Kavaliers span wat speel teen die Kampioene WP

Mar 5 • National, South Africa, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 2180 Views • Comments Off on Kavaliers span wat speel teen die Kampioene WP

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Boland Cavaliers Rugby

KAVALIERS SKOP AF TEEN KAMPIOENE

“Ons is bewus van die feit dat ons ons veldtog afskop teen die huidige kampioene, maar ons het ‘n uistekende voorseisoen agter die rug en ek is tevrede met ons voorbereiding. Nou sal die Kavaliers eenvoudig die praatwerk op die speelveld moet doen.”

Só sê die afrigter van die Regent Boland Kavaliers, Abe Davids, oor eerskomende Saterdag se kragmeting teen die Westelike Provinsie te Victoria Sportgronde, Ceres.

Die Kavaliers het in 2012 hul Vodacombeker-seisoen teen dieslefde opponent op Nuweland afgeskop, met die Streeptruie wat toe gerieflik met 51-22 geseëvier het. WP het uiteindelik al die pad tot die eindstryd deurgedring, waar hulle vir Griekwas getroef het om die Vodacom-beker omhoog te lug.

Volgens Davids gaan hy nie veel afwyk van die wedstrydplan wat sy span so gevaarlik maak nie – ‘n aanduiding dat die Kavaliers dalk gereeld sy vleuels op die punte mag opsoek.

“Ons weet waar ons sterk punte lê en wil graag ons wedstrydplan op ons opponente afdwing. Ons het ook ekstra hard geskaaf aan ons vaste fasette, aangesien dit ‘n afdeling is waarin WP baie goed is.”

Davids sê sy span sal ook ‘n punt wil bewys op die verdediging en hopelik die Westelike Provinsie op dié manier hokslaan.

“As ons goeie omkeerbesit kan bewerkstellig deur middel van sterk verdediging, kan Boland ook steun op sy individuele briljantheid om iets uit niks uit te skep. Nuwe aanwinste soos Cheslyn Roberts (vleuel), Albert Trytsman (senter), Lucky Kebe (skrumskakel) en  Ben Venter (slot) het almal hand opgesteek tydens ons opwarmingswedstryde en hulle is juis die tipe spelers wat die nodige ‘x-faktor’ kan verskaf”.

Davids is opgewonde oor die speelveld en glo daar sal ‘n goeie atmosfeer te Ceres wees Saterdag.

“Hopelik sal die mense in groot-getalle opdaag Saterdag, want een ding is verseker van Ceres se mense en dit is dat hulle kán ondersteun.”

 

WEDSTRYD: REGENT BOLAND KAVALIERS

OPPONENT: WESTELIKE PROVINSIE

KOMPETISIE: VODACOMBEKER

TYD: 9 FEBRUARIE 2013

VENUE: VICTORIA PARK, CERES

 

REGENT BOLAND KAVALIERS:

1.       Ashton Constant (kaptein)

2.       Chris Buckle

3.       Francois Hanekom

4.       Ben Venter

5.       Noland Clark

6.       Franzel September

7.       PJ van Zyl

8.       Zandre Jordaan

9.       Lucky Kebe

10.   Ricardo Croy

11.   Brendon April

12.   Albert Trytsman

13.   Johnathan Francke

14.   Cheslyn Roberts

15.   Jacquin Jansen

 

16.   Marco Janse van Rensburg

17.   Rossouw Kruger

18.   Johannes Kitshoff

19.   Junior Bester

20.   Bradley Fortuin

21.   Garth April

22.   Tythan Adams

Related Posts

« »