IS DAAR ‘N HAAS OF HAAN UIT DIE HOED VIR TOETIE, SATERDAG?

Nov 17 • General News • 2270 Views • Comments Off on IS DAAR ‘N HAAS OF HAAN UIT DIE HOED VIR TOETIE, SATERDAG?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
INTERNASIONALE RUGBY - SPRINGBOKKE VS FRANKRYK - GROWTHPOINT KINGSPARK STADIUM - DURBAN  Foto: Gordon Arons

INTERNASIONALE RUGBY – SPRINGBOKKE VS FRANKRYK – GROWTHPOINT KINGSPARK STADIUM – DURBAN
Foto: Gordon Arons

Simon Riekert-Johannesburg

“Hy is in ʼn baie goeie fisiese kondisie en nek glo hy sal ʼn aanwins vir die span wees, ek kan nie wag om hom terug te hê hier by ons vir die Superrugby-reeks in 2018 nie.”
Dit was sowat ʼn maand gelede die mening van die Bulls se afrigter, John Mitchell nadat ons met hom gepraat het oor Handré Pollard se terugkeer na internasionale rugby.
“Kyk, die geluksgodin was beslis nie aan sy kant nie en hy moes baie opoffer vir die beserings wat hy kort-kort opgedoen het.”
Saterdag moet die jong losskakel van die Bulls die knoop deurhaak vir die Springbokke, altemit agterlangs. Dit sal slegs sy derde insluiting in die beginspan wees sedert die Springbokke om die derde plek teen Argentinië moes uitspeel in die 2015 Wêreldbeker-toernooi.
“Ek sal doen wat die afrigter van my vra, dis nog steeds ʼn teerpuntjie (verlede week se rekordnederlaag teen die Iere), maar ons het geleer wat dit verg om in die noordelike halfrond onder geweldige druk te speel,” het Pollard Donderdag uit Parys gesê.
Pollard was nog altyd die spreekwoordelike haas uit die hoed vir afrigters; Heyneke Meyer het hom so behandel in die 2015-Wêreldbeker toernooi en Nollis Marais het dieselfde gedoen toe hy Pollard sy kaptein gemaak het in die begin van vanjaar se Superrugby-toernooi.
“Ons weet hy het potensiaal om die tipe spelskepper te word wat die Bokke nodig het en om spel te dikteer, maar sy ontydige beserings maak dit onmoontlik om die ware Pollard se spelpeil te ontdek,“ het Naas Botha, oud- Springboklosskakel onlangs oor Pollard gesê.
Die algemene gevoel oor Pollard se insluiting in die span is dat hy ʼn onmiddellike verbetering in agterlyn sal bring. Elton Jantjies het vir ʼn geruime tyd reeds nie in daardie rol geslaag nie.
Tog meen Coetzee dat Jantjies nie sondermeer die trekpas sal kry nie, alhoewel hy op die bank is in die wedstryd van die naweek: “Elton het in al 10 Toetse vanjaar begin en hy verbeter goed, maar beide losskakels moet werk aan hul spel in verskillende toestande.”
Voorlangs is die Bokke in die knyp (om dit ligtelik te stel na verlede naweek se Ierse fiasko). Pieter-Steph du Toit wat een van die spelers was wat tot dusvêr nog ʼn verskil die lynstane kon maak, is beseer en die taak rus nou op Vermeulen se skouers.
“Hy (Vermeulen) is bo-gemiddeld in die lynstane en ʼn wêreldklas speler op agtsteman, hy’s ook ʼn goeie balsteler en net so ʼn groot hulp in die vaste losspel,” het Coetzee gister uit Parys gesê.
Vermeulen was nooit deel van Coetzee se planne nie en sy insluiting in die span blyk die tweede haas uit die hoed te wees vir Coetzee.
“Dan weet ons ook Duane is die kaptein van Toulon, wat ʼn groot aanwins gaan wees vir waar ons leierskap kort.”
Die ekstra knypie speserye wat by hierdie kragmeting gevoeg word, is die feit dat die Franse die reg om 2023 se rugby Wêreldbeker-toernooi voor die Iere en Suid Afrika se neuse weggeraap het.
“Dit is ʼn teleurstelling vir die land en sy spelers, maar die span het dit verwerk en ons konsentreer nou net op Saterdag se Toets,” het Coetzee vroeër gesê.

Geskiedenis van die spanne se stryd:

2017: Suid Afrika wen 35-12 in Johannesburg
2017: Suid Afrika wen 37-15 in Durban
2017: Suid Afrika wen 37-14 in Pretoria
2013: Suid Afrika wen 19-10 in Parys
2010: Suid Afrika wen 42-17 in Kaapstad
2009: Frankryk wen 20-13 in Toulouse
2006: Frankryk wen 36-26 in Kaapstad
2005: Frankryk wen 26-20 in Parys
2005: Suid Afrika wen 27-13 in Port Elizabeth
2005: Gelykop 30-30 in Durban
2002: Frankryk wen 30-10 in Marseilles
2001: Frankryk wen 20-10 in Parys
2001: Suid Afrika wen 20-15 in Durban
2001: Frankryk wen 32-23 in Johannesburg

Die spanne:

Frankryk: 15 Nans Ducuing, 14 Yoann Huget, 13 Geoffrey Doumayrou, 12 Mathieu Bastareaud, 11 Teddy Thomas, 10 Anthony Belleau, 9 Antoine Dupont, 8 Louis Picamoles, 7 Kevin Gourdon, 6 Judicael Cancoriet, 5 Sebastien Vahaamahina, 4 Paul Gabrillagues, 3 Rabah Slimani, 2 Guilhem Guirado (c), 1 Jefferson Poirot
Plaasvervangers: 16 Clement Maynadier, 17 Sebastien Taofifenua, 18 Daniel Kotze, 19 Paul Jedreasiak, 20 Anthony Jelonch, 21 Baptiste Serin, 22 Francois Trinh-Duc, 23 Damian Penaud

Suid Afrika: 15 Andries Coetzee, 14 Dillyn Leyds, 13 Jesse Kriel, 12 Francois Venter, 11 Courtnall Skosan, 10 Handré Pollard, 9 Ross Cronjé, 8 Duane Vermeulen, 7 Siya Kolisi, 6 Francois Louw, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth, 3 Wilco Louw, 2 Malcolm Marx, 1 Beast Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Trevor Nyakane, 19 Franco Mostert, 20 Dan du Preez, 21 Rudy Paige, 22 Elton Jantjies, 23 Damian de Allende

Stadion: Stade de Frankryk
Afskop: (19:45 GMT)
Skeidsregter: Nigel Owens (Wallis)
Assistent Skeidsregters: Wayne Barnes (Engeland), Tom Foley (Engeland)
TMO: Rowan Kitt (Engeland)

Related Posts

« »