LIONS SE SUKSES IS ONS BROEDERSKAP- SWYS DE BRUIN

Jul 27 • General News • 1479 Views • Comments Off on LIONS SE SUKSES IS ONS BROEDERSKAP- SWYS DE BRUIN

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA

Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Emirates Airline Park, Johannesburg

Swys de Bruin en sy manne maak Saterdag weereens geskiedenis deurdat hulle vir die derde agtereenvolgende jaar, die SuperRugby-toernooi se halfeindstryd haal. En hulle doen dit op hul tuisveld in Johannesburg.

Hul teëstanders is die Waratahs uit Nieu Suid Wallis in Australië en die Lions se vorige sukses teen die Aussies (29-0 op die Allianz-stadion, 20 April 2018) tel nou niks.

Dis ʼn Australiese span met ʼn ryke tradisie en trots en hul sukses is vanselfsprekend; in die Super 12 en Super 14 kompetisie (1996-2010) was hul twee keer die naaswenners, naamlik in 2005 en 2008. Hulle het drie keer die uitkloprondes gehaal; 2002, 2006 en 2010.

In die Superrugby-kompetsie wat in 2011 sy huidige formaat gekry het, was hul die kampioene in 2014 (en het met die Crusaders afgereken), Australië se konferensie wenners in 2014 en 2015 en het die uitkloprondes in 2011 gehaal.
Naas die Brumbies, is die Waratahs die mees suksesvolle Australiese SuperRugby span.

Die Lions is vinnige besig om die ander Suid Afrikaanse spanne ʼn ding of twee te leer oor kwalifisering vir die uitspeelrondes.
Hulle het die halfeindrondes vier keer tevore gehaal en is die land se mees suksesvolle SuperRugby-span sedert 2016.
Alhoewel die Bulls die Super-titel drie keer gewen het (2007, 2009 en 2010) en sewe halfeindstryde gehaal het (drie keer gewen en vier keer verloor), val hul wiele die laaste paar jaar af.

Dieselfde kan van die Stormers en die Sharks gesê word: agt keer in die halfeindstryde (vier keer aan die wenkant en vier keer verloor) vir die Sharks terwyl die Stormers ook vier keer die halfeindstryd van die SuperRugby kompetisie gehaal het, maar slegs een keer kon wen.

Die Stormers was egter drie keer die plaaslike konferensie wenners (2011, 2012, 2015) toe die kompetisie slegs een Afrika wenner gehad het.
In 2016 en 2017 het SANZAAR in hul wysheid besluit om twee Afrika wenners te hê en dus was beide die Lions en die Stormers Afrika 1 en Afrika 2 wenners.
In 2018 is daar amper na normaliteit teruggekeer en ʼn enkele wenner vir Afrika voorsien. Die Lions het die eer ontvang.
So, sedert 2016 is die Lions die toonaangewende SuperRugby-span hier op eie bodem.

Maar wat maak dat die span so suksesvol is die afgelope drie jaar?

Swys de Bruin het Donderdag daardie vraag beantwoord: “dit begin met ons hele struktuur, die bestuur is kerngesond en stewig gevestig van bo-af by ons HUB Rudolph Straeuli. Ons het ʼn beleid wat daarna kyk om plaaslike spelers te ontwikkel en ek sal nooit voorskryf aan watter spelers gekoop moet word nie. Ons kry die beste plaaslike jong manne en maak hulle deel van die Lions se broederskap. Dis manne wie vir mekaar speel en ons waarde sisteme is heeltemal anders as die ander spanne s’n.”

De Bruin het ʼn stewige klap uitgedeel aan ander unies met wie dit nie so goed gaan die laaste paar jaar nie, “dis maklik om te sê gaan koop beter spelers as jy besig is om te verloor of om te sê dit of dat is nie goed genoeg nie.”
Volgens de Bruin is almal by die Lions ingekoop in die span se sukses; “al drie ons jong afrigters wie verlede jaar met onder-19 sukses kon spog is na die senior span toe sonder enige ondervinding en is suksesvol.”

“Die leierskap van die Lions se unie is rugby-mense en verstaan Suid Afrikaanse rugby en ons is ʼn geseënde span, ek dank God vir elke sekonde wat ek saam met die spelers aan ons broederskap en kameraderie kan werk. Ek is gelukkig om goeie leiers in die kern van die span te hê en ook om ʼn mediese span te hê wat hul sout werd is.”

De Bruin is sedert 2013 deel van die Lions, toe hy en Johan Ackermann in 2017 so byna-byna die SuperRugby-titel by die Crusaders afgevat het.

De Bruin sê ook dat daar baie bespiegelings die afgelope tyd was dat die unie spelers op ʼn streep verloor; “ die meeste van die goeie spelers bly, Ross Cronjé, Malcolm Marx, Cyle Brink, Warren Whiteley, Courtnall Skosan, Andries Coetzee, die lys gaan aan, die meeste ouens wat gesorg het vir ons sukses, bly.”

Jannie Putter, die span se sielkundige werk ook die afgelope paar jaar hard daaraan om die span die “voorkeur span” in Suid Afrika te maak, sê die geliefde breier.

Kaartjieverkope vorder fluks en die bestuur verwag om en by 45 000 toeskouers.

Die wedstryd skop om 15:05 af en die Kiwi, Glen Jackson is die man in die middel.

Hy word bygestaan deur Marius van der Westhuizen en Rasta Rasivhenge, met Marius Jonker in die saal as televisie wedstrydbeampte (TMO).

Related Posts

« »