HOU DUIMVAS VIR ONS SPANNE

Apr 12 • General News • 1158 Views • Comments Off on HOU DUIMVAS VIR ONS SPANNE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

-Nelspruit

Met die Stormers wie vriend en vyand verras het vanoggend (SA-tyd) met ʼn welverdiende oorwinning teen die Melbourne Rebels (24-41), sal Suid-Afrikaners styf duimvashou vir die Lions, Bulls en Sharks soos wat hulle onderskeidelik sal speel teen die Brumbies, Reds en Jaguares.

Dit gaan nie maklik wees nie en oorgerustheid, soos verlede naweek bewys is op Loftus Versveld, kan plaaslike spanne duur te staan kom.

Die Lions was met hul laaste twee besoeke aan Canberra suksesvol en daar is geen rede waarom hulle dit nie kan herhaal hierdie naweek nie. Daarenteen is die Brumbies nie die mees ondernemende Aussie-span op die rugbyveld nie en sal dit die Johannesburgers goed te pas kom op hul eerste been van die toer na Australasië.
Dit sal egter ʼn perd van ʼn ander kleur wees as hulle nie die stryd van meet af aan voorlangs gaan aanvat nie.

Vir die Sharks beteken die weg-wen teen die Lions verlede naweek in Johannesburg alles.
Hul besoeke aan die hoëveld, veral verder noord teen die Bulls, was vanjaar maar rampspoedig.
Dit is nou die tyd vir die Durbaniete om dit wat verlede naweek gewerk het, uit te bou: selfvertroue, spelers wat op vorm is en ʼn weldeurdagte wedstrydplan.

Robert du Preez, Sharks-afrigter was vol lof vir sy span se vasbyt: “dit was net ʼn kwessie van tyd voordat die span begin kliek,” was sy kommentaar na die 42-5 loesing wat hulle uitgedeel het op Emirates Airline Park.

Du Preez, soos al die ander afrigters, weet dat die sukses van een naweek, niks beteken in die week daarna nie: “ons moet nou net by ons wedstrydplan bly.”

Daar was verlede naweek net ʼn bietjie meer as 7000 toeskouers op Loftus Versveld. As die Bulls nie die gewoonte om reeds vanjaar twee keer op Loftus verloor breek nie, gaan die getal met elke tuiswedstryd daal.

Die span het goed begin, inteendeel dit het gelyk na die ou Blou Bulspan van weleer, maar elders het die span die pad byster geraak.
Handre Pollard, kaptein van die Bulspan was vroeër vandeesweek doodeerlik: “ons moet meer gereeld begin wen as ons dit Fort Loftus wil noem. As ons nie tuis wen nie, sal niemand meer bang wees om Loftus-toe te kom nie. Loftus is spesiaal. Ons het lanklaas gedomineer soos in die ou dae, maar dis nog steeds ʼn wonderlike stadion. Ons moet weer ons respek verdien.”

Diesulkes wie nie stadions toe gaan nie, kan die wedstryde hier kyk:

• Brumbies v Lions   Saterdag 13/4   11:45   SS 1
• Sharks v Jaguares   Saterdag 13/4  15:05   SS 1
• Bulls v Reds             Saterdag 13/4   17:15   SS 1

 

-Simon Riekert

@Nader_pale_toe

 

 

 

 

As spanne weer wen, sal die stadions weer vol raak. ©R15/PaleToe

Related Posts

« »