Kavaliers bou wenkultuur – Pak Valke Vrydag op Boland Stadion

Jul 17 • Currie Cup F.Div, Currie Cup F.Div News, General News • 2246 Views • Comments Off on Kavaliers bou wenkultuur – Pak Valke Vrydag op Boland Stadion

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Hoewel die Regent Boland Kavaliers verlede Vrydag naelskraap gewen het teen die Grens Bulldogs in ‘n Absa Curriebeker Eerste Divisie wedstryd op die Boland Stadion in Wellington, is die tuisspan se Direkteur van Afrigting Eugene Eloff tevrede met die huidige stand van sake.

 

“Soms wen mens nie aantreklik nie, maar daar is nie meer so iets soos ‘n maklike wedstryd in dié kompetisie nie,” meen Eloff.

 

“Ons het nou al twee uit ons drie wedstryde gewen en dit is nie ‘n slegte begin nie, veral as mens in ag neem dat ons eers beoog om te piek in middel September.”

 

Volgens Eloff is sy span se volgende doelwit om meer uit te rig met die bal in hand, maar wil hy niks wegneem van die Kavaliers se veggees tot dusver op die verdediging nie. Volgens statistieke het Boland 189 duikslae teen Grens uitgevoer en slegs 16 gemis.

 

“Ons persentasie suksesvolle duikslae spreek boekdele oor die manne se karakter op die verdediging, maar ons vuur nog nie op alle silinders op die aanval nie. Sodra ons beter vaar in die vaste fasette, ons balbesit beter beskerm en uiteindelik ook beter afrond, gaan die Kavliers ‘n moeilike span wees om te keer.

 

“Die harde werk is reeds gedoen in terme van ons fiksheid en nou moet ons uitvoering net meer klinies wees”.

 

Met die oog op eerskomende Vrydag se tuiswedstryd teen die Valke, sê Eloff dat sy span ‘n fisieke aanslag kan verwag, maar dat dit nie ‘n uitdaging is wat sy span nie kan oorkom nie.

 

Met twee wenne op ‘n streep is die Kavaliers besig om ‘n wenkultuur te skep en ‘n sege oor die Valke sal verdere selfvertroue vir die Boland tot gevolg hê.

 

 

Die Regent Boland Kavaliers speel Vrydag  19 Julie teen die Valke om 16:00 op die Boland Stadion.

Related Posts

« »