JOHN MITCHELL VRA VIR RESULTATE

Mar 8 • Australia, General News, National, New Zealand, Pale Toe, South Africa, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby News • 1816 Views • Comments Off on JOHN MITCHELL VRA VIR RESULTATE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Kaptein van die Bulls, Burger Odendaal breek weg met die bal ©Ronel Cronje

Kaptein van die Bulls, Burger Odendaal breek weg met die bal ©Ronel Cronje

-Loftus Versveld

“Ons benader die wedstryd met ʼn agtergrond van goeie beplanning. Die afrigtingspan kan net soveel doen, en dit is nou tyd vir die spelers om planne uit te voer en resultate te lewer.”
Dit was die boodskap, tydens ʼn Skype-onderhoud van John Mitchell, breier van die Vodacom Bulls wat vandeesweek hul toer na Australasië afskop teen die Queensland Reds.
Burger Odendaal is nog nie reg vir kontakspel nie en hy sal sy terugkeer maak in die week wanneer die Bulls teen die Chiefs speel.
Mitchell verwag dat die Reds se senters die bal voortdurend sal dra en na oop spasies soek en hulle sal ook die Bulls se losskakel, Handré Pollard dophou. Daarom het hy vir Johnny Kotze ingesluit in binnesenter wat goed sal kombineer met Pollard in die eerste fases van kontak.
Nick de Jager skuif na die agtsteman posisie en Hanro Liebenberg vervang vir Thembelani Bhoi wat volgens Mitchell nog meer tegniese afronding in sy spel kort.
Voorlangs sal Trevor Nyakane vir die eerste keer hierdie seisoen opdraf van die bank af nadat Mitchell hom vyf weke geleentheid gegee het om beter te kondisioneer en te werk aan sy vaardigheid. Nyakane word op vaskop ingespan en Mitchell meen dat aan die einde van die drie weke op toer, hy en Jason Jenkins ʼn volle 80 minute sal kan speel.
Verlede Saterdag teen die Lions het die Bulls sleg tweede gekom by die lynstane en Mitchell sê dat hulle “tegniese verstellings” gemaak het om vandeesweek beter te kompeteer by die opposisie se ingooie.

Die Reds het goed aangeval teen die Brumbies en was volgens Mitchell ongelukkig om nie meer punte aan te teken nie. Volgens hom is die Reds se middelveld goed bedrewe om die bal op die voorvoet te hou en veral om klein gapings suksesvol te gebruik.
Wat Mitchell opgeval het in die wedstryd teen die Brumbies was dat hulle aanval- en verdedigingspatroon baie eenvoudig saamgestel is en werk. Hulle skop ook vroeër om sodoende beter posisionele voordeel te kry.

Die Bulls het in 2013 laas in Brisbane gespeel en vir Mitchell-hulle is dit nie ʼn uitdaging nie; “dit is ʼn stuk gras, soos Loftus s’n en die Vodacom Bulls moet as professionele spelers verantwoordelikheid neem vir hul spel, waar ookal hul speel. Hulle sal verantwoordelikheid neem vir van die verkeerde besluite wat verlede naweek (teen die Lions) geneem is, ek verwag ʼn hoë werksverrigting en dit is waaroor dit hierdie week vooraf gegaan het.”

Mitchell het ook gesê dat die Bulls aan hul verdediging gewerk het, na verlede naweek se nederlaag teen die Lions; “ons sal ook moet leer om meer geduld aan die dag te lê en ons het gekyk na ons strukture op aanval, maar oor die algemeen wil ons ʼn beter en meer volledig gebalanseerde spel speel.”

Die weer mag ook ʼn rol in die uitslag van die wedstryd speel aangesien dit tydens die span se laaste oefensessie hewig gereën het. Koeler, bewolkte weer word vir Saterdag voorspel wat ʼn groot gelykmaker in enige rugbywedstryd is.

Die span is:
15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Johnny Kotze, 11 Duncan Matthews, 10 Handré Pollard (kaptein), 9 Andre Warner, 8 Nick de Jager (onderkaptein), 7 Hanro Liebenberg, 6 Roelof Smit, 5 Lood de Jager, 4 RG Snyman, 3 Frans van Wyk, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman
Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Lizo Gqoboka, 18 Trevor Nyakane, 19 Jason Jenkins, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Marnitz Boshoff, 23 Divan Rossouw

WEDSTRYD: Queensland Reds v. Vodacom Bulls, Brisbane, Saterdag 8.35vm

Simon Riekert #paletoe

Related Posts

« »