup teen SWD Arende

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Toyota Free State Cheetahs

Eddie Fredericks in Vodacombeker teen SWD Arende

In reaksie op navrae oor die insluiting van Eddie Fredericks in die Vodacombeker-span het Vrystaat Rugby die volgende verklaring uitgereik.

Eddie Frederick is in die Vodacombeker span ingesluit aangesien daar ‘n dringende tekort aan spelers met ervaring op daardie vlak is om die Vrystaat te verteenwoordig.

Die rede daarvoor is dat die Universiteitspanne (Kovsies en SUT) en die Gemeenskapsbekerspanne (Polisie en Crusaders) eerste keuse op spelers het en so ook die “Young Guns” van Kovsies.  Benewens dit toer die Toyota Cheetahs tans met vier ekstra spelers in die groep, waaronder vier potensiële vleuels is.

Dit beteken dus dat nagenoeg 160 top spelers nie vir die Vodacombeker beskikbaar is nie en dat spelers soos Cameron Jacobs nog op die krukkelys is.  Die beleid van Vrystaat Rugby is dus om die genoemde spanne te ondersteun en die top spelers vir hulle beskikbaar te stel.  Om die Arende in George, wat oor ‘n volle Curriebeker span beskik, te pak benodig Vrystaat ervaring en derhalwe is Fredericks vir ‘n wedstryd of twee ingesluit.

Fredericks is ‘n ervare en gesoute vleuel en het verlede jaar nog klubrugby vir Crusaders gespeel en is top fiks.

Related Posts

« »