IS HEYNEKE MEYER VERGIFTIG?

Aug 12 • General News, International, Pale Toe, Springboks • 2769 Views • Comments Off on IS HEYNEKE MEYER VERGIFTIG?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert #PaleToe!

Rugby in Suid-Afrika is soos godsdiens. Dit het ongelukkig ʼn negatiewe geskiedenis wat gebore is uit politiek omdat dit vir lank beskou is as die “witman se sport.”

ʼn Paar jaar gelede het ek ʼn artikel geskryf vir Sports Illustrated: “The Springbok coach’s job is a poisoned chalice”.

Daarna het ʼn ander skrywer ʼn boek met dieselfde onderwerp en titel geskryf, maar die gifbeker sal altyd na sportafrigters verwys wat onder groot druk moet presteer. Heyneke Meyer is nie die enigste topafrigter wat deurloop nie, afrigters van die sokkerspanne van Barcelona, Real Madrid en Chalsea loop ook só.

Die “poisoned chalice” verwys en vertaal uit die Engelse idioom dat alles goed lyk vir die persoon wat iets ontvang het, maar dit hom daarna letterlik benadeel. Dit dateer uit Shakespeare se Macbeth-tyd.

Ons is ʼn paar wat dink dat die Springbokafrigter se pos vierkantig in hierdie beskrywing val vir verskeie redes. Heyneke Meyer is sedert 2012 toe hy aangestel is as hoofafrigter van die Springbokke, toenemend gelooi en vandag moes hy weer die politieke platform betree om die aasvoëls van sy nek af te hou.

Rugby in Suid-Afrika is soos godsdiens. Dit het ongelukkig ʼn negatiewe geskiedenis wat gebore is uit politiek omdat dit vir lank beskou is as die “witman se sport”. Vra vir John Williams wat geloop het na ʼn 20% suksesrekord. Hy het sy Springbok span eers drie dae voor ʼn wedstryd kon kry omdat “belangrike Curriebekerwedstryde eers gespeel moes word”.

Vra na Nick Mallet se 17 wenne in ʼn ry en die verloor teen Engeland in 2008 op Twickenham. Sy 71% wenrekord ten spyte en ʼn uitval oor Gary Teichmann het hom die pos gekos.

Miskien het Ian Macintosh dit reg opgesom toe hy van “druk en unieke ander faktore” rondom die afrigterspos gepraat het. “Mack” het net vanaf 1993 tot 1994 gehou en is in 1995 deur Kitch Kristie vervang.

Terug by Heyneke Meyer. Sy Springbokspan het verlede Saterdag vir die eerste keer ooit teen Argentinië verloor en dit op tuisbodem. Daar was ʼn verskrikte stilte op die pawiljoen wat vir dae aaneen geduur het totdat die “kenners” hul menings begin lig en die kritiek inkom. Swak skrumwerk, lynstaanwerk wat nie wou vlot nie, ʼn agterlyn wat platpoot was en spelers wat uit posisie gespeel word was maar brokkies uit ʼn lys wat aangehou het. Oud joernaliste, oud spelers en oues van dae het almal ewe hard gekla. Meyer het hom en sy span se spyt oor die verloor uitgespreek: amptelik aksies gevra en ek is seker dat ten spyte van die bieg, is die verdeeldheid oor die apologie net so groot soos dié oor die spankeuse vir Saterdag se “vriendskaplike wedstryd” in Buenos Aires.

Asof dit nie genoeg was om inkpotte leeg te skryf oor die moets en moenies van die Durbanse Toets nie, daag die “mamparras van die week” op en tjank oor hervorming van die Groen-en-Goud. Nóg ʼn skeut gif in die beker wat weereens bewys dat ons rugby bestatan is met Suid Afrikaanse politiek. Dit kos Meyer uit sy pad draai om die sogenaamde “swart vyf” wat blykbaar gaan kla het by Cosatu se tjank aan te spreek.

“Jy sal altyd spelers kry wat ongelukkig is as hulle nie speel nie. ʼn Man soos Steven Kitshoff wil speel. Hy verdien die kans maar hy het nog ʼn kans gehad nie. ʼn Man soos Jan Serfontein was in die beginspan maar niemand skryf daaroor nie.

“Ek kyk nie na kleur nie, ek kyk na die beste spelers. Ek is heeltemal verbind aan transformasie en ek het ʼn goeie verhouding met my spelers.

“’n Klomp spelers het na my toe gekom en gesê ‘coach, dis nie waar wat in die koerante staan nie…ons staan by jou, ons weet presies waar ons staan’, ek is daar vir daardie manne”.

Niemand kon dit beter opsom as hyself nie: “hulle sê dat sport karakter bou, dit bou nie karakter nie, dit ontbloot karakter. Toe ek die pos geneem het, het ek gesê dis nie oor my nie, hierdie taak is groter as die individu.

“Die belangrikste is om my integriteit te behou. Ek weet daar is baie kritiek. Ek het nie verskonings nie en ek weet waar kom die publiek vandaan hieroor. Daar is baie negatiwiteit en ek verstaan dit, maar soos ek van die begin af gesê het…ek sal my integriteit behou en dis vir my belangriker as om net te wen.”

Meyer het sopas die gifbeker laat oorloop. Hy is her-aangestel as die Springbokke se hoofafrigter en wat ook al in 2015 se Wêreldbeker gebeur, hy bly tot in 2019.

Sela.

Foto:  Grupo44/Gallo Images

Related Posts

« »