KWARTEINDRONDES VAN DIE CURRIEBEKER VOORSPEL VERRASSINGS

Oct 13 • General News, Pale Toe, South Africa • 5535 Views • Comments Off on KWARTEINDRONDES VAN DIE CURRIEBEKER VOORSPEL VERRASSINGS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

currie cup

Simon Riekert-Centurion

Die 2017-seisoen van die Curriebeker-kompetisie staan einde se kant toe en met vyf van die sewe spanne wat dit kan maak na die laaste drie plekke op die halfeindstryd se punteleer, is dit knerstyd vir hulle.

Die Blou Bulle en die Pumas kan beide een van daardie plekke opraap in vanaand se stryd op Loftus Versveld.
Die tuisspan se afrigter, John Mitchell meen dat die planne nou in plek begin val: “ons kom stadig in die tipe ritme in wat ons spel beïnvloed en daar is ook stabiliteit in ons spankeuses, alles dinge wat belangrik is as jy die uitspeelrondes wil haal.”
“Die Pumas is ook in die wedloop vir ʼn finale plek en dit gaan maak dat hulle alles gaan uithaal, dit gaan ʼn wedstryd met hoë tellings wees.”
“Die Pumas het ons gelooi vroeër in die seisoen toe ons in Nelspruit gespeel het, maar dit was voor die omdraaityd vir ons. Ons is tevrede met ons vordering as span en ons glo ons kan die tipe rugby speel wat ons in die kompetisie kan hou,” het die kaptein Burger Odendaal gesê.
Die Pumas reken dat hulle kanse skraal is vir die uitspeelstryd nadat hulle verlede naweek teen die Griekwas verloor het.
“Die Steval Pumas het ʼn gemaklike voorsprong van 28-10 in hul laaste wedstryd in die Mbombela-stadion Saterdag weggegooi en so ʼn moontlike plek in die halfeindronde van vanjaar se Curriebeker-reeks opgeoffer.
Die Tafel Lager Griekwas het die wedstryd naelskraap 38-35 gewen om die Pumas se Curriebekerdroom te beëindig,” skryf hulle op hul webwerf na verlede naweek se nederlaag.
Die afrigter van die Pumas Brent Janse van Rensburg het vir Chris Cloete ingesluit in die begin vyftiental. Cloete vertrek eersdaags na Munster en die oopkantflank vervang die beseerde Brian Shabangu en Themba Bhoi.
Vanaand se wedstryd begin om 19:00 op Loftus Versveld. Uitslag? Ons reken dit gaan inderdaad ʼn hoë puntetelling wees met die tuisspan, die Blou Bulle en tuisvoordeel as bondgenote en gunstelinge.

Blou Bulle: Warrick Gelant, Duncan Matthews, Burger Odendaal (kaptein), JT Jackson, Johnny Kotze, Marnitz Boshoff, Ivan van Zyl, Nic de Jager, Tim Agaba, Marco van Staden, Aston Fortuin, Ruben van Heerden, Conraad van Vuuren, Edgar Marutlulle, Pierre Schoeman. Bank: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Jano Venter, Boom Prinsloo, Piet van Zyl, Tony Jantjies, Travis Ismaiel

Steval Pumas: Gerrit Smit; Selom Gavor, Jerome Pretorius, Hennie Skorbinski, Ruwellyn Isbel; Kobus Marais, Stefan Ungerer; Willie Engelbrecht, Nardus van der Walt, Chris Cloete, Hugo Kloppers, Jannie Stander, Pieter Scholtz, Marko Janse van Rensburg, Khwezi Mona. Bank: Frankie Herne, De-Jay Terblanche, Cameron Lindsay, Hilton Lobberts, Francois Kleinhans, Reynier van Rooyen, Gerrie Labuschagne.

Môre middag is dit die twee kusspanne se beurt om mekaar die stryd aan te sê. Die Sharks en die WP pak mekaar om 15:00 in Durban.

Met die Sharks gaan dit goed tot dusvêr en hulle blyk die span om te klop in vanjaar se kompetisie, maar ons het al soveel keer in die verlede gesien dat spanne wat blykbaar reeds die uitklophou gekry het, terugkom en die grotes met dieselfde uitklophoue verras.
Robert du Preez het sy twee seuns Daniel en Jean-Luc opgeroep in die span en dit sal Jean-Luc se debuut wees in die Curriebeker trui.
Twee ander spelers uit die Springbokgroep, Chiliboy Ralepelle en Louis Schreuder is ook opgeroep vir diens.
Du Preez meen “ons het nog niks gewen nie en dis eintlik niksseggend om aan die bopunt van die punteleer te wees.”
Die WP se afrigter John Dobson het die Springbok Dillyn Leyds teruggekry en ingesluit in die span, wat beteken dat Damian Willemse op heelagter kan aanbly. Die Springbok Sewesspeler, Ruhan Nel skuif van vleuel na binnesenter.

