GAAN DIT VIR COETZEE ‘N LANG EUROPESE WINTER WEES?

Nov 10 • Europe, General News, International, National, Pale Toe, South Africa, Springbok News, Springboks • 4514 Views • Comments Off on GAAN DIT VIR COETZEE ‘N LANG EUROPESE WINTER WEES?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Die Springbokke sal baie van hierdie tonele wil hê eerskomende Saterdag Foto: Gordon Arons

Die Springbokke sal baie van hierdie tonele wil hê eerskomende Saterdag Foto: Gordon Arons

Simon Riekert-Johannesburg

Die Springbokke begin hul 2017-uitgaande toer na die noorde met ʼn wedstryd teen die Iere. Daar was lanklaas soveel verskille oor die Bokke se kanse teen ʼn span wat die afgelope paar jaar ʼn radikale transformasie ondergaan het.
Joe Schmidt se Iere is nie verniet vierde op die IRB se ranglys nie, hulle is daar omdat hulle dit verdien. Suid Afrika lê vyfde.
Die geskiedenis tussen hierdie twee rugbylande begin op 24 November 1906 by die Balmoral Showgrounds, Belfast in Ierland. Suid Afrika wen daardie dag 15-12. Sedertdien speel die spanne 26 keer teen mekaar en die Bokke was 9 keer aan die wenkant as hulle in Ierland speel, en wen 9 keer tuis. Hulle speel eenkeer gelykop. Saterdag speel hulle die 16e keer in Ierland.

Daar is oud spelers wat reken dat die Bokke geen kans staan om te wen nie. Die oud Vrystaatse- en Springbok haker, Ollie le Roux meen Allister Coetzee weet nie hoe om die Bokke af te rig nie.
Naas Botha sê dis nie kwotas se skuld dat die Springbokke as die niegunstelinge opdraf teen die Iere nie. Dis omdat die spelers nie meer basiese skills het nie, hy weet, hy het die laaste uitspeelwedstryde van die 2017-Curriebeker dopgehou.
Intussen het Ollie sy gebruiklike onkant opmerkings gemaak oor ons rugby.

En ons is glad nie kleinserig oor ons tekortkominge nie, ek meen te sê, ons is die vyfde beste in die wêreld. Hoe kan die meulsteen steeds vasklou, verbeel ek my sê Allister vanaand voor hy gaan slaap.
Een van die feite van ons rugby is dat dit die gees van die gemiddeldes weerspieël.
Gaan dit byvoorbeeld sleg met die Bulle in die laat 90’s vroeë 2000’s verkoop die Rapport nie op ‘n Sondag nie; wel so vertel ‘n oud-kollega.
Ek het nie gevra oor die huidige tyd nie, want as Loftus leeg is omdat die Bulle swak speel, verkoop die Huisgenoot seker ook nie.
Ditto met die WP.

Maar hoe ookal ‘n oud-Springbok probeer om sy naam bokdrol maak, gaan dit eintlik om ons verlore rugbykrag na die vervloekte 2016-seisoen.

Die Bokke het vanjaar slegs eenkeer verloor, en met een punt teen die All Blacks na ‘n godskreiende, skandalige verloor van 57-0.

In Nieu Seeland.

Dis egter ‘n ander storie as die Bulle…uhmmm Bokke toer. Dan raak die diere mak.

Die statistieke wys dat die Bokke slegs eenkeer op toer kon wen sedert die 2015-wêreldbeker, en dit teen ʼn mankoliekige Argentinië in hierdie jaar se Augustus.

Toe die Bokke laas Europa-toe is, het hulle teen die Engelse gaan verloor-die eerste keer in 10 jaar, teen die Italianers (vir die eerste keer) en teen Wallis na 110 jaar.

Toegegee, 2016 was een van die jare toe al hoe meer spelers tuisbodem verlaat het, beserings, patetiese keuses by spansamestelling, speler spel wat aan die belaglike grens en optel na die prys wat jy vir die gemors betaal: geen selfvertroue nie.
Sonder om Allister en sy afrigtingskorps met handskoene te hanteer, die groot toets vir die baba treë wat vanjaar gemaak is, kom Saterdag.

Intussen speel die Bokafrigters musical-chairs, want Johann van Graan loop halfpad deur die Boktoer Munster-toe, Rassie Erasmus kom van Munster af tuis om SA Rugby te red en Jacques Nienaber kry ʼn hoëprofiel afrigtingsjoppie.

Sou Coetzee en sy span op hierdie toer in die hek duik, sal die “ek-het-jou-gese-groep” wat simpatiek staan teenoor oud-haker Ollie le Roux se uitsprake oor Coetzee en die Bok, lood in hul potlode hê.
Daar is vier Toetse wat wag en hulle begin met die kluitjie-span, Ierland.

Die geskiedenis wys dat die Bokke voor 2004 slegs eenkeer teen die Iere verloor het.

Volgens Coetzee se boodskap aan die media, het die Bokke geleer uit hul November 2016 riller.

“Die Iere gaan ons toets met lugskoppe en Johnny Sexton en Connor Murray is uitstekende strategiese skoppers.
“Drie punte in die noordelike halfrond kan ʼn wen of verloor beteken en dis maklik om met goeie balbesit die pale te laat praat.”

Dis koud en nat in Europa, en in Dublin wag ʼn lojale skare wat hulle Ierse span met elke stukkie geesdrif sal aanmoedig.

Coetzee het die kenmerklike prentjie van selfvertoue probeer uitstraal, maar gaan dit vir hom, wat tereg onder die vergrootglas is, ʼn koue, eensame winter wees?

Die Toets begin om 19:30 SA tyd.

Spanne:

Ierland
15 Rob Kearney, 14 Andrew Conway, 13 Robbie Henshaw, 12 Bundee Aki, 11 Jacob Stockdale, 10 Johnny Sexton, 9 Conor Murray, 8 CJ Stander, 7 Sean O’Brien, 6 Peter O’Mahony, 5 Devin Toner, 4 Iain Henderson, 3 Tadhg Furlong, 2 Rory Best (kaptein), 1 Cian Healy

Plaasvervangers: 16 Rob Herring, 17 Dave Kilcoyne, 18 John Ryan, 19 James Ryan, 20 Rhys Ruddock, 21 Kieran Marmion, 22 Joey Carbery, 23 Darren Sweetnam

Suid Afrika
15 Andries Coetzee, 14 Dillyn Leyds, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Francois Louw, 7 Pieter-Steph du Toit, 6, Siya Kolisi, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth (kaptein), 3 Coenie Oosthuizen 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira

Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi , 17 Steven Kitshoff, 18 Wilco Louw, 19 Franco Mostert, 20 Uzair Cassiem, 21 Rudy Paige, 22 Handre Pollard, 23 Francois Venter

Related Posts

« »