HEYNEKE MEYER SE BEKER LOOP OOR #PaleToe

Nov 6 • General News, International, Pale Toe, Springboks • 1939 Views • Comments Off on HEYNEKE MEYER SE BEKER LOOP OOR #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Soos sy voorgangers, drink Meyer teug vir teug uit die berugte gifbeker: dié van die hoofafrigter van die Springbokke, sê Simon Riekert van # Pale Toe!

 

Vandag is bekend gemaak dat SARU hul algemene raadsvergadering aanskuif na 11 Desember en dat Heyneke Meyer se afrigterslot eers die week van 14 Desember bekend sal wees. Oorspronklik sou dit op die 4e bekend gewees het of hy aanbly. Maar klaarblyklik is hy nie te bekommerd nie.

ʼn Verdere “maar” is of Suid Afrikaanse rugby hom rêrig wil terughê?

Soos sy voorgangers, drink Meyer teug vir teug uit die berugte gifbeker: dié van die hoofafrigter van die Springbokke.

Met die Springbokke se sukses in die Kitch Christie-era was daar hoop dat die kompromieë wat aangegaan is in die era onder die Presidentskap van Nelson Mandela, sou bly voortbestaan, maar helaas dit het nie lank geduur voordat Christie se opvolger, Andre Markgraaf weens sy gebruik van die “k”-woord die trekpas gekry het nie.

Carel du Plessis, “prins van vleuels” het weens sy onervarendheid korter as ʼn jaar geduur en is opgevolg deur Nick Mallet. Mallet, een van die mees suksesvolle afrigters van die Bokke. Mallet wat bekend is vir sy uitgesprokenheid, het sy werkgewer in 2000 van “gierigheid” beskuldig omdat hul Drienasies-toetskaartjies teen ʼn hoër prys verkoop het.

Toe volg Harry Viljoen, Rudolph Straeuli en Jake White. White se 67% sukses met die Bokke, maak hom ook een van die meer suksesvolstes. Maar nie sonder kontroversie nie.

White was op die loopplank vir die poging om President Thabo Mbeki te spreek na aanleiding van “instruksies” dat hy (White), Watson op Mbeki se aandrang in sy Springbokspan moes insluit. White se koel verhouding met die vise-president van SARU, Mike Stofile was waarskynlik die grootste rede waarom hy nie na 31 Desember 2007 weer genooi is om vir die afrigterspos aansoek te doen nie.

Die rol van die ANC in die aanstelling van die afrigter was nog nooit so op die spits gedryf as die tyd toe Peter de Villiers die pos, eerder as Heyneke in 2008 gekry het nie.

“Ek soek nie ʼn swart man wat nie na my sal luister nie, ek soek na ʼn witte wat ek kan rond order”, sê de Villiers van die destydse ANC LP Cedrick Frolick in sy outobiografie.

Dit en die feit dat hy deur Oregan Hoskins, President van SARU as die “eerste swart afrigter, met inagneming van transformasie in rugby” verwelkom is in 2008.

De Villiers was suksesvol (62%), maar tot nou toe nog kontroversieel op alle terreine.

Net soos de Villiers gedoen het, en homself later probeer uitpraat het uit die feit dat hy die ANC steun, het Meyer ook nou die dag die politieke terrein openlik betree.

“Ek weet die ANC steun my”, het hy gesê na die All Blacks die maatstaf vir professionaliteit nie net in rugby nie, maar in sport kom onderstreep het.

“Graham Henry was onder geweldige druk in 2007 se Wêreldbeker toe die span in die kwarteindrondte uitgeval het. Nieu Seeland stel baie hoë eise, maat hulle het besluit om hom en sy afrigtingspan te behou.

“Ons moet strukture ontwikkel waarin ons rugby kan floreer. Ek wil deel wees van die oplossing”, het Meyer verlede Dinsdag gesê.

“Ek sal selfondersoek doen, en as ons dit wil verbeter moet ons as afrigters die voortou neem.

“Ons vertoningslys die afgelope vier jaar is die naasbeste in vergeleke met die All Blacks. Ons kon die All Blacks amper klop sonder om werklik goed te vertoon.

“Ons kan nie sê ons het nie dinge die afgelope vier jaar bereik nie”.

Meyer wag dus, soos ons, met of sonder die ANC se hulp op 14 Desember.

Al kry hy die pos tot 2019, wil Suid-Afrika hom terughê?

 

Related Posts

« »