Marlow Klop St Andrews College Oortuigend

Jul 23 • School, School Rugby Results • 7312 Views • Comments Off on Marlow Klop St Andrews College Oortuigend

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

MARLOW KLOP ST ANDREWS OORTUIGEND OP RUGBYVELD

Marlow het Saterdag, 20 Julie, teen St Andrews Kollege van Grahamstad rugby gespeel op Marlow. Hierdie was dan ook die grootste rugbybepaling vanjaar in die OP Platteland area aangesien beide skole vanjaar goeie rugby speel. Marlow het vanjaar 8 Cravenweekspelers opgelewer, terwyl ST Andrews ook 7 spelers in die OPP Platteland span gehad het.

Marlow klop vir SAC 22-3. Marlow het reg vanaf die staanspoor met hul voorspelers die besoekers aangevat met fisieke spel. Die Wolramme se pak voorspelers dra die bal effektief, met Ronnie Beyl, vaskopstut, wat Marlow se eerste drie reg aan die begin van die wedstryd gaan druk. Dirk van Wyk, heelagter, slaag met die doelskop. Die Wolramme het hierna weer met vurige spel aangeval. SAC se verdediging was puik, maar al die druk van Marlow het gelei tot ‘n oordeelsfout van SAC.

Dirk van Wyk slaag met die strafdoel. SAC het namate die wedstryd gevorder het ook al hoe meer met die bal begin aanval. Die besoekers het in die laaste 20 minute van die eerste helfte gevaarlik vertoon met goeie samespel tussen voor en agterspelers.

Marlow was egter vasberade met hul goeie verdedigingspatroon en verhoed dat SAC ‘n drie druk. SAC teken hul eerste en enigste punte aan in die wedstryd, net voor halftyd. Ryan Horne, binnesenter, slaag met ‘n strafdoel en die halftydtelling kom te staan op 10-3 vir Marlow.

In die tweede helfte vat beide spanne mekaar aan met spogrugby. SAC en Marlow het met hul goeie spelpatrone mekaar getroef. Marlow het met hul doelgerigte verdediging vir die besoekers met tye stukkend geduik. Marlow het egter hul kanse beter benut. Die tuisspan se tweede drie word gedruk deur Peet Schoeman, binnesenter. Marlow se agterlyn val die voordeellyn aan met slim spel en word beloon met ‘n skitterdrie.

Dirk van Wyk, slaag ook met hierdie doelskop. Marlow se derde drie word gedruk deur goeie samespel tussen hul twee flanke. Ockert du Preez het met goeie ondersteunende spel oor die doellyn geduik, nadat Nelius van Heerden die voordeellyn van SAC met ‘n skitter breekslag oorsteek. Marlow kon ook met ‘n bietjie meer geluk nog ‘n paar drieë gedruk het.

 

by Derik Olivier (HOËR LANDBOUSKOOL MARLOW)

Related Posts

« »