“Ons sal hierdie wedstryd moet wen ten alle koste as ons in die kompetisie wil bly, “ was Dobson se opsomming voor die wedstryd.
Vir die Sharks is dit eintlik ʼn formaliteit, gesien in die lig dat hulle aan die bopunt van die leer is, maar du Preez sal nie die geleentheid mis om die span se momentum te behou nie.
Vir die WP gaan dit ʼn opdraande stryd wees om die Sharks tuis te wen.

Cell C Sharks: 15.Garth April, 14.Odwa Ndungane, 13.Lukhanyo Am, 12.Marius Louw, 11.S’busiso Nkosi, 10.Curwin Bosch, 9.Michael Claassens, 8.Dan du Preez, 7.Jacques Vermeulen, 6.Keegan Daniel, 5.Ruan Botha (kaptein), 4.Tyler Paul, 3.Ross Geldenhuys, 2.Franco Marais,1. Thomas du Toit. Bank: 16.Chiliboy Ralepelle, 17.Juan Schoeman, 18.Jean Droste, 19.Jean-Luc du Preez, 20.Louis Schreuder, 21.Tristan Blewett, 22.Kobus van Wyk.

Westelike Provinsie: 15.Damian Willemse, 14.Seabelo Senatla, 13.Huw Jones, 12.Ruhan Nel, 11.Dillyn Leyds, 10.Robert du Preez, 9.Dewaldt Duvenage, 8.Nizaam Carr, 7.Cobus Wiese, 6.Jaco Coetzee, 5.JD Schickerling, 4.Chris van Zyl (kaptein), 3.Wilco Louw, 2.Bongi Mbonambi, 1.JC Janse van Rensburg.
Bank: 16.Ramone Samuels, 17.Caylib Oosthuizen, 18.Jan de Klerk, 19.Sikhumbuzo Notshe, 20.Justin Phillips, 21.Werner Kok, 22.EW Viljoen.

Saterdag middag se laaste wedstryd (17:00) is tussen die Goue Leeus en die Vrystaatse Cheetahs.

Die Cheetahs se “tweede span” wat die fort moes hou terwyl die Guinness PRO14 span in Europa hul eerste wedstryde in die reeks speel, word vandeesweek tuis gelaat. Die hele span, met uitsondering van Sergeal Pietersen en Francois Venter speel teen die Leeus in die kwarteindronde.
Die span was suksesvol met wenne teen Zebre, Leinster en die Ospreys, wat net die regte medisyne kan wees vir hul Curriebeker aanslag.

Die Goue Leeus se afrigter, Swys de Bruin meen dat die plan van die Cheetahs gaan misluk, “hulle speel twee verskillende soorte rugby (die PRO14 span en die Curriebeker span) en as hulle die finaal maak, sal hulle die Curriebekerspan weer moet instuur, omdat die PRO14 span dan weer in Europa moet wees. Ons verkies om teen hulle beste te speel, maar hulle moet self besluit.”

Die Leeus het ook tuisveld voordeel en hulle sal gemotiveerd wees om die Cheetahs se “A-span ʼn les of twee te leer.

Xerox Golden Lions: Andries Coetzee, Aphiwe Dyantyi, Rohan Janse van Rensburg, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Jaco van der Walt, Ross Cronje, Kwagga Smith, Cyle Brink, Len Massyn, Marvin Orie, Andries Ferreira, Jacobie Adriaanse, Robbie Coetzee, Jacques van Rooyen. Bank: Malcolm Marx, Dylan Smith, Rhyno Herbst, Robert Kruger/Hacjivah Dayimani, Marco Jansen van Vuren, Ashlon Davids, Sylvian Mahuza.

Toyota Vrystaat Cheetahs: Raymond Rhule, Rosko Speckman, Nico Lee, William Small-Smith, Makazole Mapimpi, Ernst Stapelberg, Tian Meyer, Oupa Mohoje, Henco Venter, Paul Schoeman, Reniel Hugo, Justin Basson, Johan Coetzee, Torsten van Jaarsveld (kaptein), Charles Marais. Bank: Ox Nche, Jacques du Toit, Rynier Bernado, Junior Pokomela, Shaun Venter, Ali Mjijima, Luther Obi

Related Posts

« »