EMIRATES LIONS: DIE BRUL IS WEG

Mar 12 • General News • 1096 Views • Comments Off on EMIRATES LIONS: DIE BRUL IS WEG

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

Die Emirates Lions speel Saterdag-oggend om 05:25 op Eden Park teen die Blues in die sewende ronde van vanjaar se SuperRugby-toernooi.
Die Lions se brul was tot dusvêr maar net so effentjies.
Nie een span se nekhare rys as jy die Lions se naam noem nie.

Na Johan Ackermann het Swys de Bruyn goeie sukses met die span behaal, maar die aanstelling van Ivan “Cash” van Rooyen is ’n voorbeeld van kortsigtigheid by die administrateurs.
Van Rooyen was die Lions se kondisioneringsafrigter en het na die vertrek van de Bruyn, die hoofafrigters jôppie gekry.
Die probleem met van Rooyen is dat hy nie ’n hoofafrigter is nie, altans nog nie. Net soos sy broeders anderkant die Jukskei, was Nollis Marais en Pine Pienaar ook nie hoofafrigters materiaal vir die Bulle se senior spanne nie.
Dis nie te sê dat Cash nie in ’n goeie hoofafrigter kan ontwikkel nie, maar met die ewe onervare Julian Redelinghuys en Warren Whiteley , voormalige kookwater spelers by die Lions, kort jy ervaring en diepte.

Maar desnieteenstaande, kan die trotse unie die groot skip omdraai, beter begin speel en die wenne begin inryg?

Die druk van die laaste plek op die punteleer is groot, vra maar vir die verdedigingsafrigter Sean Erasmus.
Erasmus het na aanleiding van ’n paar joernaliste se vrae, meer duidelikheid gegee oor die Lions se instansies teen die Blues, komende Saterdag.

Hier volg die vrae en antwoorde:

1. Daar is ’n groot aantal drieë afgestaan, gee ons jou insigte wat veroorsaak die hoë totaal?:

Ons het aan interne aspekte aandag gegee om minder drieë af te staan, ons is bewus daarvan dat ons vêr oor verwagte totaal van opposisie drieë is.

2. Het julle ’n nuwe verdedigingsplan wat almal nog vertroud mee moet raak?
Ons verdedigingsplan is gebaseer op opkom in lyn en verdedig uit die lyn en ek voel ons het die laaste paar weke met hierdie plan geslaag, ons moet werk aan die spasiëring wat tans te wyd is. Met moderne verdedigings planne, gaan die meeste spanne al hoe wyer in aanval en verdediging en ons kan daar ’n bietjie beter doen. Wat een-op-een verdedigingspatrone aan betref, dit is ’n bou proses met spelers se selfvertroue en dis iets waaraan ons hard werk. Ek is tevrede met van die individue se vordering.

3. Die Blues sal die Lions teiken op verdediging, aangesien dit ’n swak punt is. Wat verwag julle van hulle?
Die Blues het opwindende spelers op vleuel en ek is seker dat hulle ingespan sal word, dit is iets wat ons verwag en voor voorberei. Soos ek gesê het, ons sal ons spasiëring op verdediging moet opknap en ons het hierdie week hard daaraan gewerk.

4. Is daar druk om te presteer en hoe beïnvloed dit julle voorbereiding?

As deel van die Emirates Lions wil ons graag ons trots uitdra en ons beskou ons vertonings tans as nie goed genoeg nie, ons het hard gewerk aan alle aspekte waarin ons moet verbeter en ek is trots op die manne se harde werk aan die planne en aan hul individuele tekortkominge. Ons sien uit daarna om beter vertonings te gee elke naweek.

5. Kan hierdie skip omgedraai word?

Ek is baie opgewonde oor komende Donderdag se verdedigings sessie, ons het baie video en individuele voorbereiding gedoen, goeie en-op-eens met die spelers en daar is baie meer klarigheid wat ons wil bereik vandeesweek. Ons gaan hard bly werk en uitsien na die naweek Die Emirates Lions is ’n trotse groep manne en ons sien uit om ’n beter vertoning hierdie komende naweek te lewer.

Die Lions se 2020 vertonings lyk tot dusvêr so:

Rebels 37         Lions 17
Waratahs 29    Lions 17
Lions 30           Stormers 33
Lions 27           Reds 20
Jaguares 38     Lions 8

Toe die Emirates Lions nog die die goue span van weleer was: kaptein Warren Whiteley en hoofafrigter Swys de Bruyn
Foto: @Nader_pale_toe

Related Posts

« »