Griekwas kies Wehr nuwe kaptein

Feb 19 • General News, Vodacom Cup • 2823 Views • Comments Off on Griekwas kies Wehr nuwe kaptein

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die flank Wendall Wehr neem die Griekwas se kapteinskap Vrydagaand in George oor wanneer hulle die Arende na ‘n weeklange oefenkamp in Suidkaap aandurf.

Wehr neem die leisels by die slot Hugo Kloppers oor met die voormalige Pumakaptein JW Jonker die eerste keer in die Griekwas se middelveld.

Jonker, die losskakel Francois Brummer en die agtsteman Carel Greeff, begin nadat hulle in die voorseisoen saam met die Cheetahs se Supergroep geoefen het.

Brummer begin dus voor twee ander losskakel-aanspraakmakers, Dean Grant en Clinton Swart, wie weens die fisieke aard van hul spel dalk ook op binnesenter suksesvol sal wees.

Wehr se leiersrol spreek boekdele vir die flank wie vanjaar ‘n groot impak behoort te maak.

Die agterlyn is met Jonker se inslkuiting en Johnathan Francke, Danie Dames en Gouws Prinsloo, veral giftig.

Griekwas teen Arende: Gouws Prinsloo; Danie Dames, JW Jonker, Johnathan Francke, Ntabeni Dukisa; Francois Brummer, Abrie Griesel; Carel Greeff, RJ Liebenberg, Wendal Wehr ©, Hugo Kloppers, Jonathan Janse van Rensburg, Stephan Kotzé, Sidney Tobias, Luxolo Koza. Reserwes: Martin Bezuidenhout, AJ le Roux, Wiseman Kamanga, Steph Roberts, Doctor Booysen, Burger Schoeman, Steff Malan, Poerie van Rooyen, Dean Grant, Clinton Swart, Jacquin Jansen, PJ Vermeulen, Rocco Jansen.

Artikle: Griekwas FB

Related Posts

« »