MAKLIKE KEUSE VIR DIE BULLS-BREIER

Mar 11 • General News • 1070 Views • Comments Off on MAKLIKE KEUSE VIR DIE BULLS-BREIER

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert (Loftus Versveld)

Dit was ‘n maklike besluit vir Pote Human om ’n bykans onveranderde span aan te kondig vir die Bulls se eerste wedstryd in Australasië die komende naweek.

Behalwe die insluiting van ’n fikse Burger Odendaal in die nommer 12-trui, bly die span onveranderd van verlede naweek se seëvierende Bulls span wat die Highlanders op Loftus geklop het.

Human gaan sy jongelinge nog ’n kans gee teen die Reds, “hulle het verlede Saterdag hul kant gebring en elkeen wat ingesluit is, verdien nog ’n kans en ek hoop ons kan daardie momentum behou wat ons gehad het verlede naweek.”

Hy en sy span se voorspelers is veral bedag daarop dat die Reds een van die beste pakke voorspelers het in die kompetisie en dat die Bulls werklikwaar getoets gaan word voorlangs.

Die feit dat Suid-Afrikaanse spanne sukkel op die Suncorp-stadion is welbekend en Human meen dat sy voorspelers die toon sal moet aangee, die bal effektief en vinnig na die agterlyn versprei sal moet word en dat daar konstante druk op die Reds gehou sal moet word. Brisbane se weer is baie soos Durban s’n en Human meen dat indien die weersomstandighede dit gaan toelaat, hulle wil fokus op goeie balretensie.

Die Bulls wil die naweek weer die vaardigheid van Joshua Strauss en Marco van Staden inspan om goed te kompeteer by die afbreekpunte en om te verseker dat die Reds se balbesit stadig is. In die proses wil hulle die strafskop telling teen hulle so laag as moontlik hou.

Manie Libbok kry weer ‘n kans in die beginspan en sou James O’Connor ingesluit word in die Reds se span, sal sy insluiting ’n deeglike toets vir die jong, talentvolle losskakel van die Bulls wees.
Human het in die verlede reeds aangedui dat hy Libbok en Embrose Papier meer speeltyd wil gee en dat hulle twee goed as ’n kombinasie-skakelpaar werk.

Op ’n vraag of Morné Steyn voortaan meer as impakspeler gaan dien (Steyn dra die nommer 22-trui) het Pote gesê dat die verloop van die wedstryd sal bepaal wanneer Steyn sal opdraf.
Steyn het die laaste ruk baie vlek van ondersteuners gekry oor sy algemene spel, veral oor sy vermoë om die senters in aksie te stel, alhoewel daar min te sê is oor sy effektiewe strategiese skopwerk.

Die senterpaar Johnny Kotze en Burger Odendaal beïndruk die afrigter en hy verwag dat daar beide op aanval en verdediging, goeie rugby uit die twee in die middelveld sal kom.

Vir Human en sy span sal intensiteit en werkverrigting die wagwoord wees teen die gashere, “elkeen weet wat daar van hom verwag word en die manne is na vandag se oefening gretig om die Reds in hul agterplaas aan te vat, dit lyk asof dit ’n goeie dag vir rugby kan word.”

Vodacom Bulls: 15. Warrick Gelant, 14. Cornal Hendricks, 13. Johnny Kotze, 12. Burger Odendaal (K), 11. Rosko Speckman, 10. Manie Libbok, 9. Embrose Papier, 8. Muller Uys, 7. Josh Strauss, 6. Marco van Staden, 5. Ruan Nortje, 4. Ian Groenewald ,a 3. Trevor Nyakane, 2. Jaco Visagie, 1. Lizo Gqoboka.
Bank: 16. Corniel Els, 17. Gerhard Steenekamp, 18. Wiehahn Herbst, 19. Ryno Pieterse, 20. Ruan Steenkamp, 21. Ivan van Zyl, 22. Morné Steyn, 23. Divan Rossouw.

Reds v Bulls
Saterdag 14 Maart 2020
Stadion: Suncorp Stadion, Brisbane
SA afskoptyd: 10:15
Skeidsregter: Mike Fraser
Assistent 1: Rasta Rasivhenge
Assistent 2: Graham Cooper
TV-skeidsregter :George Ayoub

Sal die blitsige Blitsbok van die Bulls, Rosko Speckman weer amok saai in Brisbane?
Foto: Ronel Cronjé

Related Posts

« »