Kloppers lei Pumas

Sep 14 • Currie Cup, General News • 1472 Views • Comments Off on Kloppers lei Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

‘n Nuwe kaptein staan Vrydagaand op Loftus Versfeld aan wal wanneer die iCOLLEGE Pumas die Blou Bulle op Loftus Versfeld in die Curriebekerreeks aandurf.

Die slot Hugo Kloppers sal die Laevelders in die afesigheid van die gereelde kaptein, Hennie Skorbinski, op die veld lei.

Met Skorbinski beseer skuif Ryan “Whitey” Nel binnesenter toe met Neill Maritz wie inskuif van vleuel af binnesenter toe.

Devon Williams kry ook ‘n beginkans in die beseerde heelagter Gerrit Smith se plek en Morné Joubert kry ‘n kans op regtervleuel.

Die Pumas het ‘n inspuiting spoed broodnodig.

Die enigste verandering aan die agttal is die insluiting van die oud Bul en vaskop, Andrew Beerwinkel, wie die afgelope paar weke goeie inpak van die bank af gemaak het.

Die skrum- en losskakel Abrie Griesel en Kobus Marais is ook die week op die Pumas se bank.

 

iCOLLEGE Pumas vs Blou Bulle:

Devon Williams; Morné Joubert, Neill Maritz, Ryan Nell, Ruwellyn Isbel; Christopher Smith, Stefan Ungerer; Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers ©, Le Roux Roets, Andrew Beerwinkel, Marko Janse van Rensburg, Khwezi Mona. Reserwes: Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Hilton Lobberts, Francois Kleinhans, Abrie Griesel, Kobus Marais, Henko Marais.

 

Related Posts

« »