JAKE WHITE EN HEYNEKE MEYER SE SPRINGBOKSPAN MOET SPEEL

Sep 29 • Australia, Europe, General News, New Zealand, Pale Toe, Rugby Championship News, Rugby World Cup, South Africa, South Africa, Springboks, The Rugby Championship • 8075 Views • Comments Off on JAKE WHITE EN HEYNEKE MEYER SE SPRINGBOKSPAN MOET SPEEL

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburgheyneke meyer foto anton geyser

Wêreldbeker wenner-afrigter Jake White het vandeesweek aan All Out Rugby gesê dat hy meen Allister Coetzee maak ‘n fout met sy Springbok spankeues.
Hy meen dat Coetzee meer oorsese Bokke in sy span moet insluit.

White, wat in 2007 ‘n rugby Wêreldbeker titel gewen het, meen dat Coetzee die Springbokke se kanse op wenne opdons deur nie van die oorsese spelers gebruik te maak nie.
Die enigste oorsese speler wat wel in Coetzee se span oorweeg was, Francois Hougaard van die Worcester-klub is na die All Blacks se 57-0 loesing twee weke gelede, huis toe gestuur.
Volgens Planet Rugby het White spelers soos Bismarck du Plessis (Montpellier), Duane Vermeulen (Toulon) en Montpellier se skrumskakel Ruan Pienaar geïdentifiseer as spelers wie waarde sou kon toevoeg tot die Bokspan.
White meen dat die jong Lions haker, Malcolm Marx, Bismarck du Plessis se leiding nodig het “om van hom die internasionale speler te maak wat hy kan word.”
White baseer sy argument op die feit dat Bismarck by John Smit moes oorneem en dat Smit ‘n groot rol in Bismarck se lewe gespeel het.
Dieselfde argument word gevoer, naamlik dat Duane Vermeulen speelkans moet kry om die volgende Bok agsteman touwys te maak.

Ruan Pienaar, skrumskakel “vuur op alle silinders,” volgens White en die feit dat Raymond Rhule, Andries Coetzee en Courtnall Skosan in hul eerste jaar van Springbokrugby is, pla hom blykbaar.

Ons het enkele weke gelede gaan kers opsteek by die internasionale afrigter van die Blou Bulle en die Bulls, John Mitchell oor Springbokrugby se spelers en hul vordering.
Mitchell was dit eens dat die huidige span vol talent is en dat daar eerder op konsekwentheid gekonsentreer moet word ten einde ‘n spankultuur saam te stel.
“Jy kan nie toelaat dat spelers wat geïdentifiseer is vir die toekoms nie speelkans gaan kry nie, dis hulle leerskool en almal moet daardeur gaan.
“By die All Blacks werk dit ook so; ‘n speler met potensiaal kry gereeld die kans om sy ware uit te stal en om in spanverband ‘n verbintenis met ander spelers te vorm.
“Jy kan nie verwag dat spelers hul potensiaal moet bereik as hulle nie speelkans kry, foute maak en daaruit leer nie en as spelers nie meer goed genoeg is nie, verdien hulle nie meer ‘n plek in die span nie. Dis hoe internasionale atlete werk, dis hoe rugby op internasionale vlak werk.”

White se argument herinner sterk aan die kortstondige afrigterstydperk van Heyneke Meyer.
Meyer het vas geglo dat spelers wat oor die algemeen hier gemeen is dat hul vervaldatum bereik is, ingesluit moes word teen spanne soos die Wallabies en die All Blacks tot groot verleentheid van die Springbokspan en die publiek.

Dit en ander faktore het uiteindelik ‘n suksesvolle afrigter soos Meyer se loopbaan en reputasie gekos.

Wat ook opval is dat afrigters soos White nie rekening hou met die wisseling en verskil in tempo waarteen wedstryde in die Noordelike en Suidelike halfrond gespeel word nie.
“Ons is nou eers besig om die skade van stadige, ongekondisioneerde spelers reg te maak by die Bulle, en dit gaan nog ‘n tyd neem om die verwagte spelpeil en-tempo te bereik,” het Mitchell gesê. Mitchell is toenemend besig om internasionale standaarde vir fiksheid en vaardigheid in te bou by die Bulle en hy was suksesvol daarmee by die Lions voordat Jona Ackermann oorgeneem het.

Daar word algemeen bespiegel oor die feit dat Marx byvoorbeeld ‘n reïnkarnasie van Bismarck sou wees; net baie vinniger, maar met dieselfde vaardighede en dat spelers soos Skosan en Combrinck nog vêr van hul internasionale hoogtepunt is.

Coetzee is vêr van gemaklik af met sy spankeues op baie sleutelposisies, insluitend haker, skrumskakel en die agterste driehoek in die agterlyn.

Maar dat Coetzee moet teruggaan na spelers met ‘n oeroue vervaldatum in Europa, is te dik vir ‘n daalder.

White en Meyer sou hulself ‘n guns bewys om meer ag te slaan op wat plaaslik ontwikkel het sedert hul sukses van weleer.

Rugby is ‘n spel wat al hoe meer ontwikkel, en of jy nou daarvan hou of nie, teen ‘n reuse tempo.

Vra maar vir die All Blacks.

#paletoe

Related Posts

« »