Griekwas mik nou suid

Feb 5 • General News, Vodacom Cup • 2698 Views • Comments Off on Griekwas mik nou suid

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Griekwas is vanjaar die eerste keer in die Suidelike afdeling van die Vodacomreeks ingedeel nadat hulle agt jaar agtereenvolgens saam met die noordelike unies gespeel het.

Die Vodacombekerkampioene het tot die skuif toegestem nadat Kenia hom op die nippertjie na aan die kompetisie onttrek het.

Griekwas is nou saam met die Westelike Provinsie, die Oostelike Provinsie, die Sharks XV, die Vrystaat, die Arende, die Boland en die Grens by die suide ingedeel.

Die Namibiese Welwitchias is by die noordelike spanne ingedeel en as ‘n spesiale vergunning om hulle vir die Wêreldbeker voor te berei sal hulle al hul wedstryde in Windhoek speel.

Die Leeus, Blou Bulle, Pumas, Luiperds XV-tal, Valke, Griffons, Limpopo Bulle en die Welwitchias speel almal in die noorde.

Die kompetisie skop reeds op 6 Maart af vir die spanne in die noorde en die Griekwas begin nou eers op 21 Maart met ‘n wedstryd in Port Elizabeth teen die OP.

Die Poubloues het net drie tuiswedstryde, teen die Grens, die Westelike Provinsie en die Vrystaat.

Griekwas Facebook

Related Posts

« »