HITTE IN DIE BOSVELD EN EMOSIE IN DIE KAAP: WIE GRYP DIE CURRIEBEKER SOLANK MET EEN HAND?

Jan 22 • General News • 1009 Views • Comments Off on HITTE IN DIE BOSVELD EN EMOSIE IN DIE KAAP: WIE GRYP DIE CURRIEBEKER SOLANK MET EEN HAND?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Centurion

Dis wen te alle koste vir enigeen van die vier groot spanne hierdie naweek, wanneer die Carling Curriebeker se halfeindstryde gespeel word in Pretoria en Kaapstad.
Die Vodacom Bulls speel gasheer vir hul Jukskei-bure, die Xerox Lions op Loftus Versveld en die DHL Westelike Provinsie huisves die Cell C Sharks vir oulaas op Nuweland, mits die permutasies nie weer inskop nie!

Die puntetabel voorlopers, die Bulls, kan indien hulle die Lions klop, vir die eerste keer sedert 2009 in ‘n tuiseindwedstryd op Loftus speel.
Verloor hulle, sal die Leeus óf na Kaapstad óf na Durban reis vir die eindstryd.

Hittige stryd op Loftus Versveld voorspel.

Toe Owen Loftus Verveld, jong Pretoriase prokureur daar was by die opening in 1923 van die stadion in Arcadia wat na hom vernoem is, kon hy hom seer sekerlik nie indink hoe belangrik die stadion in die toekoms vir die unie sou word nie.
Met jare en veral in die Jake White-era het Loftus weer Fort Loftus geword.

As daar motivering vir ‘n oorwinning kortkom, hoef die Bulls net te kyk na die vooruitsig van ‘n tuisfinaal volgende week, agtereenvolgende oorwinnings teen die Lions en die sukses met die SuperRugby-Unlocked reeks.

As die Lions ekstra motivering soek, weet hulle hoe om uitkloprugby te speel onder manne soos Johann Ackermann en Swys de Bruyn.

Hulle weet hoe om wenrugby te speel, en hul huidige afrigter, Cash van Rooyen was deel van die sukses.

Beide spanne is gelaai met ervaring en jeug, Springbokke en Blitsbokke en jong manne wat vir die eerste keer die arena van senior uitkloprugby betree.

Die geskiedenis wys dat die stryd tussen die twee unies al vir jare gelykop loop, veral die laaste vyf jaar. Die Bulle was vyf van die nege keer in Carling Curriebekerwedstryde aan die wenkant, vierkeer op die einste Loftus Versveld.

Jy kan dus seker wees dat daar nie ‘n aks toegegee sal word Saterdag nie.

Hoofafrigter Jake White het David Kriel op heelagter ingesluit en Steadman Gans is terug in die middelveld.
Kurt-Lee Arendse is gekies op regtervleuel en die Springbok skakelpaar Ivan van Zyl en Morne Steyn is in die beginspan.
Die ervaring onder druk sal ‘n groot rol speel wanneer kaptein Duane Vermeulen op die veld draf en op agtsteman sak.

“Ons het gedoen wat ons kan om voor te berei. Ons weet hoe om te wen, ons moet dit gaan doen teen ‘n span wat als teen ons uitgehaal het elke keer as ons teen mekaar speel,” het White vroeër oor Saterdag se vooruitsigte gesê.

Die Lions spog met ses Springbokke in hul span en een op die bank.

Elton Jantjies en Tiaan Swanepoel sal sorg dat die skopskoen goed ingespan word.

Oud Bul-senter en kaptein, Burger Odendaal meen dat dit ‘n geweldige stryd gaan afgee. Hy en Wandile Simelane is saam met Andre Warner (skrumskakel) ingesluit in die Lions se agterlyn.

Ivan “Cash” van Rooyen het besluit om die ervare Jannie du Plessis en oud-Bul Jaco Visagie by die naam van Sti Sithole as voorry op die spanlys in te vul.
Jaco Kriel en Vincent Tshituka is as flanke gekies en Len Massyn op agtsteman.

Spanne:

Vodacom Bulls – 15 David Kriel, 14 Kurt-Lee Arendse, 13 Stedman Gans, 12 Cornal Hendricks, 11 Stravino Jacobs, 10 Morné Steyn, 9 Ivan van Zyl, 8 Duane Vermeulen (kaptein), 7 Elrigh Louw, 6 Marco van Staden, 5 Ruan Nortje, 4 Sintu Manjezi, 3 Trevor Nyakane, 2 Johan Grobbelaar, 1 Lizo Gqoboka. Plaasvervangersbank: 16 Schalk Erasmus, 17 Jacques van Rooyen, 18 Mornay Smith, 19 Jan Uys, 20 Arno Botha, 21 Embrose Papier, 22 Chris Smith, 23 Marco Jansen van Vuren.

