Hulle bekers loop oor

Jul 12 • General News, SuperSport Challenge • 1638 Views • Comments Off on Hulle bekers loop oor

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Pumas mik Sondag in Oudtshoorn na hul tweede nasionale titel in twee seisoene wanneer hulle die Griekwas in die SuperSport-eindstryd aandurf.

Die Pumas is twee jaar gelede ook as die laaste Vodacombekerkampioen gekroon toe hulle die Westelike Provinsie op Nuweland kafgedraf het.

Hulle spog egter ook met twee Eersteligakampioenskappe toe hulle dié kompetisie in 2009 en 2013 gewen het toe hul onder meer met die SWD en die Oostelike Provinsie klaargespeel het.

Jimmy Stonehouse was albei kere betrokke toe hulle die Eersteliga gewen het.

Die spanbestuurder Marius van Rensburg kan egter spog dat hy al drie kere dat die Pumas silwerware gewen het, in hul hoek was.

Die rekordbreker, De-Jay Terblanche was nog elke keer, in 2009, 2013 en 2015 in die span met die seges.

Hy en Van Rensburg is dus die Pumas se gelukbringers.

MJ Mentz, nou een van die afrigters, was in 2009 op sy pos in die laaste vesting toe die Pumas in Witbank met die SWD afgereken het.

Hy was ook die hoofafrigter toe die Pumas die Vodacombeker twee jaar gelede gewen het.

Related Posts

« »