Kavaliers reik uit na die gemeenskap met 67 minute vir Mandela dag

Jul 18 • Currie Cup F.Div News, General News • 5114 Views • Comments Off on Kavaliers reik uit na die gemeenskap met 67 minute vir Mandela dag

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Regent Boland Kavaliers en sy bestuur het vandag – ter ere van die 67 minute vir Mandela dag – tyd afgestaan en besoek afgelê by verskeie hulpbehoewende instansies in die Wellington-omgewing.

Met die doel van 67 Minute vir Mandela Dag om vir minstens 67 minute ‘n goeie daad te doen en sodoende met jou aksies ander te inspireer, het die Kavaliers na die volgende instansies in Wellington uitgereik:

Andrew Murray Kinderhuis

Silwerkruin Ouetehuis

Sunfield Huis vir Verstandelike Gestremdes

Blouvlei Primêr

Al die spelers en die afrigtingspan, asook die Boland Rugby Unie president Francois Davids, Hoof Uitvoerende Beampte Willie Small en Hoof van Ontwikkeling Cliffie Booysen, het tyd by die instansies deurgebring om hulp te verleen soos benodig. By Blouvlei Primêr het die Kavaliers byvoorbeeld ‘n sopkombuis gehad waartydens al die skoolkinders middagete ontvang het. By ander instansies soos die Sunfield Huis het die inwoners verskeie opvoerings gelewer, met die Kavaliers wat self by die aksie betrokke geraak het.

“Die inisiatief was ‘n herdenking aan Nelson Mandela vir die goeie werk wat hy oor die jare in ons land gedoen het,” het Small gesê, “maar vandag was nog net die begin.

“Die mense het die interaksie met die spelers duidelik baie geniet, maar uiteindelik was dit die spelers en bestuur wie se harte die meeste geraak is. Ons het net vandag weer besef hoe maklik dit is om ‘n positiewe bydrae te lewer en ons beskou Mandela dag bloot as ‘n wegspringpunt en beoog om in die toekoms gereeld op soortgelyke wyse uit te reik na hulpbehoewendes in die Boland”.

IMG_2667

Related Posts

« »