KONTROVERSIE BY DIE DOSYNE: WêRELDBEKER SKANDES

Oct 9 • General News • 1751 Views • Comments Off on KONTROVERSIE BY DIE DOSYNE: WêRELDBEKER SKANDES

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
  • Osaka-Simon Riekert

Dis rugby-Wêreldbeker tyd in al sy glorie en van verneukte besluite tot Manu Tuilagi wat van ‘n boot af spring en die Franse spelers wat wil muit teen hul afrigter se besluite-‘n Wêreldbeker-toernooi is nooit sonder kontroversie nie.
Hier, in geen spesifieke volgorde nie, is van die grootste marakkas wat al by ‘n Wêreldbeker-toernooi plaasgevind het:

1. Die sestiende speler-Samoa teen Engeland (2003)

Engeland ignoreer ‘n wedstryd beampte se vermanings dat daar een speler ekstra op die veld is, sestien, toe hulle Dan Luger opstuur terwyl Mike Tindall steeds behandeling op die veld kry. Dit was in die laaste minuut van die wedstryd. Fiksheidsafrigter Dave Reddin is vir twee wedstryde geskors, want hy was verantwoordelik vir die tellery, die span kry ‘n allemintige 10-duisend Pond rekening van wêreldrugby af en mis so hittete ‘n vyf punte relegasie in die strafproses.

2. Hoe rooier, hoe gevaarliker: Wallis v Frankryk (2011 halfeindstryd)

Sam Warburton, Wallis se kaptein word afgestuur deur die Franse skeidsregter, Alain Rolland, nadat Warburton vir Vincent Clerc deur die 90-grade hoek omdraai in ‘n laagvat en hom op sy rug laat land. Kenners sê na die tyd dit was slegs ‘n geel kaart werd, maar Rolland se besluit staan met die wedstryd skaars negentien minute aan die gang. Elf brawe Walliesers verloor met 9-8. Hoe ‘n Ier met ‘n Franse van, Rolland, ‘n wedstryd waarin die Franse speel kon blaas, was nog een van die diep, donker vrae wat ondersteuners gevra het. Feit is, hy bly ‘n Ier met die name Alain Colm Pierre Rolland.

3. Doellynkoors: Engeland v Australie (1991 eindwedstryd) en Engeland v Suid-Afrika (2007 eindwedstryd)

Die arme bleeksiele kan dalk langer bly kla oor tweekeer se skeepsreg, eerstens teen Australië in 1991 toe Peter Winterbottom se aangee na Rory Underwood moedswillig afgeklap was deur David Campese, wat ‘n sekere drie verhoed het. Daar was nie ‘n strafdrie toegeken nie en hulle het met 12-6 verloor. Die tweede doring in die Engelse vlees het gekom in die eindwedstryd teen Suid-Afrika in 2007, toe Mark Cueto sy voet op die kantlyn geplaas het voordat hy oorgegaan het vir ‘n drie, of was dit dalk ‘n verkeerde beslissing? Die drie is nie toegeken nie en die Springbokke wen 15-6 en daarmee hul tweede Wêreldbeker titel.

4. Die Iere is vreemd: Fidji v Frankryk (1999)

Skeidsregter Paddy O’Brien het verkeerdelik beslis dat Seta Tawake se drie vir Fidji nie toegestaan moet word nie, gee daarna vir Frankryk ‘n verdagte strafdrie ten spyte daarvan dat Marc dal Maso malkoppie speel by die skrum, mis Christian Califano se kopstamp op Joeli Veitayaki en Christophe Lamaison se vorentoe aangee, na ‘n vinnige strafskop wat drie punte beteken het. Na die wedstryd het hy verskoning gevra vir sy vrot blaaswerk.

5. Was Benazzi in of uit?: Frankryk v Suid-Afrika (1995 halfeindstryd)

Durban en Kings Park sou nooit hierdie een vergeet nie; hael, reën, wind en koue, en ‘n moontlike aflas van die wedstryd was in die hand van die weergode. Indien die wedstryd afgelas sou word, was Frankryk uit op grond van hul dissiplinêre rekord. Toe gly Abdel Benazzi oor die doellyn in ‘n golf so groot soos ‘n mens, na ‘n “up and under”. Derek Bevan, die skeidsregter sê dis nie ‘n drie nie en Suid-Afrika wen 19-15 en dring deur na die eindwedstryd teen die Nieu Seelanders.

6. Reg en regverdigheid vir almal: Frankryk v Nieu Seeland (2011 eindwedstryd)

In 2007 het die All Blacks deurgeloop teen Frankryk, toe ‘n vorentoe aangee misgekyk is deur Wayne Barnes en Frankryk die een met 20-18, ‘n opskudding, gewen het.
In die 2011-eindstryd het Craig Joubert die Kiwis egter lekker gehelp. Hy het gekies om ‘n hele kaboedel oortredings in die vaste- en losspel oor te sien, wat moontlik veroorsaak het dat die gashere se skamele 8-7 oorwinning, nog ‘n Franse skok sou veroorsaak het.

7. Giftige Suzi: Nieu Seeland v Suid-Afrika (1995 eindstryd)

Op die vooraand van die eindstryd het die helfte van die Nieu Seelandse span katte geskiet vir die vale. Laurie Mains se eerste reaksie was dat dit sabotasie was, want 27 van die Kiwi’s wie by die hotel geëet het, was siek. Die ander agt wat elders wou eet, was ongeskonde. Gedurende die wedstryd was dit ‘n geval van tot kotsens moeg word vir ‘n paar spelers, onder ander Jeff Wilson. Na die wedstryd het Mains selfs ‘n privaatspeurder aangestel om die bewerings te ondersoek. Suzi is egter tot vandag nog weg…

8. Kamp Staaldraad: 2003

Die Springbokke se vooraf voorbereidings was in die kollig, vir al die verkeerde redes, nadat dit aan die lig gekom het dat afrigter Rudolph Straeuli, Kamp Staaldraad georganiseer het. Hy wou hê die manne moes bande smee onder haglike omstandighede, soos om kaalbas in erdvarkgate te klim en met tuinslange natgespuit is terwyl hulle moes luister na die Haka en God Save the Queen deur luidsprekers. Toe was dit ‘n geval van die oppomp van rugbyballe, in yskoue water, snags. Die wie wou ophou is gedreig, buite laat slaap, oor klippe laat leopard-crawl en moes ‘n klomp hoenders nekomdraai, als terwille van die groepsgevoel. Die Springbokke is stukkend gespeel in die kwarteindstryd en Straeuli het kort daarna sy eie tasse gepak.

Dis 2019, en behalwe vir ‘n paar ontydige politieke opportuniste wie probeer om onmin in die Bokkamp te saai, is die grootste sondaars, weereens, die skeidsregters. Romaine Poite is een wie beslis nie die uitkloprondes sal sien nie.
Intussen wag ons geduldig op vanjaar se malligheid wat so kort duskant die Wêreldbeker se bewese kontroversie draai.

Wêreldbeker rugby in Japan. Is daar nóg kontroversie wat wag voor die 2e November?
Foto: 15.co.za

Related Posts

« »