Xerox Lions – 15 Tiaan Swanepoel, 14 Stean Pienaar, 13 Wandisile Simelane, 12 Burger Odendaal, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies (kaptein), 9 André Warner, 8 Len Massyn, 7 Vincent Tshituka, 6 Jaco Kriel, 5 Marvin Orie, 4 Willem Alberts, 3 Jannie du Plessis, 2 Jaco Visagie, 1 Sti Sithole. Plaasvervangersbank (vanaf): 16 Jan-Henning Campher, 17 Ruan Dreyer, 18 Carlu Sadie, 19 Reinhard Nothnagel, 20 Wilhelm van der Sluys, 21 Morné van den Berg, 22 Dan Kriel, 23 Francke Horn, 24 Nathan McBeth, 25 EW Viljoen, 26 Ross Cronjé.

Vodacom Bulls v Xerox Lions
Datum: Saterdag, 23 Januarie 2021
Tyd: 14h00
Stadion: Loftus Versfeld, Pretoria
Skeidsregter: Rasta Rasivhenge
Assistent Skeidsregters: AJ Jacobs en Griffin Colby
TMO: Marius Jonker
TV: SuperSport Grandstand and Rugby

Emosiebelaaide uitkloprugby in die Kaap

As jy gedink het die hitte van die bosveldson in Pretoria om 14:00 gaan ekstra energie tap Saterdag, sal die stryd in die Kaap net so fel wees, weliswaar ‘n bietjie koeler, maar op die veld gaan dit kook.

Beide spanne het sewe wedstryde gewen gedurende die seisoen en die wedstryd se omstandighede Saterdag is vir John Dobson effe vreemd, “dis die eerste keer dat ons teen mekaar gaan speel, die vorige keer is in die wiele gery deur Covid, jy kan dit skaars glo.”

Die tuisspan sal vergoed vir die vorige twee keer se verloor teen die Natallers.

Siya Kolisi is terug na Covid, Salmaan Moerat op slot en Ali Vermaak is ingesluit in die beginspan. Vermaak is gekies juis as gevolg van Steven Kitshoff se Covid-status.

“Ons het verdien om in hierdie halfeindstryd te speel en omdat dit die laaste keer sal wees dat ons hier sal speel, tensy die Lions die Bulls klop en ons teen die Sharks seëvier,” sê Dobson.

Thomas du Toit is terug vir die Sharks, Dylan Richardson en Sanele Nohamba is op die bank met Marius Louw (senter) en Springbok vleuel Sbu Nkosi in die beginspan.

“Ons weet hoe sterk die WP in die vaste fasette is, hulle het dit in die kompetisie bewys en ons is gereed vir hulle,” sê kaptein Lukhanyo Am.

Voor die inperkingstyd in SupeRugby, was die Sharks baie suksesvol op die pad.
Kan die Sharks die WP op hul tuisveld oorrompel, of gaan die WP in ’n ander rat inskakel en kwalifiseer vir die Curriebeker-eindronde volgende naweek?

Net tyd sal leer.

Spanne:

DHL Westelike Provinsie – 15 Damian Willemse, 14 Sergeal Petersen, 13 Dan du Plessis, 12 Rikus Pretorius, 11 Angelo Davids, 10 Tim Swiel, 9 Herschel Jantjies, 8 Juarno Augustus, 7 Johan du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 JD Schickerling, 4 Salmaan Moerat, 3 Frans Malherbe, 2 Bongi Mbonambi, 1 Ali Vermaak. Plaasvervangers (vanaf): 16 Scarra Ntubeni, 17 Leon Lyons, 18 Neethling Fouche, 19 Chris van Zyl, 20 Ernst van Rhyn, 21 Jaco Coetzee, 22 Paul de Wet, 23 Ruhan Nel, 24 Sazi Sandi, 25 Tristan Leyds.

Cell C Sharks – 15 Aphelele Fassi, 14 Sbu Nkosi, 13 Lukhanyo Am (kaptein), 12 Marius Louw, 11 Yaw Penxe, 10 Curwin Bosch, 9 Sanele Nohamba, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Henco Venter, 6 Dylan Richardson 5 Ruben van Heerden, 4 JJ van der Mescht, 3 Thomas du Toit, 2 Fezokuhle Mbatha, 1 Ox Nche. Plaasvervangers: 16 Dan Jooste, 17 Mzamo Majola, 18 Michael Kumbirai, 19 Hyron Andrews, 20 Thembelani Bholi, 21 Jaden Hendrikse, 22 Jeremy Ward, 23 Manie Libbok.

DHL Westelike Provinsie v Cell C Sharks
Datum: Saterdag, 23 Januarie 2021
Tyd: 16h30
Stadion: DHL Newlands, Cape Town
Skeidsregter: Marius van der Westhuizen
Assistant Skeidsregters: Cwengile Jadezweni en Aimee Barrett-Theron
TMO: Stuart Berry
TV: SuperSport Grandstand and Rugby

BLOU TOEBROODJIE: Elton Jantjies word vasgevat deur twee van sy Bulls opponente, een daarvan Ivan van Zyl. (Sydney Sehibedi/Gallo Images)
ARENDSOOG: Duane Vermeulen maak vir oulaas reg voordat hy kop insteek by die skrum.
©Gallo Images

Related Posts

« »