LOFTUS 200-SPAN STAAN OP UIT DIE STOF

Jun 1 • General News • 2473 Views • Comments Off on LOFTUS 200-SPAN STAAN OP UIT DIE STOF

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert (Loftus Versveld)

By die bekendstelling van die Loftus 200-span was vlnr. Victor Matfield (hoofafrigter), Willem Strauss (president BBRU), Akona Ndungane (span bestuurder), Jacques van der Linde (borg) Foto: Paletoe!

By die bekendstelling van die Loftus 200-span was vlnr. Victor Matfield (hoofafrigter), Willem Strauss (president BBRU), Akona Ndungane (spanbestuurder) en Jacques van der Linde (borg JVL) Foto: Paletoe

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lank leef Loftus-200!

Die kreet het saggies geëggo in die ouditorium van die Bulle waar die president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU), Willem Strauss, Donderdag aangekondig het dat die gewilde uitnodigingspan eersdaags weer tokse aantrek. Die oud-Bloubul en –Springbok, Victor Matfield sal hulle afrig. Akona Ndungane, ook ʼn oud-Bul en Bok, is die spanbestuurder.
“Dit dra die goedkeuring en opgewondenheid van die Bulls se Direkteur van Rugby, Johan Mitchell, tewens hy het in soortgelyke klubstelsels in Nieu Seeland gespeel,” het Matfield gesê.
Gert Mulder (Quins-Bobbies-rugby) en Marinus van der Watt (Naka Bulle) is ingespan om met die afrigting hand te gee.

Strauss het verduidelik dat die behoefte wat ontstaan het na die afskaffing van die nasionale amateurtoernooi, grootliks hierdeur in Bloubul-land aangespreek sal word.

“Miskien loop daar ʼn paar voorspelers rond wat ons kan slyp vir die senior spanne, ons wil die klubspelers die geleentheid gee om hul kleim in die Blou Bulle se Curriebekergroep af te steek, “ het hy gesê.
Strauss het verder verduidelik dat die BBRU ʼn strategie het om strukture binne die unie so te ontwikkel en benut dat die spelerspoel verdiep en verbreed kan word.
“Ons is verby die tyd waar ons ʼn hoeveelheid spelers kontrakteer wat nie benut kan word nie, ons wil met die spelers wat ons in ons bond het, werk en aan hulle geleenthede gee. Daar is 18-19 jariges wat goeie skolerugby gespeel het en nie gekontrakteer is nie. Ons kan nie toelaat dat hulle nie geleentheid kry om ontwikkel te word nie en ons wil hulle intrek.”

Ndungane, wat self 108 keer die blou trui oor sy kop getrek het, meen dat die geleentheid wat hy kry om betrokke te raak by die trotse klub, “’n vanselfsprekende besluit” was.
“Ek weet hoeveel ervaring Victor reeds opgebou het as speler en afrigter en ek sien daarna uit om by die groep betrokke te wees.”

Victor Matfield het gemeld dat hulle na aanleiding van die plattelandse spanne in Europa, veral in Frankryk waar die gemeenskap eienaarskap van die klubs oorneem, dieselfde resep hier wil toets; “die gemeenskap raak betrokke by die klubs en die rugby en ons wil dieselfde hier doen, mense moet daarna uitsien om na hul klubwedstryde te gaan kyk waar dit toeganklik vir almal moet wees en ons wil met hierdie inisiatief weer sorg dat die trotse tradisie van die Loftus-200 span weer herleef.”

Die Loftus 200-span het sy ontstaan gehad in 1986 onder die beskerming van die BlouBulle-ondersteunersgroep. Die span het gereeld voorwedstryde vir belangrike senior wedstryde gespeel.

Dr. Eugene Hare, die BBRU se uitvoerende hoof het bevestig dat die eerste wedstryd vir die span op 7 Julie vanjaar sal wees, “as openingswedstryd vir die Bulls se SuperRugby-wedstryd teen die Jaguares op Loftus. Hulle sal teen die Valke se Curriebekerspan speel.”

 

Related Posts

« »