EMBROSE: “EK IS NIE NET GOED OP PAPIER NIE”

Jul 9 • General News • 1409 Views • Comments Off on EMBROSE: “EK IS NIE NET GOED OP PAPIER NIE”

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Loftus Versveld

Aan die begin van die 2018-SuperRugbyseisoen, toe John Mitchell nog die septer op Loftus Versveld geswaai het, was daar op ʼn dag ʼn belangrike besluit geneem: raak ontslae van Rudi Paige wie lank in die tand is en soek ʼn nommer een skrumskakel.

Mitch het nie lank rondgesoek nie, inteendeel hy het al geweet dat hy ʼn rowwe diamant by name Embrose Papier in sy midde het.
Toe reeds het Mitchell , Papier as ʼn wêreldklas speler beskou.
Rassie het Mitch geëggo: “Embrose is ʼn man waaroor ek baie opgewonde is, veral as die spel oopvlek, hy is so vinnig soos weerlig, moontlik een van die vinnigstes in die span, en dan sluit ek Aphiwe Dyantyi, S’bu Nkosi en Jesse Kriel daarby in…hy’s so vinnig soos weerlig, hy kan ʼn wedstryd aanjaag.
“Natuurlik, op sy ouderdom is daar aspekte waaraan hy moet werk, soos sy aangeë en sy posisionele skoppe, maar hy lak baie goed en verstaan die verdegingspatroon en is ʼn natuurlike aanvaller.”

Intussen is Mitch weg by die Bulle, Pote Human het met gemengde sukses oorgeneem by die Blou Span en Embrose is ʼn jaar of wat langer op die span se salarisrekening, sonder dat hy noemenswaardig kon werk aan die leemtes wat die SA Rugbyghoere, Rassie Erasmus voorsien het.

Tewens, Embrose sou grappenderwys na sy Bulls-afrigter kon verwys as hy na die mees gehate posisie in die span kyk: die man wie die SuperRugby- Bulls span se reserwebank splinterboud kan sit.

Toe kom Rassie se verrassing. Hy kondig ʼn oefengroep aan sonder Embrose Papier. Die einste Embrose wie se lof hy so ʼn paar maande gelede besing het; weerlig-vinnige Embrose.

Ek praat Maandag-middag met hom, skaars ʼn hanetreetjie van waar die Springbokke regmaak vir hul eerste wedstryd in vanjaar se Rugbykampioenskapsreeks, by Loftus se B-veld: “ek respekteer enige afrigter se besluite oor die spelers wat hy wil gebruik, soos by die Bulle ook, as hy iemand bo my kies, ek sal nog altyd my beste gee.
“Ek glo daar’s nog baie manne wat hand opsteek vir die Springbokke, ek ook.”

Papier is filosofies oor sy kanse vanjaar in die Curriebeker-reeks en selfs vir ʼn plek in die Springbokspan; “ enige ou sal wil speel om selfvertroue te kry, enige ou sal vir sy span wil uitdraf en as ek tyd kry in die Curriebeker (reeks), kan ek myself meer bewys. Ek het min speeltyd (in SuperRugby) gekry, ek het maar elke game gevat soos ek hom gekry het.”

Verlede Vrydag, in ‘n opwarmingswedstryd teen die Phakisa Pumas, het Papier goed gelyk in sy posisionele spel, waar hy juis goed kombineer met Manie Libbok, nog ʼn vonds van die Blou Bulle. Papier en Libbok is ʼn kombinasie as skakelpaar wat sedert hulle O-19 jaar strek: “ja, ek en Manie kombineer goed, ons kom van O-19 en SA-skole tyd af, so ons verstaan mekaar se spel goed, ons kommunikeer goed en dit sal lekker wees om weer saam met hom te speel.”

Maar hy is teleurgesteld oor sy SuperRugby-jaar; “ dit was ʼn op-en-af jaar en ek kyk baie waar kan ek verbeter as ek weet waar ek moet verbeter, dit was vir my frustrerend dat daar nie baie speelkans vir my was tussen drie skrumskakels by die Bulls nie. Alhoewel ek die afrigter met sy keuses respekteer, was daar tye toe ek gevoel het dat ek ʼn goeie game gehad het en dan word ek nie vir die volgende game gekies nie. Dit het baie met my selfvertroue rondgespeel, dit was een game goed en dan word ek uitgelaat en dan sukkel ek weer met my selfvertroue, ek voel geroes.”

Die Curriebeker kompetisie beteken vir hom baie. Hy weet dat elke unie sy beste wil lewer en elke speler koop in om te wen.
“Daar is baie ander goeie skrumskakels teen wie ek sal speel, ouens wat enige tyd hul hand kan opsteek vir die Bokke, ek het ʼn geleentheid om weer te speel en myself te bewys. Om die Bokke hier (op Loftus) te sien oefen het my baie gemotiveer en om alles te gee om weer in die Bokspan te kan speel.”

Embrose glo dat die Blou Bulle ʼn goeie span het om ver te gaan in vanjaar se verkorte Curriebeker-reeks; “ ons het ʼn jong span wat saam speel en as ons goed kombineer, is daar goeie kanse vir ons, ons was verlede jaar ongelukkig teen WP en ek dink daar is ʼn paar manne wat laasjaar gespeel het en die saak wil regstel.”

Die WP-span het heelwat van die SuperRugby-spelers wat ingesluit kan word en vir hom is dit ʼn uitdaging om hierdie jong Blou Bul-span teen die Kapenaars op Nuweland te sien; “ dit gaan hard wees, dit gaan tradisioneel voorlangs uitgesorteer word, vaste fasette oorheers en die strukture in plek hou, sal suksesvol wees. Curriebeker is baie meer uit fasette saamgestel, meer vloeiend en hard en dit is waar iemand kan wys wat in hom steek.”

Pote Human, afrigter van die Curriebeker span sal wys wees om hierdie jong skrumskakel baie meer wedstrydtyd te gee as in die SuperRugby-reeks.
Embrose Papier steek gedurig sy hand op.


*Die Blou Bulle speel Saterdag middag om 17:15 teen die WP op Nuweland in die eerste ronde van vanjaar se kompetisie.

Embrose Papier breek weg met die bal in die Bulls se laaste tuiswedstryd van die 2018-SuperRugby toernooi. ©Ronel Cronje

Related Posts

« »