IS DIE STORMERS NOG ONOORWONNE NA SATERDAG?

Apr 7 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby News • 3156 Views • Comments Off on IS DIE STORMERS NOG ONOORWONNE NA SATERDAG?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Storm hulle voort na Saterdag?

Storm hulle nog voort na Saterdag? ©rugbyfifteen.co.za

-Pretoria

Kom ons wees eerlik, die Stormers kry hierdie naweek eers hul regte karaktertoets van die 2017 Superrugby-toernooi as hulle die Nieu Seelandse Chiefs tuis aanvat. Tot dusver het hulle die maklikste lys van teenstanders gehad want nie die Bulls, Kings, Sunwolves en Cheetahs was enige bedreiging vir hulle nie. Wedstrydstatistiek wys dat die Stormers spanne met slegs ʼn gekombineerde 23% wenpersentasie geklop het.
Daar is nog steeds rugbykykers wat meen dat hulle gelukkig was om te wen teen die Jaguares en dan is daar kenners wat meen dat hierdie naweek die naweek van die Stormers se eerste val is.

Beide spanne het laas in 2016 op Nuweland in die kwarteindstryd van daardie jaar se Superrugby-toernooi teen mekaar gespeel. As jy reg kan onthou was dit die einste Chiefs wat die Stormers op Nuweland kom klop het (21-60), net om in die halfeindstryd deur die uiteindelike kampioene, die Hurricanes uitgeskakel te word 25-9.

Die Chiefs se 2016 statistiek lyk verder só; 15 gespeel, 10 gewen, 0 gelykop, 4 verloor met 491 punte vir en 341 punte teen hulle aangeteken, asook 7 bonuspunte vir ʼn 6de plek.
Daarenteen lyk die Stormers se 2016 rekord só; 15 gespeel, 10 gewen, 1 gelykop, 4 verloor met 440 punte aangeteken, 341 teen hulle, 9 bonuspunte en ʼn uiteindelike derde plek.
In hul aanloop tot dusvêr, het die Chiefs vyf-uit-vyf wenne, waarvan drie Nieu Seelandse spanne is en hulle lê sesde op die algehele punteleer. Die Stormers lê derde met 22 punte (teenoor die Chiefs se 24) en is ook nog onoorwonne.
Teen die einste spanne hierbo met ʼn gesamentlike wenrekord van 23%, het die Stormers 29 drieë aangeteken. Glad nie te moeilik nie, blyk dit.

Die Chiefs druk gemiddeld vier drieë per wedstryd en hulle het nog die minste drieë in die 2017 kompetisie afgestaan na ses rondes.

Met die aankondiging van die Stormers se span, Donderdag, was beide die afrigter en die kaptein vol moed; “hulle het ʼn aggressiewe verdedigingspatroon en gee nie om om strafskoppe in hul eie 22-meter gebied af te staan nie, wat op sy beurt beteken hulle gee nie om om drie punte in te boet nie. Ons sal meer drieë as hulle moet druk as ons die wedstryd wil wen en as dit beteken dat ons spel op die afbreekpunte moet forseer, dan doen ons dit.”

Siya Kolisi is bekommerd oor die afbreekpunte, en dit wat die skeidsregters nie sien nie: ”ons sal vir seker die afbreekpunte goed bestuur en ook seker maak ons teken drieë aan as ons in hul 22 is.”

Met Tawera Kerr Barlow (9), Aaron Cruden (10), Stephen Donald (12), James Lowe (11) en Damien McKenzie (15) in die span is daar geen te kort aan verwagtings dat die taktiese skopwerk hoogty gaan vier nie.

Fleck-hulle is egter beter voorbereid as laasjaar teen die Chiefs en voorlangs gaan dit die deurslag wees.
Dink maar net aan die Etzebeth/DuToit-Retallick/Bird stryd wat in die slotposisies wag, om nie van die stryd in die skrumwerk te praat nie. Twee spanne bekend vir twee sterkpunte: takties skerp versus goeie samespel en dit gaan die deurslag gee vir die span wat Saterdag ongelukkig sal wees om met die seisoen se eerste verloor van die veld af te stap.

ʼn Meer gelykop stryd is daar nie sommer te voorspel vir hierdie naweek nie, maar dit sal die Stormers loon om die jong vlakhaas, Damien McKenzie vroeg te tem, anders gaan die middag lank raak.

Of gaan die skeidsregter, Jaco Peyper se fluitjie ʼn rol speel? Hy is juis nie ʼn welkome gesig op Nuweland nie.

Net tyd sal hierdie verhaal klaar vertel.

Related Posts

« »