Franse Flair maak buiging vanaf plaasvervangersbank vir Regent Boland Kavaliers

Jun 25 • Currie Cup F.Div, Currie Cup F.Div News, General News • 5824 Views • Comments Off on Franse Flair maak buiging vanaf plaasvervangersbank vir Regent Boland Kavaliers

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Len Olivier (tweede van regs) staan hier saam met die Hoof Uitvoernede Beampte van die Boland Rugby Unie, Willie Small (links), president van die Boland Rugby Unie Francois Davids en Boland se direkteur van afrigting Eugene Eloff.

Die Regent Boland Kavaliers se nuwe losskakel-aanwins, Leonard (Len) Olivier, het Maandag by die span aangemeld ter voorbereiding vir die Absa Curriebeker Eersteliga seisoen en sal Saterdag vanaf die plaasvervangersbank diens doen teen die Luiperde op die Boland Stadion.

 

Die voormalige Blou Bulle, Valke en Haaie losskakel het sedert 2010 klubrugby in Frankryk gespeel, waar hy die afgelope twee seisoene vir die klub Colomiers uitgedraf het.

 

Eugene Eloff, Direkteur van Afrigting van die Regent Boland Kavaliers, gaan wel drie nuwe spelers – JC Astle (slot), Ricky Schroeder (skrumskakel) en Rynard Erwee (buitesenter) – van meet af in die beginspan loslaat. Die stut Sabela Nhlapo sal saam met Olivier van die plaasvervangersbank af speel.

 

Van die vyf spelers wat nie verlede week oorweeg was vir die vriendskaplike wedstryd teen die Westelike Provinsie nie, weens hul verpligtinge by die SA Presidents XV-tal, sal Zandré Jordaan (agtsteman) en Jacquin Jansen (heelagter) in die beginspan uitdraf, met Lucky Kebe (skrumskakel) wat van die bank af sal diens doen. Ashton Constant (stut / haker) en Ricardo Croy (losskakel) herstel onderskeidelik van ‘n lies- en skouer besering.

 

‘n Opwindende insluiting in die beginspan is Eric Zana op losskakel. Met Croy wat beseer is en Olivier wat verlede week nog in Frankryk was, het Zana sy geleentheid met beide hande gegryp toe hy kans gegun is in die beginspan teen WP.

Related Posts

« »